Toelatingsvereistes
Toelatingsvereistes: Behoudens die bepalings van Algemene Regulasie G.62 word minstens 'n baccalaureus honoresgraad in Radiografie vereis asook registrasie as 'n radiograaf by die Raad vir Gesondheidsberoepe van Suid-Afrika.
Die magistergraad mag slegs gevolg word in die spesialiseringsrigting waarin die voorafgaande graad of gelykwaardige kwalifikasie verwerf is.
Hoof kurrikuluminligting: (i) 'n Verhandeling wat betrekking het op Kerngeneeskunde (KDE 890).
(ii) (TNM 800) Toegepaste navorsingsmetodologie 800 of 'n gelykwaardige module moet geslaag word.
Ander programspesifieke inligting
(TNM 800) Toegepaste navorsingsmetodologie 800 of 'n gelykwaardige module moet geslaag word.
Slaag met lof
'n Minimum van 75% moet in die verhandeling behaal word, om die graad met lof te verwerf.
Get Social With Us
Download the UP Mobile App