Code | Faculty |
---|---|
10260404 | Fakulteit Gesondheidswetenskappe |
Credits | Duration |
---|---|
Duur van studie: 2 jaar |
Die PhD-graad word toegeken op grond van 'n proefskrif en, indien die Dekaan dit nodig ag, 'n eksamen wat handel oor die vakgebied van die proefskrif.
Die maksimum tydperk vir die voltooiing van 'n doktorsgraad is vyf jaar. In buitengewone omstandighede kan 'n student skriftelik by die departementshoof aansoek doen om 'n beperkte, vasgestelde verlenging van die tydperk.
Behoudens die bepalings van die Algemene Regulasies word geen student tot die studie vir die doktorsgraad toegelaat nie tensy hy of sy in besit is van ’n MBChB- of ’n magistergraad of tot die status daarvan toegelaat is.
Sien ook Algemene Regulasies.
Let wel: Alle PhD-studente moet vir (TNM 800) Toegepaste navorsings-metodologie 800 registreer en dit bevredigend bywoon. (Vrystelling word verleen indien die module reeds vir die magistergraad geslaag is.)
'n Student vir die PhD-graad moet
'n Student moet vir die toekenning van die PhD-graad vir ten minste een akademiese jaar vir die doktorsgraad aan die Universiteit geregistreer wees, alvorens die graad toegeken word.
Die volgende addisionele vereiste word gestel vir die PhD-graad wat in die Skool vir Gesondheidstelsels en Openbare Gesondheid voltooi word:
Alle PhD-studente in die Skool vir Gesondheidstelsels en Openbare Gesondheid is veplig om 'n suksesvolle mondelinge verdediging van hul navorsingsprotokol voor die einde van hul eerste akademiese jaar af te lê. Studente wat nie aan hierdie vereiste voldoen nie sal beskou word dat hulle nie voldoende vordering maak nie en sal nie toegelaat word tot die tweede studiejaar nie.
'n Volledige navorsingsprotokol ten opsigte van die beoogde proefskrif asook die volledige curriculum vitae van die student, moet aan die Akademiese Advieskomitee van die betrokke Skool en indien nodig ook aan die Etiekkomitee vir goedkeuring voorgelê word. Die proefskrif moet handel oor 'n probleem uit een of ander gebied van Gesondheidstelsels en Openbare Gesondheid en moet die promotor en eksaminatore tevrede stel dat dit gevorderde oorspronklike navorsing en/of skeppende werk op die gebied van Gesondheidstelsels en Openbare Gesondheid is. Dit moet 'n oorsig bevat van literatuur wat oor die onderwerp gebruik is, ’n beskrywing van die waarnemings en proefnemings wat deur die student gedoen is, en ook 'n bespreking van die gevolgtrekkings waartoe geraak is.
Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.
Get Social With Us
Download the UP Mobile App