Code | Faculty |
---|---|
01250177 | Fakulteit Geesteswetenskappe |
Credits | Duration |
---|---|
Duur van studie: 1 jaar | Totale krediete: 180 |
Dr A Antonites [email protected] | +27 (0)124206490 |
Prof I Pikirayi [email protected] | +27 (0)124204661 |
• Die studie moet binne vier jaar na eerste registrasie vir die graad voltooi word. Die verhandeling bestaan uit ongeveer 30 000-50 000 woorde en is gebaseer op ’n navorsingsvoorstel goedgekeur deur die Fakulteit Geesteswetenskappe se Nagraadse en Navorsingsetiekkomitee. (Kyk die vereiste vir die voorbereidende jaar).
• Die volgende word ook van studente verwag: (a) om een uitreik-aktiwiteit vir elke semester wat hulle geregistreer is te doen; (b) om aan die departementele seminaarreeks deel te neem; en (c) om ’n museumuitstalling van hul verhandelingsnavorsing te maak; en (d) aan die einde van hul studie ’n artikel, gebaseer op hul navorsing, by ’n geakkrediteerde joernaal in te dien.
• Studente moet voor die einde van die magisterprogram minstens agt weke se veldwerk voltooi en moet vaardigheid oor basiese en intermediêre veldwerktegnieke toon.
Studente wat nie die oor die vereiste vlak van taalvaardigheid in Engels beskik nie, moet ’n addisionele module (TTS 751 Akademiese skryfvaardigheid) neem.
Module-inhoud:
Gedetaileerde en in-diepte ontleding en bespreking van ’n onderwerp van argeologiese belang, gebaseer op ’n goedgekeurde navorsingsvoorstel en etiese klaring. 30 000 – 50 000 woord verhandeling gebaseer op primêre veldwerk navorsing en ander relevante navorsingsbronne wat ’n gespesialiseerde kennis van die argeologiesenavorsingsproses toon. Terwyl navorsingsbevindinge negatief mag wees, moet die meestersverhandeling metodiek gedetailleerd en herhaalbaar wees. Die verhandeling moet die kandidaat se bekwaamheid demonstreer om strategieë te formuleer op konteks-spesifieke sowel as abstrakte konsep probleme. Die navorsingsproses moet ten volle aanspreeklik wees en moet sensitiwiteit toon in ’n na-koloniale werkskonteks. ’n Weergawe of gedeelte van die verhandeling moet vir publikasie in ’n geakkrediteerde joernaal ingehandig word.Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.
Get Social With Us
Download the UP Mobile App