Code | Faculty |
---|---|
12240008 | Fakulteit Ingenieurswese, Bou-omgewing en Inligtingtegnologie |
Credits | Duration |
---|---|
Duur van studie: 1 jaar | Totale krediete: 120 |
Prof EH le Roux [email protected] | +27 (0)124202426 |
Verwys na G Regulasies G16. tot G.29.
Behoudens die bepalings van G Regulasie G.18.3, moet 'n voltydse kandidaat vir 'n baccalaureus honoresgraad sy of haar studies binne twee akademiese jare (vier semesters), en 'n na-uurse kandidaat binne drie jaar (ses semesters) na eerste registrasie vir die graad voltooi. Die Dekaan kan egter, op aanbeveling van die Departementshoof, in beide gevalle die studietydperk met hoogstens twee semesters verleng.
Minimum krediete: 120
Module-inhoud:
Navorsingsmetodologie en die toepassing daarvan ten einde navorsingsprobleme op te los en nuwe kennis te skep, is 'n aanwins wat van waarde kan wees vir 'n persoon vir die res van sy/haar lewe. Die module is saamgestel met die volgende oogmerke in gedagte: om die student te onderrig in die basiese beginsels van navorsing en om aan hom/haar die geleentheid te bied om navorsingsprojekte op 'n professionele wyse uit te voer. Studente word gelei van die seleksie van 'n probleem tot die aanbieding van 'n volledige navorsingsverslag. Dit word gedoen aan die hand van praktiese voorstelle wat gebaseer is op 'n sterk teoretiese grondslag.Module-inhoud:
Hierdie module fokus op die teorie en praktyk van uitgewerybestuur. Aangeleenthede wat aangespreek word, sluit die volgende in: menslike hulpbronne; regskundige vaardighede; projekbestuur; verkope en bemarking; kommunikasievaardighede; logistiek; leierskap.Module-inhoud:
Hierdie module is navorsingsgerig. Die fokus val op wêreldwye ontwikkelinge en tendense wat 'n invloed uitoefen op die uitgee van boeke as kulturele bedryf. Die navorsingsterrein sal jaarliks bepaal word deur 'n seleksie van relevante wêreldwye praktyke wat plaaslike ontwikkelinge en tendense beïnvloed.
Module-inhoud:
Die taalredakteur vervul ‘n sleutelrol in die uitgee-waardeketting, insluitend die redigering en proeflees van manuskripte, die opstel en bestuur van begrotings en skedules, asook toesig oor en bestuur van die hele projek tydens die produksiefase. Hierdie module bou voort op studente se begrip van en vaardighede in redaksionele praktyk, insluitend gevorderde redigering, projekbestuur ten opsigte van redaksionele en produksiefunksies. Die module fokus ook op die teorie van redaksionele praktyk, insluitend redaksionele benaderings en beleid.Module-inhoud:
Hierdie module fokus op die teorie en praktyk van uitgewerybestuur. Aangeleenthede wat aangespreek word, sluit die volgende in: persoonlike vaardighede; algemene bestuursvaardighede; finansiële vaardighede; die ontwikkeling van nuwe produkte; kosteberekening; redaksionele aangeleenthede.Module-inhoud:
Hierdie module is navorsingsgerig. Die fokus val op ontwikkelinge en tendense wat 'n invloed uitoefen op die waardeketting en verskaffingsketting van die plaaslike boekbedryf.
Die oorkoepelende doelstelling van die module is om navorsing te genereer wat kan bydra tot inligting oor die samestelling en grootte van hierdie kulturele bedryf.
Module-inhoud:
In die kern van die uitgee-waardeketting vervul die werwingsredakteur of uitgewer take soos die werwing van nuwe titels, die ontwikkeling van skrywers, die bestuur van 'n publikasielys en die verhandeling van redaksionele regte. Hierdie module bou voort op studente se begrip van en vaardighede in werwing en die verhandeling van redaksionele regte, met 'n spesifieke fokus op die strategiese en finansiële aspekte ten opsigte van die opbou van 'n publikasielys en beleid en prosedures ten opsigte van die verhandeling van redaksionele regte.
Module-inhoud:
Die doel van hierdie module is om studente verder vetroud te maak met die ontwikkeling, ekonomie en aflewering van elektroniese publikasies. Studente ontwikkel sterk e-produksie vaardighede deur 'n praktiese implementering van publikasie werksvloeie vir verskeie publikasies. Studente implementeer ook 'n besigheidsplan vir die verspreiding en bemarking van hierdie publikasies.Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.
Get Social With Us
Download the UP Mobile App