Code | Faculty |
---|---|
10253251 | Fakulteit Gesondheidswetenskappe |
Credits | Duration |
---|---|
Duur van studie: 1 jaar |
Behoudens die bepalings van Algemene Regulasie G.62 word ’n vierjarige baccalaureusgraad of ’n honneursgraad vereis of in die geval van ’n driejarige baccalaureusgraad ook toepaslike praktiese (beroeps-) ervaring soos deur die Universiteit voorgeskryf plus enige ander addisionele werk wat die departements-hoof nodig mag ag: Met dien verstande dat die departementshoof die diskresie het om te oordeel of die voorvereiste kwalifikasie of die kwalifikasie plus beroepservaring vir toelating tot ’n spesifieke rigting aanvaarbaar sal wees.
Vir toelating tot die studierigting Lugvaart- en Ruimtegeneeskunde, word ’n honneursgraad in Lugvaart- en Ruimtegeneeskunde of ’n ander toepaslike honneursgraad vereis.
Behoudens die bepalings van die Algemene Regulasies kan die Voorsitter van die Skool op aanbeveling van die departementshoof, 'n vasgestelde beperkte verlenging van die tydperk in buitengewone omstandighede goedkeur.
Navorsingsprotokol
Ná registrasie, moet 'n student vir die MSc-graad 'n volledige navorsingsprotokol oor die beoogde verhandeling aan die Akademiese Advieskomitee van die Skool en indien nodig ook aan die Etiekkomitee vir goedkeuring voorlê.
Verhandeling
'n Verhandeling oor 'n goedgekeurde navorsingsprojek moet addisioneel tot die gedoseerde leergang geslaag word. Die bepalings van die Algemene Regulasies in verband met die voorbereiding en indiening, tegniese versorging en samevatting van 'n verhandeling, is van toepassing.
'n Sistematiese literatuuroorsig (Cochrane-tipe) oor 'n goedgekeurde onderwerp wat onderneem word op so 'n wyse dat subjektiwiteit geminimaliseer word, mag as alternatief vir die verhandeling in die toekenning van die MSc-graad aangebied word, op voorwaarde dat CLI 870 Beginsels van kliniese epidemiologie sukesevol voltooi is. Dit vereis onder andere 'n navorsingsprotokol met duidelik geformuleerde doelstellings en metodes. In- en uitsluitingsmetodes vir die studie moet bepaal word. Waar toepaslik, moet die data opgesom word (meta-analise), met toepaslike statistiese metodes.
Die gemiddelde punt van die modules, geweeg volgens die aantal krediete van elke individuele module, sal die finale punt (%) van die gedoseerde werk wees.
Die graad word met lof toegeken aan 'n student wat ’n gemiddelde van minstens 75% in die gedoseerde leergang, sowel as 'n finale punt van minstens 75% vir die verhandeling verwerf het.
Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.
Get Social With Us
Download the UP Mobile App