Programinligting
Die volgende vereistes word gestel:
- Gevorderde onderrig by wyse van selfstudie en lesings.
- 'n Student moet die module TNM 800 Toegepaste navorsingsmetodologie slaag 800.
- 'n Student moet die module PHM 770 Studie in openbare gesondheid slaag 770.
- 'n Student moet ‘n navorsingsverslag (of projek) ter waarde van minstens 30 krediete slaag.
Toelatingsvereistes
- n Kandidaat moet in besit wees van ’n baccalaureusgraad, wat volgens die oordeel van die departementshoof aanvaarbaar vir die voorgenome studie is, of 'n gelykwaardige kwalifikasie wat volgens die Senaat aanvaarbaar vir die voorgenome studie is, met ten minste een toepaslike biologiese vak as hoofvak.
- Toelating tot honneursstudie is onderhewig aan die goedkeuring van die departementshoof: Met dien verstande dat ’n student wat ’n gemiddelde van minder as 60% in sy of haar hoofvakmodules in die finale studiejaar van die baccalaureusgraad behaal het, slegs met goedkeuring van die Dekaan, op aanbeveling van die departementshoof, tot studie toegelaat kan word. Bykomende vereistes kan deur die departementshoof gestel word.
Eksamens en slaagvereistes
- Al die individuele modules in elke studierigting moet met 'n punt van minstens 50% elk geslaag word voordat ‘n student in die studierigting kan gradueer.
- Elke studierigting het 'n spesifieke, ekstern gemodereerde, summatiewe assessering wat ook geslaag moet word voordat die student kan gradueer.
Slaag met lof
Die graad word met lof toegeken aan 'n student wat 'n gemiddelde van minstens 75% in die summatiewe assessering, asook 'n gemiddelde van 75% vir die oorblywende komponente van die kurrikulum (dws uitsluitende die summatiewe assesseringspunt) behaal het.
Get Social With Us
Download the UP Mobile App