Code | Faculty |
---|---|
10256001 | Fakulteit Gesondheidswetenskappe |
Credits | Duration |
---|---|
Duur van studie: 3 jaar |
Prof OBW Greeff [email protected] | +27 (0)123192254 |
'n Kandidaat vir toelating tot MPharmMed-graadstudie moet vir minstens een jaar in besit wees van die graad MBChB van die Universiteit van Pretoria of 'n kwalifikasie wat deur die Universiteit as gelykwaardig beskou word. Daarbenewens moet die student by die Raad vir Gesondheidsberoepe van Suid-Afrika as geneesheer geregistreer wees.
Sien ook Algemene Regulasies.
(i) Die eksamen vir elke jaar word gedurende die somereksamentydperk afgeneem.
(ii) Om in ’n module te slaag, word ’n finale punt van minstens 50% vereis.
(iii) Benewens die eksamen, moet ’n student alle praktiese werk en werkopdragte bevredigend voltooi asook (NAV 882) Navorsingsverslag (Voorbereiding) 882, en (NAV 883) Navorsingsverslag 883 slaag (minimum slaagpunt van 50%), ten einde aan alle vereistes vir die graad te kan voldoen.
(iv) Tweede eksamens word eers na verloop van minstens ses maande na die eksamen waarin die student gedruip het, afgeneem.
Die graad word met lof toegeken aan ’n student wat ’n finale punt van minstens 75% in die ondergenoemde modules behaal het:
(i) Mediese farmakologie 802 en 803
(ii) Farmakokinetika en farmakodinamika 802 en 803, asook ’n finale punt van minstens 75% in (NAV 883) Navorsingsverslag 883 in die finale studiejaar.
Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.
Get Social With Us
Download the UP Mobile App