Die regulasies ten opsigte van grade, diplomas en sertifikate wat hier verskyn, is onderhewig aan verandering en kan voor die aanvang van die akademiese jaar gewysig word.
Die Algemene Regulasies (G. Regulasies) is op alle fakulteite van die Universiteit van Pretoria van toepassing. Dit word vereis dat elke student volkome vertroud met hierdie regulasies sal wees. Onkunde betreffende hierdie regulasies sal nie as ’n verskoning by oortreding daarvan aangebied kan word nie.
Raadpleeg ook die Algemene Reëls en Inligting op die Jaarboek-webblad vir bykomende inligting.
1. Oorskakeling na/hertoelatings tot die Fakulteit Geesteswetenskappe
Die sluitingsdatum vir oorskakeling na die Fakulteit Geesteswetenskappe, asook aansoeke om hertoelatings is 14 dae na die aanvang van lesings.
1.1 Interne aansoek om oor te skakel (van 'n ander Fakulteit na die Fakulteit Geesteswetenskappe of van een Geesteswetenskappe-graad na 'n ander)
1.2 Aansoek om hertoegelaat te word (na akademiese uitsluiting)
Studente wat aansoek doen om hertoegelaat te word na akademiese uitsluiting moet 'n aansoek voorlê om hertoegelaat te word, asook 'n motiveringsbrief, ten einde in aanmerking te kom vir hertoelating.
Die komitee sal die aansoek oorweeg op grond van die algehele akademiese prestasie en die student se motiveringsbrief.
Indien die student se aansoek om hertoegelaat te word deur die komitee afgewys word, mag die student teen die besluit appelleer by die Sentrale Appélkomitee (Akademiese Administrasie).
In die geval van 'n keuringsprogram, maak die Departement 'n aanbeveling aan die Toelatingskomitee aangaande die hertoelating van die student.
1.3 Aansoek om van 'n ander universiteit oor te skakel na UP
Proses wat gevolg moet word soos hierbo. In gevalle waar die kredietstelsel verskil van UP, sal die student soos volg oorweeg word:
2. Staking van modules
Datums vir wysigings/kansellasies word jaarliks gepubliseer. Daar sal streng by die Fakulteit Geesteswetenskappe se datums gehou word.
3. Gemeenskapsbetrokkenheid
Die Fakulteit Geesteswetenskappe skep geleenthede vir gemeenskapsbetrokkenheid waarin studente aktief kan deelneem met die doel om sosiale verantwoordelikheid te bevorder.
Spesifieke voorvereistes vir voorgraadse programme
Voornemende studente moet hulle vergewis van die voorvereistes vir spesifieke programme en modules wat in die Fakulteit Geesteswetenskappe en in ander fakulteite aangebied word. Die spesifieke voorvereistes vir programme word volledig by die uiteensetting van leergange aangedui.
Indien 'n student 'n module volg wat deur 'n ander fakulteit aangebied word, moet hy of sy kennis neem van die toelatingsvereistes vir die betrokke module, subminimums in vraestelle, aanvullende eksamens, aantal krediete, ensovoorts, wat in daardie fakulteit geld.
'n Student wat toegelaat is tot 'n baccalaureusprogram in die Fakulteit Geesteswetenskappe en nie goeie vordering in die eerste semester toon nie (ten minste in die volgende modules slaag: AIM 101 (6) plus 2 semestermodules (24), dus 'n totaal van ten minste 30 krediete), word verplig om UPO101 in die eerste studiejaar te voltooi. Hierdie module moet deur die student voltooi word alvorens verdere toelating oorweeg kan word. Voorts sal so 'n student beperk word in die aantal krediete wat in die tweede semester geneem mag word.
Eweneens kan 'n student aan die einde van 'n semester of 'n studiejaar beperk word in die aantal krediete wat hy/sy in die daaropvolgende semester/jaar(e) mag neem of oorgeplaas word na die BA (Verlengde program) – na gelang van die student se voorafgaande prestasie.
1. Klasbywoning
Die studieprogramme van die Fakulteit Geesteswetenskappe is deur die Departement van Hoër Onderwys en Opleiding goedgekeur en deur die Raad vir Hoër Onderwys geakkrediteer. Programbestuurders en koördineerders is derhalwe genoodsaak om aan die minimum vereistes van die Departement te voldoen.
Omdat die Fakulteit 'n hoë premie op die ontwikkeling van denkvaardighede en spesifieke akademiese bekwaamhede stel, is klasbywoning in al die modules en vir die volle duur van 'n program verpligtend vir alle studente wat graadprogramme in die Fakulteit Geesteswetenskappe volg.
Waar die elektroniese media (soos clickUP) die belangrikste komponent van 'n module uitmaak, is dit moontlik dat klasbywoning nie 'n vereiste is nie. Studente moet in hierdie modules aan al die vereistes gestel vir die spesifieke module voldoen.
Studente kan toelating tot die eksamen in 'n spesifieke module geweier word as hulle nie aan die gepubliseerde bywoningsvereistes in daardie module voldoen nie.
Met die aanvang van ’n module, sal studente in die module se studiegids oor die vereistes en monitering van klasbywoning in die spesifieke module ingelig word.
2. Erkenning van modules geslaag
Die maksimum tyd vir die behoud van krediete na die onderbreking van studie is vyf (5) jaar. Indien 'n student ná 'n onderbreking met 'n bepaalde module op 'n hoër (tweede, derde of vierde) jaarvlak wil voortgaan, moet hy of sy al die vorige modules in die betrokke dissipline waarin geslaag is meer as vyf jaar voor die jaar waarin hy/sy beplan om weer in te skryf, herhaal.
3. Assessering
Die ondergenoemde regulasies geld vir die assessering van modules in die Fakulteit Geesteswetenskappe, maar departemente kan in uitsonderingsgevalle in oorleg met die Dekaan alternatiewe reëlings vir bepaalde modules tref.
Alle reëlings ten opsigte van assessering van ’n bepaalde module word by die aanvang van 'n module in 'n studiegids aan studente bekendgemaak.
3.1 Eksamens
*NB In sodanige gevalle moet toestemming van die Dekaan vooraf verkry word.
3.2 Hereksamens, buitengewone eksamens en siekte-eksamens
Studente wat nie die hoofeksamen op die geskeduleerde dag geskryf het nie, mag om ’n buitengewone (of ’n siekte-eksamen) by die Studenteadministrasiekantoor aansoek doen. Dosente mag nie aan studente goedkeuring verleen om gemelde eksamens af te lê nie. Aansoeke vir hierdie eksamens moet, tesame met ’n geldige mediese sertifikaat en/of stawende dokumentasie/beëdigde verklarings, binne drie werksdae na die hoofeksamen geskryf is, ingehandig word.
’n Mediese sertifikaat sal nie aanvaar word as daar aangedui word dat studente siek lyk of as studente die dokter meedeel dat hulle siek was en nie die eksamen kon skryf nie. Die mediese praktisyn moet gekonsulteer word voor of op die geskeduleerde eksamendatum.
’n Mediese sertifikaat sal nie aanvaar word as die fisiese adres en telefoonnommer van die dokter/mediese praktyk, asook die praktyknommer nie op die sertifikaat verskyn nie. In gevalle waar ’n ander rede as siekte gegee is, moet studente ’n beëdigde verklaring inhandig wat die rede vir hulle afwesigheid van die eksamen verskaf. Dit is die verantwoordelikheid van studente om seker te maak of hulle aansoeke goed- of afgekeur is.
Studente wat toegelaat is tot sodanige buitengewone of siekte-eksamens en nie die eksamen aflê nie, sal vir geen verdere buitengewone of siekte-eksamens kwalifiseer nie.
3.3 Spesiale eksamens in die Fakulteit Geesteswetenskappe
Studente wat aan al die vereistes vir die graad voldoen het, met die uitsondering van hoogstens een jaarmodule, of die ekwivalent daarvan, waarin hulle ’n finale punt van minstens 40% behaal het, kan deur die Dekaan, op aanbeveling van die betrokke departementshoof(de), toegelaat word tot spesiale eksamens aan die begin van die daaropvolgende semester. Studente wat ’n finale punt van minder as 40% in enigeen van die betrokke modules behaal het, kom nie in aanmerking nie. Die hoogste finale punt wat toegeken mag word, is 50%. Studente kwalifiseer slegs vir ’n spesiale eksamen indien hulle die voorgeskrewe eksamen in die finale studiejaar afgelê het.
3.4 Vrystelling van eksamen (promovering)
Geen promovering in enige modules word in die Fakulteit Geesteswetenskappe toegelaat nie.
3.5 Slaagvereistes
Tensy anders aangedui, geld Algemene Regulasie G.12.2 in dié verband.
3.6 Insae in eksamenantwoordstelle
Na die hoofeksamen sal departemente studente die geleentheid gee om insae in hulle antwoordstelle te hê en word terugvoering gegee oor die kriteria wat deur eksaminatore gebruik is. Die datum/tyd van die insae en die manier waarop terugvoering gegee sal word, word deur die betrokke departement bepaal. Kennisgewings sal by departemente opgesit word van wanneer die insae sal plaasvind. Studente wat nie die amptelike insae kan bywoon nie, mag by die betrokke department aansoek doen om ’n geleentheid om die eksamenantwoordstel te sien. Geen dosent is onder verpligting om enige student, na twee weke van die aanvang van die volgende semester, ’n geleentheid te gee om die antwoordstel te sien nie.
3.7 Hernasien van eksamenantwoordstelle
Studente mag aansoek doen om hernasien van ’n eksamenantwoordstel ná insae van so ’n antwoordstel, maar binne 14 kalenderdae na aanvang van lesings in die volgende semester. Studente wat eksamenantwoordstelle wil laat hernasien, moet die voorgeskrewe fooi betaal en ’n versoek aan die Dekaan van die Fakulteit Geesteswetenskappe (Studenteadministrasiekantoor) rig, wat die betrokke departement in kennis sal stel indien ’n hernasien toegestaan word. Die antwoordstel sal dan deur ’n eksaminator, aangestel deur die hoof van die betrokke departement, hernagesien word. Punte sal aangepas word na aanleiding van die hernasien, maar geen hereksamen sal toegestaan word nie.
3.8 Bekendmaking van eksamenuitslae
Finale punte sal deur die Studenteadministrasiekantoor bekendgemaak word.
Dosente mag eksamenantwoordstelle na verloop van een jaar, vanaf die datum waarop die eksamen geskryf is, vernietig.
3.9 Departementele toetsbeleid
Departementele toetsbeleid sal deur middel van die studiegidse en/of departementele riglyne aan studente gekommunikeer word.
Studente wat nie aan die ondervermelde vereistes voldoen nie, kan van die Fakulteit uitgesluit word:
3.10 Bevorderingsvereistes
In die geval van voltydse studente moet ’n driejaargraad in ’n maksimum van vyf jaar, en ’n vierjaargraad in ’n maksimum van ses jaar voltooi word. In die geval van studente wat ’n goedgekeurde verlengde studieprogram volg, moet ’n driejaargraad in ’n maksimum van ses jaar voltooi word. Tensy ander regulasies vir ’n program deur die Fakulteitsraad goedgekeur is, moet
3.11 Uitsluiting
3.12 Beëindiging van registrasie
Die Dekaan kan in die loop van ’n akademiese jaar, op aanbeveling van ’n toepaslike fakulteitskomitee, die registrasie van ’n student of registrasie vir ’n module kanselleer indien die student nie aan die minimum vereistes wat deur die fakulteitsraad ten opsigte van toetse, eksamens of enige ander werk gestel word, voldoen het nie, met dien verstande dat die student die Dekaan kan versoek om die beslissing ingevolge die voorgeskrewe prosedure in heroorweging te neem.
Spesifieke regulasies van toepassing op nagraadse kwalifikasies:
1. Akademiese geletterdheid
Daar kan van nuweling- nagraadse studente verwag word om bewys te lewer van hul akademiese geletterdheid.
2. Erkenning vir modules
Geen erkenning word verleen vir modules wat deel van ’n graadprogram vorm waarvoor die student reeds aan die graadvereistes voldoen het, of waar die student gelyktydig vir meerdere graadprogramme geregistreer is nie.
3. Erkenning van modules geslaag
Die maksimum tyd vir die behoud van krediete ná ’n onderbreking van studie is drie (3) jaar. Indien ’n student sy of haar nagraadse studie ná ’n onderbreking wil voortsit, sal hy of sy al die modules wat meer as drie jaar tevore geslaag is, moet herhaal.
4. Hernuwing van registrasie
4.1 Honneursgraad
Behoudens uitsonderings wat die Dekaan op aanbeveling van die departementshoof goedkeur, kan ’n student hom of haar nie meer as twee maal vir die honneurseksamen in dieselfde module aanmeld nie.
’n Student vir ’n honneursgraad moet sy of haar studie, in die geval van voltydse studente, binne twee jaar voltooi, en in die geval van deeltydse studente, binne drie jaar na die eerste registrasie vir die graad, met dien verstande dat die Dekaan, op aanbeveling van die departementshoof, in buitengewone omstandighede ’n vasgestelde beperkte verlenging van die tydperk kan goedkeur.
4.2 Magistergraad
4.3 Doktorsgraad
5. Minimum studietydperke en vereistes vir grade
5.1 Honneursgraad
5.2 Magistergraad
Die magistergraad word slegs aan ’n student toegeken indien minstens een jaar verloop het nadat die kwalifikasies op grond waarvan toelating tot magisterstudie verkry is, verwerf is, met dien verstande dat die student, behoudens ’n korter tydperk wat die Dekaan mag goedkeur, vir minstens twaalf maande vir die magistergraad aan hierdie Universiteit geregistreer moet wees.
’n Magistergraad word slegs aan ’n student toegeken, indien aan al die vereistes in hierdie fakulteitsregulasies neergelê, voldoen word.
5.3 Gedoseerde magistergraad en miniverhandeling
5.4 Doktorsgraad
Die doktorsgraad word slegs aan ’n student toegeken indien een van die volgende tydperke verstryk het:
6. Prosedure ten opsigte van registrasie vir magister- en doktorsgraadprogramme (navorsingsgerig)
’n Student wat vir ’n navorsingsgerigte nagraadse studieprogram registreer moet ononderbroke geregistreer wees. Indien ’n nagraadse student sy/haar studie onderbreek, is die student by hernuwing van registrasie aanspreeklik vir die volle onderriggelde van toepassing op die graadprogram.
Nagraadse studente wat nie hulle registrasie jaarliks hernu nie, word beskou as synde studente te wees wat ’n onderbreking in hul studies gehad het.
6.1 Studente vir die magistergraad (slegs verhandeling) moet:
’n Goedgekeurde navorsingsvoorstel indien voor registrasie vir ’n bepaalde graadrigting. Die navorsingsvoorstel vir die verhandeling moet deur die departementele navorsingskomitee goedgekeur word en by die Navorsingsetiekkomitee van die Fakulteit Geesteswetenskappe ingedien word vir finale goedkeuring voordat met die navorsing voortgegaan kan word.
6.2 Studente vir ’n DPhil-, DLitt- of PhD-graad moet:
’n goedgekeurde navorsingsvoorstel indien voor registrasie vir ’n bepaalde graadrigting. Die navorsingsvoorstel vir die proefskrif moet deur die departementele navorsingskomitee goedgekeur word en by die Navorsingsetiekkomitee van die Fakulteit Geesteswetenskappe ingedien word vir finale goedkeuring alvorens met die navorsing voortgegaan kan word;
’n proefskrif oor die goedgekeurde navorsingsonderwerp vir eksaminering indien;
’n mondelinge doktorale eksamen slaag alvorens die graad toegeken sal word. Die doktorale eksamen, wat ook die formaat van ’n verdediging van die proefskrif of seminaar kan aanneem, word voor ’n paneel eksaminatore gedoen wat deur die Dekaan, in oorleg met die departementshoof, studieleier en navorsingskoördineerder, aangestel word.
6.3 Studente wat vir ’n gedoseerde magistergraadprogram registreer, moet in gevalle waar daar etiese implikasies is, vooraf die navorsingsvoorstel vir die miniverhandeling aan die Navorsingsetiekkomitee van die Fakulteit Geesteswetenskappe voorlê vir goedkeuring, alvorens daar met die navorsing begin word. Sien ook die toepaslike Algemene Regulasies.
7. Assessering
Die ondergenoemde regulasies geld vir assessering van nagraadse modules vir honneurs- en gedoseerde magisterprogramme wat deur departemente in die Fakulteit Geesteswetenskappe aangebied word. Departemente kan in uitsonderingsgevalle, in oorleg met die Dekaan, alternatiewe reëlings vir bepaalde modules tref.
Alle reëlings ten opsigte van assessering van ’n bepaalde module moet by die aanvang van die module in die studiegids aan studente bekendgemaak word.
7.1 Eksamens
*NB Toestemming van die Dekaan moet in sodanige gevalle vooraf verkry word.
7.2 Hereksamens en buitengewone (insluitende siekte-) eksamens
Slegs waar van toepassing.
7.3 Eksamenvrystelling (promovering)
Geen promovering in enige modules geld in die Fakulteit Geesteswetenskappe nie.
7.4 ’n Formele eksamen (mondelings of skriftelik) is ’n vereiste vir doktorsgrade in die Fakulteit Geesteswetenskappe, tensy die Dekaan vrystelling gee. Sien ook die toepaslike G. Regulasie.
8. Graad met lof
Behoudens ander bepalings by individuele programme moet ’n student ’n geweegde gemiddelde van minstens 75% behaal ten einde die graadkwalifikasie met lof te verwerf. Die doktorsgraad word nie met lof toegeken nie.
9. Konsepartikel vir publikasie
Die dekaan kan vereis dat 'n student voor of gelyktydig met die indiening van die verhandeling 'n konsepartikel vir publikasie by die studieleier moet indien. Die konsepartikel moet gebaseer wees op die navorsing wat die student vir die verhandeling gedoen het en moet deur die studieleier goedgekeur wees. Die studieleier sal dan die geleentheid hê om toe te sien dat die artikel deur die prosesse van hersiening en hervoorlegging gaan, soos nodig mag wees ten einde die artikel te publiseer.
Voor of by die indiening van 'n proefskrif, moet die student 'n bewys, uitgereik deur 'n geakkrediteerde joernaal dat 'n artikel ingedien is, by die Hoof: Studenteadministrasie indien. Die artikel wat ingedien is, moet gebaseer wees op die navorsing wat die student vir die proefskrif gedoen het en moet deur die studieleier/promotor goedgekeur wees.
Die promotor sal verantwoordelik wees daarvoor om toe te sien dat die artikel deur die prosesse van hersiening en hervoorlegging gaan, soos nodig mag wees.
Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.
Get Social With Us
Download the UP Mobile App