Code | Faculty |
---|---|
10258001 | Fakulteit Gesondheidswetenskappe |
Credits | Duration |
---|---|
Duur van studie: 2 jaar |
- Behoudens die bepalings van Algemene Regulasie G.62 is die Baccalaureusgraad in Arbeidsterapie of ’n gelykwaardige kwalifikasie asook registrasie as arbeidsterapeut by die Raad vir Gesondheidsberoepe van Suid-Afrika ’n vereiste vir toelating.
- 'n Student moet ten minste een jaar kliniese ervaring in die voorgestelde studieveld hê (Gemeenskapsdiensjaar uitgesluit).
- ’n Student moet ’n pos van minstens 15 uur per week beklee vir die duur van die studie wat deur die departementshoof as toepaslik vir die betrokke rigting van die magisterstudie beskou word.
- Spesialiseringsrigtings vir die gedoseerde MArb-graad word op ’n tweejaarlikse basis aangebied mits minstens vyf kandidate aansoek om toelating tot ’n spesifieke spesialiseringsrigting doen. Die sluitingsdatum vir nuwe aansoeke is 31 Oktober jaarliks. Kandidate sal so gou doenlik na genoemde datum in kennis gestel word of ’n spesifieke spesialiseringsrigting in die daaropvolgende jaar aangebied sal word. Aanvang van studie moet dus vooraf met die departementshoof bespreek word.
- Vir die MArb-graad deur middel van 'n verhandeling moet 'n geskrewe voorstel vir die navorsingstudie saam met die aansoek op 31 Oktober ingehandig word.
Sien ook Algemene Regulasies.
Let wel:
Alle MArb-studente moet registreer vir (TNM 800) Toegepaste navorsingsmetodologie 800 en dit bevredigend bywoon. (Vrystelling word verleen indien die module, BSN 701 Biostatistiek en navorsingsmetodiek, reeds vir die BArbHons-graad geslaag is.)
Die slaagpunt vir die verhandeling is minstens 50%.
Om die graad met lof te verwerf, moet minstens 75% vir die verhandeling en minstens 65% in ATP 800 Teorie in arbeidsterapiepraktyk 800 behaal word. TNM 800 Toegepaste navorsingsmetodologie 800 en ART 800 Arbeids-terapie 800 moet bevredigend bygewoon wees.
Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.
Get Social With Us
Download the UP Mobile App