Code | Faculty |
---|---|
02130114 | Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe |
Credits | Duration |
---|---|
Duur van studie: 4 jaar | Totale krediete: 523 |
Minimum vereistes vir 2016 | ||||||||
Prestasievlak | ||||||||
Afrikaans of Engels | Wiskunde | TPT | ||||||
NSC/IEB | HIGCSE | AS-Level | A-Level | NSC/IEB | HIGCSE | AS-Level | A-Level | |
5 | 3 | C | C | 4 | 3 | D | D | 28 |
Studente mag vir AIM 111 en AIM 121 in plaas van AIM 101 inskryf (dieselfde inhoud oor twee semesters versprei)
Studente wat nie kwalifiseer vir STK 110 nie moet vir STK 113 en STK 123 registreer.
'n Student wat nie al die modules van ’n betrokke studiejaar geslaag het nie, moet eers vir die ontbrekende modules registreer. Met goedkeuring van die departementshoof mag modules van die volgende studiejaar vooruit geneem word, mits daar geen roosterbotsings is nie, aan al die vereistes en voorvereistes voldoen is en nie meer as ’n toegelate aantal krediete per semester geneem word nie. By berekening van die toelaatbare aantal krediete, geld die krediete van die semester waarvan daar modules herhaal moet word, as riglyn.
OPI 400: (Praktykopleiding in die industrie): Studente moet gedurende die vier (4) jaar van studie, gedurende vakansietye, oor naweke en nauurs, ’n totaal van 480 ure praktyk-opleiding in die industrie doen om praktiese en bedryfsvaardighede te ontwikkel, deel te neem aan gemeenskapsontwikkeling en diensleer te verskaf Dit is gelykstaande aan
3 weke x 40 uur (120 uur) per jaar, volgens die vereistes soos bepaal deur die departementshoof. Hierdie opleiding moet suksesvol voltooi wees tesame met bewyslewering van ’n volledige portefeulje alvorens die graad toegeken sal word.
Let wel: Hierdie praktiese en industrie-aktiwiteite ondersteun die teoretiese komponente van VDS 417 & VDS 427, VDS 413 en FST 412 en vind naure plaas ten einde praktiese en industrievaardighede te ontwikkel.
Die graad word met lof toegeken aan ’n student wat in die ondergenoemde modules ’n geweegde gemiddelde van minstens 75% behaal het:
’n Kombinasie van modules gelykstaande aan ses semestermodules:
Bemarkingsnavorsing 314, Strategiese bemarking 321
Voedseldiensbestuur 420
Verbruikersvoedselnavorsing 310
Voedselveiligheid en -higiëne 354
Resepontwikkeling en -standaardisering 413
Verbruikersaspekte van voedsel 417
Voedselhandelswarevoorstelling 427
Voedselnavorsingsprojek 480
Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.
Get Social With Us
Download the UP Mobile App