Code | Faculty |
---|---|
01250019 | Fakulteit Geesteswetenskappe |
Credits | Duration |
---|---|
Duur van studie: 2 jaar | Totale krediete: 180 |
- ’n Honneursgraad in Bybelkunde/Bybel- en Godsdienskunde; of
- ’n Erkende vierjarige baccalaureusgraad deur die departementshoof goedgekeur.
Onderwys en ander ondervinding in die relevante studieveld sal in aanmerking geneem word.
Daar kan van voornemende studente verwag word om addisionele werk/modules te doen ten einde die vereiste vlak van studie te bereik.
Modules ter waarde van 15 krediete uit enige ander fakulteit kan as plaasvervanger vir een van die genoemde kernmodules gekies word.
Module-inhoud:
Hierdie module behels die bestudering van teologieë van die Ou en Nuwe Testament.Module-inhoud:
Die module behels om die student die wetenskaplike navorsingsproses (metodologie) aan te leer.Module-inhoud:
Die module behels die studie van Judaïsme, Islam, Hindoeïsme, Boeddhisme en Afrika-godsdienste.Module-inhoud:
In hierdie module word die beginsels van Bybeluitleg bestudeer. Praktiese oefening in die uitleg van geselekteerde tekste uit die Ou en Nuwe Testament word gedoen.Module-inhoud:
In hierdie module word die waardes en etiese instellings in Bybelse tye bestudeer. Praktiese toepassings daarvan word in die moderne konteks gemaak.Module-inhoud:
In hierdie module word die teorie van Bybelse interpretasie bestudeer asook die praktiese toepassing daarvan ingeoefen.Module-inhoud:
Miniverhandeling rondom gekose tema moet ingedien word in samewerking met die departement waaruit die studietema gekies word. Die lengte daarvan moet tussen 7 000 en 10 000 woorde wees en onder toesig van studieleier geskryf word. Die studie behels die skolastiese en gevorderde navorsing op geselekteerde spesialisarea. Die beplanning, versameling van bronne asook die integrering van selfstandige nadenke en kennis van die studieonderwerp word verlang. Die gebruik van die rekenaar word veronderstel. Die aanvaarding van verantwoordelikheid vir navorsingsresultate asook die evaluering van persoonlike of groep se standpunte moet verreken word.Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.
Get Social With Us
Download the UP Mobile App