Modulekode | EKN 123 |
Kwalifikasie | Voorgraads |
Fakulteit | Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe |
Module-inhoud | Nasionale inkome en beginsels van makro-ekonomie Die aard en meganika van nasionale rekeninge, die Keynesiaanse makro-ekonomiese model, die geldmark, vraag na en aanbod van geld, geld- en kredietskepping en die rol van die monetêre owerhede. Die IS-LM makro-ekonomiese ewewigsmodel en monetêre en fiskale beleidstoepassings. Die totale vraag en aanbodmodelle en die debat tussen die klassieke, monetaristiese en Keynesiaanse skole. Die probleme van inflasie en werkloosheid. Makro-ekonomiese aspekte, naamlik makro-ekonomiese beleid, internasionale handel, die betalingsbalans en ekonomiese groei. |
Modulekrediete | 15.00 |
Programme | |
Diensmodules | Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe |
Voorvereistes | Reg. 1.2 (e); EKN 113 GS |
Kontaktyd | 3 lesings per week |
Onderrigtaal | Beide Afr en Eng |
Akademiese organisasie | Ekonomie |
Aanbiedingstydperk | Semester 2 |
Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.
Get Social With Us
Download the UP Mobile App