Modulekode | EPR 400 |
Kwalifikasie | Voorgraads |
Fakulteit | Fakulteit Ingenieurswese, Bou-omgewing en Inligtingtegnologie |
Module-inhoud | Hierdie module bestaan uit die indiwiduele uitvoer van ’n ingenieursprojek vanaf konsep tot aflewering. Die student moet bewys lewer dat hy/sy ’n ingenieursprojek onafhanklik kan bemeester. Die module fokus op die formulering van ‘n ingenieursprobleem, die opstel van gepaste tegniese spesifikasies, projekbeplanning en bestuur, en dan die uitvoer van ’n tegniese projek van gegewe aard, omvang en moeilikheidsgraad. Die aard van die projek is sodanig dat dit of grotendeels ’n ontwerpprojek is (ontwerp, sintese, toets), met ’n kleiner komponent van ondersoek (eksperimentele werk en data-analise), of alternatiewelik grotendeels’n ondersoekende projek is, met ’n kleiner deel van ontwerp. As finale stap in die projek evalueer die student die finale uitkomste van die ontwerp of ondersoek aan die hand van spesifikasies, en evalueer hy/sy die impak van die projek (sosiaal, wetlik, veiligheid en omgewing). Mondelinge en skriftelike tegniese kommunikasie word beoordeel as belangrike deel van die module. |
Modulekrediete | 64.00 |
Programme | |
Voorvereistes | EWE 320 of ELO 320, Slegs finaliste |
Kontaktyd | 1 lesing per week |
Onderrigtaal | Aparte klasse vir Engels en Afrikaans |
Akademiese organisasie | Elektriese, Elektroniese en Re |
Aanbiedingstydperk | Jaar |
Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.
Get Social With Us
Download the UP Mobile App