Code | Faculty |
---|---|
10139003 | Fakulteit Gesondheidswetenskappe |
Credits | Duration |
---|---|
Minimum duur van studie: 4 jaar | Totale krediete: 819 |
Prof FAM Wenhold [email protected] | +27 (0)123543200 |
Die duur van die program is vier akademiese jare waartydens ’n student praktyk-opleiding as studentdieetkundige ontvang aan instelling(s) wat deur die Universiteit vir dié doel goedgekeur is.
Elke student in Dieetkunde moet onmiddellik na toelating tot die eerste studiejaar, by die Registrateur van die Raad vir Gesondheidsberoepe van Suid-Afrika aansoek doen om geregistreer te word as ’n student in Dieetkunde.
Studente moet na die eerste semester van die derde studiejaar en voor die aanvang van die vierde studiejaar gedurende die universiteitsvakansie vir minstens vier weke toepaslike elektiewe opleiding (Kode DTT 380), onder toesig van ’n dieetkundige, aan ’n instelling wat deur die Universiteit vir dié doel goedgekeur is, voltooi.
Let wel: ‘n Gewysigde leergang, soos hieronder uiteengesit, word vir die program ingefaseer. Die gewysigde eerste jaar van studie sal vir die eerste keer in 2015 gevolg word, die tweede jaar van studie in 2016, die derde jaar van studie in 2017 en die vierde jaar van studie in 2018.
Studente wat voor 2015 vir die BDieetkunde-graadprogram geregistreer het, sal die graadprogram volgens die ou leergang voltooi.
Die volgende persone sal vir toelating oorweeg word: ‘n kandidaat wat in besit is van ‘n sertifikaat wat deur die Universiteit beskou word as ekwivalent aan die vereiste Graad 12-sertifikaat met universiteitsvrystelling, ‘n kandidaat wat aan ‘n ander tersiêre instelling gegradueer het of aan wie die status van ‘n gegradueerde van sodanige instelling toegeken is, en ‘n kandidaat wat aan ‘n ander fakulteit aan die Universiteit van Pretoria gegradueer het.
Lewensoriëntering word van die TPT-berekening uitgesluit.
Graad 11 se finale-eksamenuitslae, die Nasionale Normtoets (National Benchmark Test – NBT) se uitslae en ‘n Toegevoegdewaardevraelys sal vir die voorlopige toelating van voornemende studente gebruik word.
Toelating tot Gesondheidswetenskappeprogramme is onderhewig aan ‘n keuringsproses.
Aansoeke van internasionale kandidate wat van lande kom met mediese opleidingskole sal nie oorweeg word vir plasing in die MBChB program nie, behalwe waar interregeringssamewerkingsooreenkomte in plek is.
Die som van die uitslae van ses vakke, waaronder Engels, Wiskunde en Fisiese Wetenskap, word vir keuringsdoeleindes bereken.
Kandidate, neem asseblief kennis dat jou TPT nie met meer as twee punte mag daal in die uitslae van jou finale skooleksamen nie ten einde jou voorlopige toelating te behou.
NEEM ASSEBLIEF KENNIS dat voldoening aan die minimum toelatingsvereistes nie noodwendig toelating tot enige program in hierdie Fakulteit waarborg nie.
Navrae oor keuring kan gerig word aan [email protected].
Minimum vereistes | ||||||||||||
Prestasievlak | TPT | |||||||||||
Engels | Wiskunde | Fisiese Wetenskap | ||||||||||
NSS/IEB | HIGCSE | AS-Level | A-Level | NSS/IEB | HIGCSE | AS-Level | A-Level | NSS/IEB | HIGCSE | AS-Level | A-Vlak | |
4 | 3 | D | D | 4 | 3 | D | D | 4 | 3 | D | D | 25 |
Sien ook die Algemene Regulasies.
Vrystelling van die eksamen in (FAR) Farmakologie 381, 382
Vrystelling van die eksamen kan toegestaan word indien 'n student wat 'n modulepunt van minstens 60% behaal het, die opsie uitoefen om dit as finale punt te aanvaar.
- Indien ’n student ’n finale punt van minder as 50% in die betrokke module gedurende die eerste eksamengeleentheid behaal het en dus druip.
- Indien ’n student nie die subminimum in die eksamen, wat vir ’n bepaalde module vereis word, behaal het nie.
- Indien ’n student weens siekte of buitengewone omstandighede nie die eksamen in ’n module gedurende die eerste eksamengeleentheid kon aflê nie.
Departement Verpleegkunde: SLK 110, 120; FSG 251, 252.
Internskapopleiding (tweede semester van die finale studiejaar)
Die drie verpligte semestermodules CNT 480, MNX 480 en FSS 480 maak gesamentlik die internskapopleiding uit en moet gelyktydig geneem word.
Die graad word met lof toegeken aan ’n student wat in die volgende modules ’n gemiddelde van minstens 75% behaal het: CNT 411, 480 gesamentlik, sowel as MNX 411, 480 gesamentlik, en FSS 480 gesamentlik.
Minimum krediete: 134
Module-inhoud:
Vind, evalueer, prosesseer, bied inligtingbronne aan en bestuur hulle vir akademiese doeleindes deur die gepaste tegnologie te gebruik.Module-inhoud:
Pas effektiewe soekstrategieë toe in verskillende tegnologiese omgewings. Demonstreer die etiese en regverdige gebruik van inligtingsbronne. Integreer 21ste-eeuse kommunikasie met die bestuur van akademiese inligting.Module-inhoud:
Algemene inleiding tot anorganiese en analitiese chemie. Atoomstruktuur en periodisiteit. Molekulêre struktuur en binding, gebruik van die VSEPA model. Nomenklatuur van anorganiese ione en verbindings. Klassifikasie van reaksies: neerslag, suur-basis, redoks en gasvormende reaksies. Beginsels van reaktiwiteit: energie en chemiese reaksies. Molbegrip en stoïgiometriese berekeninge van chemiese reaksies. Fisiese gedrag van gasse, vloeistowwe en oplossings en die rol van intermolekulêre kragte. Tempo van reaksies: Inleiding tot chemiese kinetika.
Module-inhoud:
Algemene fisies-analitiese chemie: Chemiese ewewig, sure en basisse, buffers, oplosbaarheidsewewig, entropie en vrye energie, elektrochemie. Organiese chemie: struktuur (binding), nomenklatuur, isomerie, inleidende stereochemie, inleiding tot chemiese reaksies en chemiese eienskappe van organiese verbindings en biologiese verbindings, nl. koolhidrate en aminosure.
Module-inhoud:
*Hierdie inligting is slegs in Engels beskikbaar.
Academic reading as well as academic writing and presentation skills, based on the approach followed in the healthcare sciences. *Presented to students in Health Sciences only.
Module-inhoud:
*Hierdie inligting is slegs in Engels beskikbaar.
Study of specific language skills required in the Health Care Sciences, including interviewing and report-writing skills. *Presented to students in Health Sciences only. (BCur, BDietetics, BOH, BOT, Brad, BPhysT)*
Module-inhoud:
Die module behels basiese psigologie- en sosiologiekonsepte soos toepaslik vir Geneeskunde en Tandheelkunde, in die geval van BChD-studente.
Basiese psigiatriese begrippe word ook aangespreek.
Module-inhoud:
Inleidende studie van die ultrastruktuur, funksie en samestelling van verteenwoordigende selle en selkomponente. Algemene beginsels van selmetabolisme, molekulêre genetika, selgroei, seldeling en seldifferensiasie.
Module-inhoud:
*Hierdie module is slegs vir absolute beginners. *Slegs studente in die Skool vir Gesondheidsorgwetenskappe mag hierdie module gedurende semester 2 neem. Alle ander studente moet hierdie module tydens semester 1 neem. Studente in die Skool vir Gesondheidsorgwetenskappe wat reeds oor die taalvaardighede beskik wat in hierdie module onderrig word, mag ’n vrystellingseksamen aflê. Basiese kommunikatiewe vaardighede in Sepedi waarin alledaagse uitdrukkings en gepaste woordeskat met hoë gebruiksfrekwensie figureer, binne bepaalde sosiale situasiesModule-inhoud:
*Hierdie module is slegs vir absolute beginners *Slegs studente in die Skool vir Gesondheidsorgwetenskappe mag hierdie module gedurende semester 2 neem. Alle ander studente moet hierdie module gedurende semester 1 neem. Studente in die Skool vir Gesondheidsorgwetenskappe wat reeds oor die taalvaardighede beskik wat in hierdie module onderrig word, mag ‘n vrystellingseksamen aflê. Basiese kommunikatiewe vaardighede in isiZulu waarin alledaagse uitdrukkings en gepaste woordeskat met hoë gebruiksfrekwensie figureer, binne bepaalde sosiale situasies.Module-inhoud:
Sistematiese benadering tot anatomie met natmonsterbespreking van die toraks met inhoud, abdomen met inhoud en bekken met inhoud (organe, vaskulêre stelsels, senuweevoorsiening, limfdreinering, spiere en gewrigte), asook die oppervlaksanatomie. Inleidende histologie behels die histologie van die longe, lewer en niere.Module-inhoud:
*Hierdie inligting is slegs in Engels beskikbaar.
Philosophy, development and challenges of the dietetic profession in a South African context.
Module-inhoud:
*Hierdie module word slegs in Engels aangebied.
Leadership and multidisciplinary team work. Healthcare systems and legislation. Determinants of health. Introduction to healthcare models (e.g. community-based care, family-centred care, etc.). Professionalism, Ethical principles. Management of diversity. NB: Only for School of Healthcare Sciences and Department of Speech-Language Pathology and Audiology students.
Module-inhoud:
Eenhede, vektore, kinematika, dinamika, arbeid, ewewig, klank, vloeistowwe, warmte, termodinamiese prosesse, elektriese potensiaal en kapasitansie, direkte en wisselstroom, optika, atoomfisika, X-strale, radioaktiwiteit.
Module-inhoud:
Module 1: Basiese voedselbereiding en voedselbereidingstegnieke. Mise en place, Weeg- en meettegnieke, toerusting en terminologie soos toegepas in voedselbereiding. Geskiedenis van die voedseldiens industrie en hedendaagse sjefs. Basiese voedselkwaliteitskontrole. Module 2:Voedselvoorbereiding beginsels van aftreksels, soppe en souseModule-inhoud:
Module 1: Basiese voedselbereiding en voedselbereidingstegnieke. Mise en place, Weeg- en meettegnieke, toerusting en terminologie soos toegepas in voedselbereiding. Basiese voedselkwaliteitskontrole. Module 2:Voedselvoorbereiding beginsels vanstysels en grane.Minimum krediete: 221
Module-inhoud:
Strukturele en ioniese eienskappe van aminosure. Peptiede, die peptiedbinding, primêre, sekondêre, tersiêre en kwaternêre struktuur van proteïene. Interaksies wat proteïenstruktuur stabiliseer, denaturasie en renaturasie van proteïene. Inleiding tot metodes vir die suiwering van proteïene, aminosuursamestelling en volgorde bepalings. Inleiding tot ensiemkinetika en ensieminhibisie. Allosteriese ensieme, regulering van ensiemaktiwiteit, aktiewe sentra en meganismes van ensiemkatalise. Voorbeelde van industriële toepassings van ensieme. Praktiese opleiding in laboratorium tegnieke en Goeie Laboratorium Praktyk. Tegnieke vir die kwantitatiewe en kwalitatiewe ontleding van biologiese molekules. Verwerking en aanbieding van wetenskaplike data.
Module-inhoud:
Biochemie van koolhidrate. Termodinamika en bio-energetika. Glikolise, sitroensuursiklus en elektrontransport. Glikogeen metabolisme, pentose-fosfaat padweg, glukoneogenese en fotosintese. Praktiese opleiding in studie en ontleding van metaboliese bane en ensieme. Wetenskaplike metode en ontwerp: Hipotese ontwerp en toetsing, metode ontwerp en wetenskaplike kontrole.
Module-inhoud:
Biochemie van lipiede, membraanstruktuur, anabolisme en katabolisme van lipiede. Stikstof metabolisme, aminosuurbiosintese en katabolisme. Biosintese van neurotransmittors, pigmente, hormone en nukleotiede vanuit aminosure. Katabolisme van puriene en pirimidiene. Terapeutiese agente gerig teen nukleotiedmetabolisme. Voorbeelde van erflik oordraagbare afwykings van die metabolisme van stikstofbevattende verbindings. Die ureumsiklus, stikstof-uitskeiding. Praktiese opleiding in wetenskaplike skryfvaardighede: evaluasie van 'n wetenskaplike verslag. Tegnieke vir die skeiding en ontleding van biologiese molekules.
Module-inhoud:
Biochemie van voeding en toksikologie. Onmiddellike analise van voedingstowwe. Hersiening van energie-vereistes en -verbruik. Respiratoriese kwosiënt. Vereistes en funksie van water, vitamiene en minerale. Interpretasie en wysiging van ADT-waardes vir spesifieke diëte, bv. groei, oefening, swangerskap en laktasie, veroudering en verhongering. Interaksies tussen voedingstowwe. Vergelyking van monogastriese en herkouer metabolisme. Cholesterol, poli-onversadigde, essensiële vetsure en dieet anti-oksidante. Oksidasie van vette. Biochemiese meganismes van water-en vetoplosbare vitamiene en assessering van vitamien status. Minerale vereistes, biochemiese meganismes, wanbalanse en diarree. Biochemie van vreemde metaboliete: absorpsie, verspreiding, metabolisme en uitskeiding (ADME); ontgiftingsreaksies: oksidasie / reduksie (Fase I), vervoegings (Fase II), uitvoer uit selle (Fase III); faktore wat metabolisme en geneigdheid beïnvloed. Toksiese gevolge: weefselbeskadiging en fisiologiese effekte, teratogenese, immunovergiftiging, mutagenese en karsinogenese. Voorbeelde van toksiene: biochemiese meganismes van bekende toksiene en hul teenmiddels. Antibiotika en weerstand. Natuurlike gifstowwe uit swamme, plante en diere: goitrogene, sianogene, cholienesterase inhibitore, ergotoksiene, aflatoksiene. Praktiese opleiding in ontleding van voedingstowwe, vetsuurskeidings, antioksidant bepaings, en meting van ensiemaktiwiteit, PO-verhouding van mitochondria, elektroforese, ekstraksie, oplosbaarheid en gelpermeasie-tegnieke.
Module-inhoud:
*Hierdie inligting is slegs in Engels beskikbaar.
Orientation in physiology, homeostasis, cells and tissue, muscle and neurophysiology, cerebrospinal fluid and the special senses.
Practical work: Practical exercises to complement the theory.
Module-inhoud:
*Hierdie inligting is slegs in Engels beskikbaar.
Body fluids; haematology; cardiovascular physiology and the lymphatic system. Practical work: Practical exercises to complement the theory.
Module-inhoud:
*Hierdie inligting is slegs in Engels beskikbaar.
Structure, gas exchange and non-respiratory functions of the lungs; structure, excretory and non-urinary functions of the kidneys, acid-base balance, as well as the skin and body temperature control.
Practical work: Practical exercises to complement the theory.
Module-inhoud:
*Hierdie inligting is slegs in Engels beskikbaar.
Nutrition, digestion and metabolism; hormonal control of the body functions and the reproductive systems. Practical work: Practical exercises to complement the theory.
Module-inhoud:
Infeksie, immuniteit en basiese bakteriologie. Inleiding en basiese beginsels van infeksie, sterilisasie en die immuunstelsel. Bakteriële selle en die klassifikasie van siekteveroorsakende bakterieë.Module-inhoud:
Sistemiese bakteriologie. Bakteriële infeksies wat algemeen voorkom en die bakterieë wat dit veroorsaak.Module-inhoud:
Fungi, parasitologie en virologie. Fungus-, virale en parasietinfestasies en -infeksies wat algemeen voorkom, en die organismes wat dit veroorsaak.Module-inhoud:
’n Omvattende dieetbenadering in kommunikasie oor voedsel- en voedingboodskappe deur die gebruikmaking van teoretiese raamwerke, insluitende die beplanning en evaluering van inhoud sowel as aanbiedingsvaardighede.
Module-inhoud:
Toepassing van natuurwetenskaplike beginsels in mensvoeding. Standaarde, riglyne en voedselsamestellingstabelle.Module-inhoud:
Sien asseblief Engelse weergawe vir die inhoud van hierdie module.Module-inhoud:
*Hierdie module word slegs in Engels aangebied.
Principles of project management. Communication principles. Leadership. Health promotion and education, advocacy and literacy. Counselling for health behaviour change. NB: Only for School of Healthcare Sciences and Speech- Language Pathology and Audiology students.
Module-inhoud:
Module 1: Die studie van verskillende voedselsisteme in voedselbereiding. Fisiese en chemiese eienskappe van voedsel en die invloed van die samestelling in voedselbereiding. Module 2: Basiese bereidingsmetodes van die volgende: soppe en souse; vrugte en groente; slaaie; bevrore nageregte; gelatine. Module 3: Oorsprong en ontwikkeling van eetgewoontes; faktore wat eetgewoontes en keuses beïnvloed; dinamika van eetgewoontes. Invloed van godsdiens op eetgewoontes. Eetgewoontes van verskillende etniese groepe.Module-inhoud:
Module 1: Die studie van verskillende voedselsisteme in voedselbereiding. Fisiese en chemiese eienskappe van voedsel en die invloed van die samestelling in voedselbereiding. Module 2: Basiese bereidingsmetodes van die volgende: vleis, pluimvee, vis, peule, eiers en melk, stysels, grane; gebak (die hele spektrum); rysmiddels. Module 3: Die invloed van kultuur op eetgewoontes, voedselkeuses en cuisines. Die bestudering van die cuisines van geselekteerde Afrika-, Europese en Oosterse lande.Minimum krediete: 242
Module-inhoud:
Inleiding, reseptore, antagonisme, kinetiese begrippe. Middels wat inwerk op die outonome en sentrale senuweestelsel. Geneesmiddelbehandeling van hipertensie, angina pectoris, miokardiale infarksie, hartversaking, hart-aritmieë, en epilepsie. Diuretika, glukokortikosteroïede, lokale verdowers, narkosemiddels, analgetika, yster en vitamiene, onkostatika, immuunonderdrukkers.Module-inhoud:
Hormone, geneesmiddels wat inwerk op histaminerge, serotonerge en dopaminerge reseptore. Geneesmiddelbehandeling van diabetes mellitus, skisofrenie, depressie, vetsug, angs, insomnia, spysverteringskanaalsiektes. Antistolmiddels, antimikrobe middels.Module-inhoud:
*Hierdie inligting is slegs in Engels beskikbaar.
Community nutrition practice within the larger public health realm. Nutrition within primary healthcare. Nutrition and community development as well as project planning and management.
Module-inhoud:
Teorie van raadgewing. Onderhoudvoering: Onderhoud; die konsultasieproses; verbale, geskrewe en nie-verbale kommunikasie aan kliënte, pasiënte, werknemers as individue of groepe in verskillende stadia van die lewensiklus in gesondheid en siekte in homogene en trans-/multikulturele situasies deur middel van gepaste teoretiese raamwerke.Module-inhoud:
Praktykopleiding: Bestuur van ‘n dieetkundepraktyk. Inoefening van konsultasieproses en praktykbestuur in ‘n dieetkundekliniek.Module-inhoud:
*Hierdie module word slegs in Engels aangebied.
Community needs assessment. Leadership in community development. Planning and implementation of collaborative community-based interventions. Application of principles of monitoring and evaluation. NB: Only for School of Healthcare Sciences and Department of Speech - Language Pathology and Audiology students.
Module-inhoud:
*Hierdie inligting is slegs in Engels beskikbaar.
Introduction to the origin of diseases as a consequence of programmed changes that occur during impaired intrauterine growth and development. Aetiology and clinical manifestations of under-nutrition/PEM; principles and practices of medical nutrition therapy in under-nutrition/PEM; impact and influence of worm infestation. Congenital heart disease and special problems related to children with congenital heart disease. Relationship between malnutrition and Aids; role of nutrition in immunity within the context of HIV/Aids; clinical signs, symptoms and problems associated with Aids and guidelines for the alleviation of these symptoms; nutritional related problems of medication used by Aids patients. Appropriate practical assignments and case studies.
Module-inhoud:
*Hierdie inligting is slegs in Engels beskikbaar.
Relationships between obesity, hypertension, cardiovascular disease, insulin resistance and concomitant health risks. Aetiology, pathophysiology and manifestation(s) of type 1 and type 2 Diabetes Mellitus, gestational diabetes and impaired glucose tolerance; principles and practices of medical nutrition therapy of diabetes mellitus integrated with medical/pharmacological treatment; dietary treatment/prevention of complications; dietary adaptations when exercising and life style/behaviour modification. Aetiology and clinical manifestations of cardiovascular; principles and practices of medical nutrition therapy in CVD. Aetiology and clinical manifestation(s) of renal disease conditions; principles and practices of medical nutrition therapy in renal conditions (nephritic syndrome, nephrotic syndrome, acute and chronic renal failure, nephrolithiasis). Nutrient-drug interactions. Metabolic response to acute and chronic stress. Principles of special nutritional care, special feeding methods and products required for injured/critically ill patients. Appropriate practical assignments and case studies.
Module-inhoud:
Evaluering van die voedingstatus. Voedingsorgproses, oorsig van evaluering van voedingstatus. Wetenskaplike beginsels van voedingstatusevaluering, voedingsifting, kliniese, biochemiese en dieetevaluering van voedingstatus. Praktykopleiding: Inoefening van teoretiese beginsels van voedingstatusevaluering in hospitaal/kliniek en/of vaardigheidslaboratorium.Module-inhoud:
Navorsingskonsepte; navorsingsproses; navorsingsondersoek; beplanning en ontwikkeling van ’n literatuuroorsig; ontwikkeling van ’n navorsingsidee en navorsingsvraag; navorsings-beginsels in die ontwerp van ’n navorsingsvoorstel; skryf van ’n navorsingsvoorstel.
Module-inhoud:
Beplanning en uitleg van voedseldienseenhede. Keuse en aankoop van grootskaalse apparaat en toerusting. Higiëne en veiligheid in voedseldienste. Bestuursbeginsels soos van toepassing op voedseldiensstelsels. Menslikehulpbronbestuur in voedseldiens-eenhede. Finansiële bestuur in voedseldienste.Module-inhoud:
Module 1 en Praktiese werk: Beginsels van grootskaalse voedselbereiding en die praktiese toepassing daarvan in ’n praktiese restaurantsituasie. Restaurantbestuur. Resepformate en toepaslike aanpassings vir grootskaalse voedselbereiding. Werkskedulering en praktiese blootstelling aan die gebruik van grootskaalse toerusting in die praktyk. Module 2: Spyskaartbeplanning vir verskillende voedseldienssisteme en voedseldiensstyle. Module 3: Grootskaalse voedselverkryging, -verbruik en -berging. Praktiese component: Beginsels van grootskaalse voedselvoorbereiding en die praktiese toepassing daarvan in ‘n praktiese restaurant konteks. Resep standardisering en aanpassing vir grootskaalse voedelvoorbereiding. Werkskedulering en die praktiese blootstelling aan grooskaalse kombuis apparaat in ‘n werklike opset.Minimum krediete: 222
Module-inhoud:
*Hierdie inligting is slegs in Engels beskikbaar.
Global nutrition challenges e.g. food security, protein-energy and micronutrient malnutrition, non communicable diseases of lifestyle, etc. Public health approaches and general nutrition interventions to address these challenges. Nutrition program development including assessment, analysis and interventions in the South African context as well as Nutrition Policy formulation.
Module-inhoud:
*Hierdie inligting is slegs in Engels beskikbaar.
Academic service learning project in community-based programme development (i.e. planning, implementation and evaluation). Facility-based primary healthcare service delivery.
Module-inhoud:
DieetkundeprofessieModule-inhoud:
*Slegs bywoningsmoduleModule-inhoud:
Seminare en gevalstudies (teorie en praktiese toepassing): Voedinggedrag; eetversteurings; nutriënt/voedingsaanvulling; sportvoeding; vegetarisme; voedselveiligheid; voeding van die gestremde; voorkoming van nie-oordraagbare siektes van lewenstyl, voeding en immuniteit; voeding en genetika.Module-inhoud:
Die rol van dieet en voeding in die etiologie en behandeling van siektes van die gastro-intestinale kanaal en verwante organe; metaboliese afwykings en jig; siektes van neurologiese oorsprong; prematuriteit en pediatriese siektetoestande. Voedingsorg van die pasiënt met fisiologiese trauma en kanker. Nutriëntmedikament-interverwantskappe. Toepaslike praktiese opdragte en gevallestudies ter inoefening van die voedingsorgproses.Module-inhoud:
Administrasie en finansies (persoonlik en besigheid).Module-inhoud:
Uitvoeringsproses om etiese goedkeuring te kry, data-insameling, data-analise, navorsings-verslagskrywing.
Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.
Get Social With Us
Download the UP Mobile App