Jaarboeke

Program: MSocSci. Bedryfsosiologie en Arbeidstudies (Gedoseer)

Kindly take note of the disclaimer regarding qualifications and degree names.
Code Faculty
01253030 Fakulteit Geesteswetenskappe
Credits Duration
Duur van studie: 2 jaar Totale krediete: 180
Contact:
Prof CM Tshoaedi
[email protected]
+27 (0)124203111

Toelatingsvereistes

- ’n Honneursgraad in Sosiologie Bedryfsosiologie of in ’n direk verbandhoudende sosiale wetenskap word vereis.

- ’n Gemiddelde van minstens 70% word vir hierdie graad vereis.
 
 
 

 

Addisionele vereistes

• SOC 751 en SOC 756 of soortgelyke modules in navorsingsmetodologie en teorie word vereis.

• Daar kan van voornemende studente verwag word om ’n toelatingsopstel in te dien of ’n eksamen te skryf of om addisionele modules te doen wat hulle in staat stel om die verwagte vlak van studie te bereik.

• 'n Aanvaarbare vlak van taalvaardigheid in Afrikaans of Engels word vereis.

• Studente met ? gemiddelde tussen 68% en 70% kan in spesiale omstandighede vir toelating oorweeg word. Doen aansoek by die Programbestuurder.

Ander programspesifieke inligting

  • Kies of SOC 830 of SOC 862 as kernmodule.
  • Kies een keusemodule. 
  • SOC 830 en SOC 862 kan slegs as keusemodule gekies word indien nie reeds as kernmodule gekies nie.
  • Nie alle modules word in ’n gegewe jaar aangebied nie. Kontak die programbestuurder in dié verband.

Kernmodules

  • Module-inhoud:

    Hierdie module ondersoek teoretiese verduidelikings vir globalsasering. As sodanig is die hoofdoel om wyses waarop kapitaal in die era aan die einde van geskiedenis ons dwing om sosiologie as a wetenskap van die hede te herdink te debatteer. Die module begin met teoretiese besprekings om die fondamente vir ’n gesprek oor ontwikkeling as ’n proses van inkorporering van (in hierdie geval) Afrika in die globale wêreldsisteem te lê. Hierbenewens ondersoek die module veranderings aan die nasie-staatstelsel, werk en genderverhoudinge wat deur globalisering teweeggebring is. Ten slotte, word daar gekyk na nasionalisme en etnisiteit as spesifieke kenmerke van kapitalisme in die era van die einde van geskiedenis. 

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Hierdie module het ten doel om die reikwydte van die navorsingsgmetodes en -strategieë waarmee studente vertroud is te verbreed en om hul bestaande begrip van metodes en benaderings tot sosiale navorsing te verdiep. Sleutelkomponente van die module sluit in ’n bekendstelling aan die universiteit se prosesse om toestemming te verkry om navorsing te doen, die komponente van ’n goeie navorsingsvoorstel, en strategieë vir die identifisering van ’n navorsingsvraag. Hierbenewens word die vraag oor waarom ons sosiale navorsing doen en die verskillende wyses waarop navorsing ’n sosiale bydrae lewer op ’n kritiese wyse bespreek. Ten slotte word daar oorweging geskenk aan hoe om ’n navorsingsstudie binne ’n navorsingstradisie te plaas en wel op ’n manier wat ‘navorsing’ en ‘teorie’ aaneenskakel. Daar word van studente verwag om ’n volledige navorsingsvoorstel te skryf. 

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Hierdie module fokus op ’n hersiening en bevraagtekening van sosiologiese teorieë oor en verdudelikings van konflik in die werksplek, met spesifieke klem op kwessies soos stakingsgeweld. 

    Sien meer

Keusemodules

  • Module-inhoud:

    Die module fokus op die veranderende aard van werk en die organisatoriese vorme wat sekere historiese periodes in die ekonomiese geskiedenis gekenmerk het. Konsepte soos Fordisme en post-Fordisme word ondersoek, sowel as debatte oor die impak van werk op die lewenskwaliteit van mense.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Hierdie module maak gebruik van ’n sosiologiese perspektief om die Suid-Afrikaanse samelewing te ondersoek en begryp. Die vertrekpunt is ’n bekendstelling aan debatte en besprekings oor sosiologie in Suid-Afrika. Daarna word sleutelkwessies hersien en gedebatteer om ’n begrip van die politieke ekonomie van apartheid te vorm. Ten slotte word daar na sleuteldebatte oor post-apartheid Suid-Afrika gekyk. 

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Die module kyk krities na teoretiese en kontemporêre debatte oor die aard van die staat en burgerlike samelewing sowel as die onderlinge verhouding tussen die twee instellings. In die besonder ondersoek die module konseptualiserings van die staat en burgerlike samelewing in Afrika, sowel as die historiese trajekte hiervan met betrekking tot die vraagstuk van sosiale verandering. Deurentyd word daar verwys na sosiologiese perspektiewe wat die belangrikheid daarvan om magsverhoudinge binne ’n konteks van sosio-ekonomiese en sosiokulturele verhoudinge te situeer beklemtoon.  

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Hierdie module fokus op die verhouding tussen die persoonlike en die sosiale en hoe hierdie twee domeine tot so ’n mate verweef is dat ons tegelykertyd van eenselwigheid en differensiasie in die proses van identifikasie praat. Die module ondersoek die wyses waarop samelewingstrukture en -instellings identiteite histories vorm en konstrueer, terwyl sodanige instellings tegelykertyd deur individuele agentskap gevorm word. Menslike ervaring dui op ’n breë stel oorskreidende verbondenhede en ’n veelvuldigheid van behorendheid, wat identiteit as ’n dinamiese en verbandhoudende proses eerder as ’n essensie konstateer. Die sosiale, voorwaardelike en gekonstrueerde aard van identiteite word beklemtoon teen die agtergrond van ’n ervaring van dislokasie binne die konteks van globalisering.

    Sien meer

Kernmodules


Die inligting wat hier verskyn, is onderhewig aan verandering en kan na die publikasie van hierdie inligting gewysig word.. Die Algemene Regulasies (G Regulasies) is op alle fakulteite van die Universiteit van Pretoria van toepassing. Dit word vereis dat elke student volkome vertroud met hierdie regulasies sowel as met die inligting vervat in die Algemene Reëls sal wees. Onkunde betrefffende hierdie regulasies en reels sal nie as ‘n verskoning by oortreding daarvan aangebied kan word nie.

Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.

FAQ's Email Us Virtual Campus Share Cookie Preferences