Code | Faculty |
---|---|
12243019 | Fakulteit Ingenieurswese, Bou-omgewing en Inligtingtegnologie |
Credits | Duration |
---|---|
Duur van studie: 1 jaar | Totale krediete: 128 |
Die BScHons (Toegepaste Wetenskap)-graad word deur die volgende akademiese departemente toegeken:
Enige spesifieke module word aangebied op voorwaarde dat ’n sekere minimum getal studente daarvoor inskryf, soos bepaal deur die departementshoof en die Dekaan. Raadpleeg die betrokke departementshoof oor die samestelling van ’n sinvolle nagraadse studieprogram, asook oor die leerplanne van die modules. Raadpleeg ook die betrokke departementele nagraadse brosjures.
Die toelatingsvereiste is ‘n toepaslike baccalaureusgraad, ‘n BTech-graad of gelykwaardige kwalifikasie.
Die balans van die krediete moet gekies word uit die voorgeskrewe modules vir die BIngHons (Geotegniese ingenieurswese)-program, met goedkeuring van die departementshoof, en na afhandeling van die toepaslike modules uit die lys soos uiteengesit.
Die modules CPB 410, CBI 410, en CSS 420 vorm nie deel van die nagraadse blokaanbiedings nie. Individuele reëlings moet getref word met die betrokke dosent met betrekking tot die bywoning van lesings, studiemateriaal, toetse en opdragte.Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.
Get Social With Us
Download the UP Mobile App