Code | Faculty |
---|---|
12240022 | Fakulteit Ingenieurswese, Bou-omgewing en Inligtingtegnologie |
Credits | Duration |
---|---|
Duur van studie: 1 jaar | Totale krediete: 128 |
Die leergang word in oorleg met die betrokke departementshoofde bepaal. 'n Student moet in modules met 'n totaal van minstens 128 krediete slaag.
Die graad word slegs op grond van eksamens toegeken.
Behoudens die bepalings van Reg. G.1.3 en G.54 word ‘n BIng-graad of ‘n gelykwaardige kwalifikasie vir toelating vereis.
'n Beperkte getal toepaslike modules uit ander departemente en ander afdelings van Chemiese Ingenieurswese word toegelaat.
Nie alle modules wat hier gelys is, word elke jaar aangebied nie. Raadpleeg asseblief die departementele nagraadse brosjure.
Minimum krediete: 128
Module-inhoud:
In-diepte begrip van die belangrike metaboliese paaie in mikrobes, ‘black box’ modelle vir basiese stoigiometriese beskrywing, metaboliese fluksanalise as basis vir metaboliese of genetiese ingenieurswese, biokinetika van biokataliste en basiese bioreaktorontwerp.
Module-inhoud:
Ontwerp, konstruksie en toetsing van eksperimentele opstelling. Aanvanklike eksperimentering, kalibrasie en modifikasies aan apparaat. Aanvanklike resultate. Eksperimentele plan en skedule vir navorsingsprojek. Gedetailleerde vooruitskattings mbt beplande metings. Direk-relevante literatuur (voortsetting van CIR 702).
Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.
Get Social With Us
Download the UP Mobile App