Code | Faculty |
---|---|
10253052 | Fakulteit Gesondheidswetenskappe |
Credits | Duration |
---|---|
Duur van studie: 1 jaar |
Prof AD Cromarty [email protected] | +27 (0)123192622 |
Die MSc-graad word ingevolge die bepalings van die Algemene Regulasies toegeken op grond van ’n eksamen, óf ’n eksamen en ’n verhandeling, óf ’n eksamen en ’n skripsie, óf ’n verhandeling.
Studente wat die spesialiseringsrigting Farmakologie vir hierdie graad volg, registreer egter vir die module (FAR 872) Farmakologie: Inleiding tot laboratoriumnavorsing en -tegnieke 872 in plaas van TNM 800.
Die maksimum tydperk vir die voltooiing van ’n magistergraad is vier jaar. Behoudens die bepalings van die Algemene Regulasies kan die Voorsitter van die betrokke Skool op aanbeveling van die departementshoof, in buitengewone omstandighede ’n vasgestelde beperkte verlenging van die tydperk goedkeur.
Sien ook Algemene Regulasies.
Behoudens die bepalings van die Algemene Regulasies word 'n vierjarige baccalaureusgraad of 'n honneursgraad vereis of in die geval van 'n driejarige baccalaureusgraad ook toepaslike praktiese (beroeps-) ervaring soos deur die Universiteit voorgeskryf plus enige ander addisionele werk wat die departementshoof nodig mag ag: Met dien verstande dat die departementshoof die diskresie het om te oordeel of die voorvereiste kwalifikasie of die kwalifikasie plus beroepservaring vir toelating tot 'n spesifieke rigting aanvaarbaar sal wees.
Navorsingsprotokol
Dit word van 'n student vir die MSc-graad vereis dat 'n volledige navorsingsprotokol ten opsigte van die beoogde verhandeling ná registrasie aan die MSc-komitee van die Skool en indien nodig ook aan die Etiekkomitee voorgelê word vir goedkeuring.
Verhandeling
'n Verhandeling moet by Studenteadministrasie ingedien word minstens drie maande voor die betrokke promosieplegtigheid.
'n Handleiding oor die redaksionele versorging van verhandelings is op aanvraag by die departementshoof beskikbaar.
In die geval van 'n eksamen, óf 'n eksamen en 'n verhandeling, óf 'n eksamen en 'n skripsie, óf 'n verhandeling, word 'n gemiddelde van minstens 75% vereis.
Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.
Get Social With Us
Download the UP Mobile App