Toelatingsvereistes
Behoudens die bepalings van die Algemene Regulasies G.42 en G.54 word ’n magistergraad vereis vir toelating tot studie vir die PhD.
Ander programspesifieke inligting
Raadpleeg ook die Algemene Regulasies.
- Behoudens die bepalings van die Algemene Regulasies word ’n magistergraad vereis vir toelating tot studie vir die PhD.
- Tensy die Dekaan, op aanbeveling van die promotor anders besluit, word die PhD-graad toegeken op grond van ’n proefskrif en ’n eksamen oor die proefskrif.
- Tensy die Senaat, op aanbeveling van die betrokke promotor, anders besluit, moet die student voor of gelyktydig met indiening van die proefskrif, ’n bewys uitgereik deur ’n geakkrediteerde joernaal dat ’n artikel ingedien is, by die Hoof: Studenteadministrasie indien. Die artikel wat ingedien is moet gebaseer wees op die navorsing wat die student vir die proefskrif gedoen het en moet deur die promotor goedgekeur wees indien die promotor nie ’n mede-outeur is nie. Die promotor sal verantwoordelik wees om toe te sien dat die artikel deur die proses van hersiening en hervoorlegging geneem word, soos wat vereis mag word. Die toekenning van die graad is onderworpe aan nakoming van die voorwaardes van hierdie regulasie.
- Die student moet deur sy werk, proefskrif en eksamen bewys lewer van gevorderde oorspronklike navorsing en/of skeppende werk wat ’n wesenlike en besondere bydrae is tot die kennis van die ingenieurswetenskap en/of -praktyk.
Get Social With Us
Download the UP Mobile App