Code | Faculty |
---|---|
10260061 | Fakulteit Gesondheidswetenskappe |
Credits | Duration |
---|---|
Duur van studie: 2 jaar |
Prof G Saayman [email protected] | +27 (0)123192260 |
Die graad MD word toegeken op grond van 'n proefskrif en indien die Dekaan dit nodig ag, 'n eksamen wat handel oor die vakgebied van die proefskrif.
Sien ook Algemene Regulasies.
Let wel: Alle MD-studente moet vir (TNM 800) Toegepaste navorsingsmetodologie 800 registreer en dit bevredigend bywoon. (Vrystelling word verleen indien die module reeds vir ’n magistergraad geslaag is.)
Die maksimum tydperk vir die voltooiing van ’n doktorsgraad is vyf jaar. In buitengewone omstandighede kan ’n student skriftelik by die departementshoof aansoek doen om ’n vasgestelde, beperkte verlenging van die tydperk.
Om tot studie vir die graad MD toegelaat te word moet die student in besit wees van die MMed- of PhD-graad of ‘n kwalifikasie van gelykwaardige status wat volg op ‘n MBChB-graad – in die geval van Huisartskunde die MMed in Huisartskunde; en in die geval van Farmakologie die MPharmMed-graad van die Universiteit van Pretoria; of die student moet aan die bepalings voldoen soos uiteengesit in die Algemene Regulasies.
'n Volledige navorsingsprotokol ten opsigte van die beoogde proefskrif (asook die volledige curriculum vitae van die kandidaat) moet aan die Nagraadse Komitee van die Skool vir Geneeskunde en indien nodig ook aan die Etiekkomitee voorgelê word vir goedkeuring. Die proefskrif moet handel oor ’n probleem uit een of ander gebied van die geneeskunde en moet die promotor en eksaminatore tevrede stel dat dit gevorderde oorspronklike navorsing en/of skeppende werk op die gebied van die geneeskunde is. 'n Oorsig moet gegee word van die literatuur wat oor die onderwerp gebruik is. Die proefskif moet ook ’n beskrywing bevat van die waarnemings en proefnemings wat deur die student gedoen is en 'n bespreking van die gevolgtrekkings waartoe geraak is.
Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.
Get Social With Us
Download the UP Mobile App