Code | Faculty |
---|---|
09227050 | Fakulteit Opvoedkunde |
Credits | Duration |
---|---|
Duur van studie: 1 jaar | Totale krediete: 120 |
Prof PH du Toit [email protected] | +27 (0)124202817 |
Ten einde die sertifikaat met lof te verwerf, moet ’n student ’n gemiddelde van 75% behaal, met ’n minimum van 70% in elke module.
Minimum krediete: 120
Alle "Fundamentele modules" en "Kernmodules" moet gekies word saam met twee "Keusemodules".
Module-inhoud:
Die funksie van leeronderhandelaar en fasiliteerder van leer as sentrale rol van die hoëronderwyspraktisyn. Toegepaste en geïntegreerde rolle van die praktisyn. Fasilitering van leer gemik op diverse behoeftes van leerders, insluitend leerders met spesiale behoeftes. Skep van leergeleenthede wat bevorderend is vir leer. Leerstylveelsydigheid en meervoudige intelligensies. Effektiewe onderwyskommunikasie. Implementering van strategieë en gebruik van bronne gepas vir die Suid-Afrikaanse konteks. Begeleiding van studente. Akademiese ontwikkeling oor die kurrikulum. Volwasseneleerteorie. Toepassing in outentieke praktyk.Module-inhoud:
Professionele ontwikkeling van hoër onderwyspraktisyns. Selfassessering. Ontwikkeling van die volle potensiaal van die praktisyn. Die rol van aksienavorsing. Ontwikkeling van ‘n professionele portefeulje.Module-inhoud:
Metodes van formatiewe en summatiewe assessering. Basiese beginsels van verantwoordbare assessering. Rekordhouding van leer. Assesseringsinstrumente.Module-inhoud:
Die rol en profiel van die onderwys-, opleidings- en ontwikkelingspraktisyn. Leierskap, administrasie en bestuur. Konflikbestuur. Spanbestuur. Netwerke.Module-inhoud:
Verkenning van modelle en beginsels van kurrikulumontwikkeling. Aanpassing van beginsels vir voldoening aan die vereistes van uitkomsgebaseerde kurrikulumontwikkeling. Ontwikkeling van ‘n studiehandleiding/-gids as uitkoms van uitkomsgebaseerde kurrikulumontwikkeling. Leer deur, vir en aangaande probleemgebaseerde leer.Module-inhoud:
Nasionale beleid in hoër onderwys en gemeenskapdienslewering; burgerskap; kenmerke van effektiewe gemeenskapdiensprogram; fundamentele kenmerke van gemeenskapdiensvennootskappe; ontwikkeling van ‘n kampusgemeenskapsteorie en praktyk; ontwikkeling van infrastruktuur vir gemeenskapdiens en gemeenskapsbetrokkenheid; vennootskappe tussen diensleweringorganisasies en hoëronderwysinstellings; beginsels en profiele van vennootskappe met gemeenskaporganisasies; vennootskappe vir aksienavorsing; betrokkenheid van korporatiewe vennote; gemeenskapdiensprojek.Module-inhoud:
Media as leerbronne. Ontwikkeling en gebruik van media deur die leerder. Media en heelbreinleer, maksimering van meervoudige intelligensies, maksimering van potensiaal. Lae- en hoëvlaktegnologie. Multimedia-leerpakkette.Module-inhoud:
Beginsels van mentorskap. Strategieë vir mentorskap. Mentorskappraktyk. Leierskap: interpersoonlike aspekte.Module-inhoud:
Elektroniese media vir leer. Integrering van elektroniese media in die praktyk. Webgebaseerde leer. Multimedialeerpakkette. Interaktiewe televisie-uitsending.Module-inhoud:
Supervisie van nagraadse studente. Navorsingsleierskap. Navorsingsprojekbestuur. Navorsingsbefondsing.Module-inhoud:
Die rol van onderwys en opleiding in entrepreneurskap, insluitend finansies, bemarking, beplanning en projekbestuur soos van toepassing op onderwys.Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.
Get Social With Us
Download the UP Mobile App