Code | Faculty |
---|---|
12263042 | Fakulteit Ingenieurswese, Bou-omgewing en Inligtingtegnologie |
Credits | Duration |
---|---|
Duur van studie: 2 jaar | Totale krediete: 360 |
Behoudens die bepalings van die Algemene Regulasies G.42 en G.54, word geen kandidaat tot die studie vir ’n doktorsgraad toegelaat nie, tensy hy of sy in besit is van ’n magister- graad in Ingenieurswese of ’n ander gelykwaardige magistergraad.
Ing. 23
Sien ook die Algemene Regulasies. G.42 tot G.53.
(a) Behoudens die bepalings van die Algemene Regulasies G.42 en G.54, word geen kandidaat tot die studie vir ’n doktorsgraad toegelaat nie, tensy hy of sy in besit is van ’n magister- graad in Ingenieurswese of ’n ander gelykwaardige magistergraad.
(b) Tensy die Dekaan, op aanbeveling van die promotor anders besluit, word die graad PhD (Ingenieurswese) toegeken op grond van ’n proefskrif en ’n eksamen oor die proefskrif.
(c) Tensy die Senaat, op aanbeveling van die betrokke promotor, anders besluit, moet die student voor of gelyktydig met indiening van die proefskrif, ’n bewys uitgereik deur ’n geakkrediteerde joernaal dat ’n artikel ingedien is, by die Hoof: Studente- administrasie indien. Die artikel wat ingedien is moet gebaseer wees op die navorsing wat die student vir die proefskrif gedoen het en moet deur die promotor goedgekeur wees indien die promotor nie ’n mede-outeur is nie. Die promotor sal verantwoordelik wees om toe te sien dat dat die artikel deur die proses van hersiening en hervoorlegging geneem word, soos wat vereis mag word. Die toekenning van die graad is onderworpe aan nakoming van die voorwaardes van hierdie regulasie.
(d) Die student moet deur sy werk, proefskrif en eksamens bewys lewer van gevorderde oorspronklike navorsing en/of skeppende werk wat ’n wesenlike en besondere bydrae is tot die kennis van die ingenieurswetenskap en/of -praktyk.
Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.
Get Social With Us
Download the UP Mobile App