Code | Faculty |
---|---|
10260581 | Fakulteit Gesondheidswetenskappe |
Credits | Duration |
---|---|
Duur van studie: 2 jaar |
Prof PS Wood [email protected] | +27 (0)124206046 |
’n Student vir die PhD-graad moet
'n Student moet vir die toekenning van die PhD-graad vir ten minste een akademiese jaar vir die doktorsgraad aan die Universiteit geregistreer wees, alvorens die graad toegeken word.
Die PhD-graad word toegeken op grond van 'n proefskrif en, indien die Dekaan dit nodig ag, 'n eksamen wat handel oor die vakgebied van die proefskrif.
Die maksimum tydperk vir die voltooiing van 'n doktorsgraad is vyf jaar. In buitengewone omstandighede kan 'n student skriftelik by die departementshoof aansoek doen om ’n beperkte, vasgestelde verlenging van die tydperk.
‘n Minimum punt van 60% in die verhandeling van die verwante meestersgraadprogram wat met die spesifieke doktorale program artikuleer. ‘n Aanvaarbare vlak van taalvaardigheid in Afrikaans en Engels word vereis.
'n Volledige navorsingsprotokol ten opsigte van die beoogde proefskrif asook die volledige curriculum vitae van die student, moet aan die Nagraadse Komitee van die betrokke Skool en indien nodig ook aan die Etiekkomitee vir goedkeuring voorgelê word. Die proefskrif moet handel oor 'n probleem uit een of ander gebied van die Gesondheidswetenskappe en moet die promotor en eksaminatore tevrede stel dat dit gevorderde oorspronklike navorsing en/of skeppende werk op die gebied van die Gesondheidswetenskappe is. Dit moet ’n oorsig bevat van literatuur wat oor die onderwerp gebruik is, 'n beskrywing van die waarnemings en proefnemings wat deur die student gedoen is, en ook 'n bespreking van die gevolgtrekkings waartoe geraak is.
Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.
Get Social With Us
Download the UP Mobile App