Code | Faculty |
---|---|
01251076 | Fakulteit Geesteswetenskappe |
Credits | Duration |
---|---|
Duur van studie: 1 jaar | Totale krediete: 180 |
Prof A Lombard [email protected] | +27 (0)124202325 |
Sluitingsdatum vir aansoeke: Jaarliks 31 Julie.
Ten minste twee jaar toepaslike praktykervaring.
? Verpligte module in navorsingsmetodologie, naamlik MWT 864, moet geslaag word.
Om die graad met lof te verwerf moet ’n gemiddelde punt van 75% vir die kernmodules en miniverhandeling behaal word, onderworpe aan minstens 70% vir die miniverhandeling.
Module-inhoud:
*Departementele keuring
Konseptualisering en kontekstualisering van maatskaplike welsyn en ekonomiese ontwikkeling in die aanspreek van armoede en ongelykhede. Die verband tussen mens-, maatskaplike en ekonomiese ontwikkeling en hoe maatskaplike werk geïntegreerde, volhoubare gemeenskaps- en maatskaplike ontwikkeling kan implementeer en fasiliteer. Die plek en rol van deelname, kapasiteitsbou en bemagtiging van gemeenskappe, veral dié van vroue, in volhoubare gemeenskaps- en maatskaplike ontwikkeling. Identifisering en analisering van uitdagings vir maatskaplike en ekonomiese ontwikkeling en die rol van maatskaplike werk in die integrering van maatskaplike en ekonomiese ontwikkeling.
Module-inhoud:
*Departementele keuring
Navorsingsetiek, navorsingsbenaderings, tipes navorsing, navorsingsontwerpe en navorsingsproses soos van toepassing op maatskaplike werk.
Module-inhoud:
*Geslote - vereis departementele keuring
Konseptualisering en toepassing van kennis en vaardighede van ’n ontwikkelingsgerigte benadering tot maatskaplike welsyn, maatskaplike werk, maatskaplike dienste en maatskaplike ontwikkeling vanuit ’n internasionale, Suider-Afrika en Suid-Afrikaanse perspektief. Oorsig oor die makro sosioekonomiese, politieke en omgewingskonteks vir die implementering van maatskaplike welsyn, maatskaplike ontwikkeling en maatskaplike werk. Nuwe uitdagings vir die implementering en fasilitering van die ontwikkelingsgerigte benadering en maatskaplike ontwikkeling op al die intervensievlakke in verskillende praktykomgewings.
Module-inhoud:
*Departementele keuring
Die rol en impak van politiek en sosio-ekonomiese ontwikkeling op die konseptualisering en implementering van maatskaplike beleid vir ontwikkeling vanuit ’n internasionale, Suider-Afrika en Suid-Afrikaanse konteks. Die proses en vaardighede van beleidsanalise, beleidsformulering, beleidskommunikasie en beleidsimplementering. Die beginsels en uitdagings vir die politieke rol van die maatskaplike werker in die beïnvloeding, formulering en uitvoering van beleid.
Module-inhoud:
‘n Omvattende verslag (80-100 bladsye) oor ‘n goedgekeurde navorsingsprojek gebaseer op onafhanklike navorsing in ‘n MMW spesialisveld geselekteer in oorleg met ‘n studieleier. Skolastiese en gevorderde navorsing van geselekteerde spesialisterrein, insluitend beplanning, bronbenutting en bestuur van prosesse. Toerekenbaarheid vir die bereiking en evaluering van persoonlike en/of groepuitsette.Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.
Get Social With Us
Download the UP Mobile App