Code | Faculty |
---|---|
01130015 | Fakulteit Geesteswetenskappe |
Credits | Duration |
---|---|
Duur van studie: 3 jaar | Totale krediete: 366 |
Die program is gerig op ’n algemeen vormende opleiding in die geesteswetenskappe. Dit bied aan die student ’n breë akademiese basis met die oog op nagraadse studie en berei die student voor vir aktiewe betrokkenheid in ’n wye verskeidenheid beroepsvelde.
Die volgende persone sal vir toelating oorweeg word: ‘n kandidaat wat oor ‘n sertifikaat beskik wat deur die Universiteit as gelykstaande aan die vereiste Graad 12-sertifikaat met toelating vir graaddoeleindes aanvaar word; ‘n kandidaat wat ‘n gegradueerde van ‘n ander tersiêre instelling is of die status van ‘n gegradueerde van so ‘n instelling geniet; en ‘n kandidaat wat ‘n gegradueerde van ‘n ander fakulteit van die Universiteit van Pretoria is.
Kandidate wat voldoen aan die minimum vak- en prestasievereistes sowel as die TPT-vereistes van hierdie programme sal in die programme geplaas word, onderhewig aan die beskikbaarheid van plekke. Bogenoemde is nie van toepassing op keuringsprogramme nie.
Om toelating te behou, sal daar van leerders verwag word om 'n TPT van ten minste 28 in Graad 12 te behaal. Voornemende studente wat reeds voorlopige toelating tot hierdie programme ontvang het, maar 'n TPT van ten minste 27 in Graad 12 behaal het, sal deur die Toelatingskomitee oorweeg word indien plekke beskikbaar is. Die Toelatingskomitee van die Fakulteit Geesteswetenskappe sal hierdie studente oorweeg sodra die uitslag van die Nasionale Normtoets (National Benchmark Test – NBT) beskikbaar is en onderhewig aan die beskikbaarheid van plekke.
Die Fakulteit sal bevredigende resultate in die NBT beoordeel in die lig van sy onderneming om te verseker dat ‘n voldoende gedeelte aansoekers uit die histories benadeelde kategorie van die bevolking getrek word.
Aansoekers wat aan die minimum TPT-vereistes voldoen, maar nie aan die vakvereistes nie, moet die NBT aflê.
Lewensoriëntering word uitgesluit wanneer die TPT bereken word.
Let daarop dat studente wat na voltooiing van die BA-program ’n beroep as sielkundige wil volg, ’n BA-graad met sielkunde as hoofvak, asook die BSocSciHons (Sielkunde) en ’n MA (Kliniese of Voorligtingsielkunde) suksesvol moet voltooi.
Minimum vereistes | ||||
Prestasievlak | TPT | |||
Afrikaans of Engels | ||||
NSC/IEB | HIGCSE | AS-Level | A-Level | |
5 | 3 | C | C | 30 |
Studente wat in terme van hul akademiese geletterdheid as risikogevalle geïdentifiseer is, is verplig om VAG 110 en VAG 125 te neem.
Studente wat nie in terme van hul akademiese geletterdheid as risikogevalle geïdentifiseer is nie, is verplig om ’n taalmodule ter waarde van 12 krediete uit die lys van taalmodules te neem (sien Akademiese geletterdheid).
Bykomend tot die voorgeskewe fundamentele modules ter waarde van 18 krediete, moet die leergang as volg saamgestel word:
Eerste studiejaar
Kies enige 4 dissiplines (vakke) op jaarvlak 1 en doen 2 semestermodules uit elk van dié dissiplines plus 1 ander module.
Tweede studiejaar
Kies enige 3 van die 4 dissiplines wat in die eerste jaar geneem is en doen 2 semestermodules uit elk van dié dissiplines.
Derde studiejaar
Kies enige 2 van die 3 dissiplines wat u op jaarvlak 2 geneem het en doen 2 semestermodules uit elk van dié dissiplines.
Let wel:
Nota: Die volgende algemene voorskrifte geld vir die kombinering van dissiplines vir hierdie program:
TAALGROEPE VIR KEUSES IN PROGRAMME
Let wel: U moet asb die alfabetiese modulelys raadpleeg vir volledige inligting rakende alle taalmodules soos hieronder gelys, aangesien sommige van hierdie modules spesifieke vereistes/voorvereistes het.
Modulegroep 1 – Afrikaans
Jaarvlak 1
• As moedertaal: AFR 110,120
• Vir sprekers van ander tale (ook vir sprekers van ander tale wat vir kwalifikasies in die regte en opvoedkunde ingeskryf is) AFR 114
• Vir studente in die regte (eerste taal): AFR 110 Nota: AFR 120 kan bykomend geneem word.
• Vir opvoedkundestudente: AFR 110,120 (moedertaal); AFR 114 (sprekers van ander tale)
Jaarvlak 2
• As eerste taal: AFR 214, AFR 210,220
• Vir opvoedkundestudente: AFR 214, AFR 220
• Taal, kultuur, kommunikasie en media: LCC 210,220
Jaarvlak 3
• As eerste taal: AFR 311,321
• Vir opvoedkundestudente: Vrye keuse uit die modules met alfakodes AFR en LCC wat op jaarvlak 3 aangebied word.
• Taal, kultuur, kommunikasie en media: LCC 312,320,322
Modulegroep 2 – Engels
Jaarvlak 1
• Vir spesiale doeleindes: ENG 118
• Vir akademiese doeleindes: ENG 110,120
Jaarvlak 2
ENG 210,220
Jaarvlak 3
• ENG 310,320
• ENG 311,322
Modulegroep 3 – Frans
Jaarvlak 1
• Vir beginners: FRN 104,181 (LLM studente)
• Kultureel-professioneel (vir student wat Frans in Graad 12 geslaag het): FRN 113,123
Jaarvlak 2
FRN 211,221
Jaarvlak 3
Kultureel-professioneel: FRN 361,362,363,364
Modulegroep 4 – Duits
Jaarvlak 1
• For beginners: DTS 104
• Kultureel-professioneel (vir studente wat Duits in Graad 12 geslaag het): DTS 113,123
Jaarvlak 2
DTS 211,221
Jaarvlak 3
Kultureel-professioneel: DTS 361,362,363,364
Modulegroep 5 – Grieks
Jaarvlak 1
GRK 110,120
Jaarvlak 2
GRK 210,220
Modulegroep 6 – Hebreeus
Jaarvlak 1
HEB 110,120
Jaarvlak 2
HEB 210,220
Modulegroep 7 – Latyn
Jaarvlak 1
LAT 110,120 (studente wat Latyn in Graad 12 geslaag het, kan direk met Latyn op jaarvlak 2 voortgaan.)
Jaarvlak 2
LAT 210,220
Jaarvlak 3
LAT 310,320
Modulegroep 8 – IsiNdebele
Jaarvlak 1
Vir sprekers van isiNdebele as huistaal of eerste of tweede addisionele taal: NDE 110, AFT 121
Jaarvlak 2
NDE 210, AFT 220
Jaarvlak 3
NDE 310, AFT 320
Modulegroep 9 – IsiZulu
Jaarvlak 1
• Vir beginners: ZUL 110,120
• Vir sprekers van isiZulu as huistaal of eerste of tweede addisionele taal: ZUL 111, AFT 121
Jaarvlak 2
• Vir studente wat ZUL 110,120 op jaarvlak 1 gedoen het: ZUL 210,220
• Vir studente wat AFT 121, ZUL 111 op jaarvlak 1 gedoen het: AFT 220, ZUL 211
Jaarvlak 3
ZUL 310, AFT 320
Modulegroep 10 – Sepedi
Jaarvlak 1
• For beginners: SEP 110,120
• For speakers of Sepedi as home language or first or second additional language: SEP 111, AFT 121
Jaarvlak 2
• Vir studente wat SEP 110,120 op jaarvlak 1 gedoen het: SEP 210,220
• Vir studente wat AFT 121, SEP 111 op jaarvlak 1 gedoen het: AFT 220, SEP 211
Jaarvlak 3
SEP 310, AFT 320
Modulegroep 11 – Setswana
Jaarvlak 1
• Vir beginners: STW 110,120
• Vir sprekers van Setswana as huistaal of eerste of tweede addisionele taal: STW 111, AFT 121
Jaarvlak 2
• Vir studente wat STW 110,120 op jaarvlak 1 gedoen het: STW 210,220
• Vir studente wat AFT 121, STW 111 op jaarvlak 1 gedoen het: AFT 220, STW 211
Jaarvlak 3
STW 310, AFT 320
Modulegroep 12 – Spaans
Jaarvlak 1
Vir beginners: SPN 101,102
Jaarvlak 2
SPN 211,221
Jaarvlak 3
SPN 311,321
Modulegroep 13 – Portugees
Jaarvlak 1
• Vir beginners: PTG 101
• Portugese taal en kultuur (vir studente wat Portugees in Gr 12 geslaag het): PTG 113,123
Jaarvlak 2
PTG 211,221
Jaarvlak 3
PTG 311,321
Akademiese geletterdheid
Alle studente wat vir die eerste keer aan die Universiteit van Pretoria inskryf en alle nuwelingstudente wat vir die eerste keer by die Fakulteit Geesteswetenskappe inskryf se akademiese geletterdheid sal aan die begin van die akademiese jaar deur middel van hulle NSS-punte bepaal word.
Alle studente in die Fakulteit Geesteswetenskappe wat as risikogevalle geïdenti¬fiseer is, is verplig om ten minste twaalf krediete te verwerf in die akademiese- geletterdheidsmodules VAG 110 of ALL 110 en VAG 125 of ALL 125.
Alle studente in die Fakulteit Geesteswetenskappe wat nie as risikogevalle geïdentifiseer is nie, is verplig om ten minste 12 krediete in ’n taalmodule te verwerf:
Department of English
ENG 110 Introduction to literature in English (I)
ENG 120 Introduction to literature in English (II)
ENG 118 English for specific purposes
Departement Afrikaans
AFR 110 Afrikaanse taalkunde en letterkunde
AFR 120 Afrikaanse taalkunde en letterkunde
AFR 114 Afrikaans vir sprekers van ander tale (I)
Departement Afrikatale
NDE 1101 Inleiding tot isiNdebele-grammatika: Capita selecta
*Studente wat isiNdebele in die tweede semester wil neem, registreer ook vir AFT 121 (Afrikatale-letterkunde: Capita selecta)
ZUL 110 IsiZulu vir beginners
ZUL 111 Inleiding tot isiZulu-grammatika – Capita selecta
*Studente wat isiZulu in die tweede semester wil neem, registreer ook vir AFT 121 (Afrikatale-letterkunde: Capita selecta)
SEP 110 Sepedi vir beginners
SEP 111 Inleiding tot Sepedi-grammatika – Capita selecta
*Studente wat Sepedi in die tweede semester wil neem, registreer ook vir AFT 121 (Afrikatale-letterkunde: Capita selecta)
STW 110 Setswana vir beginners
STW 111 Inleiding tot Setswana-grammatika – Capita selecta
*Studente wat Setswana in die tweede semester wil neem, moet ook vir AFT 121 (Afrikatale-letterkunde: Capita selecta) registreer.
Departement Moderne Europese Tale
DTS 104 Duits vir beginners
DTS 113 Duits: Kultureel-professioneel (1) *Voorvereiste: Graad 12 Duits
FRN 104 Frans vir beginners
FRN 113 Frans: Kultureel-professioneel (1) *Voorvereiste: Graad 12 Frans
SPN 101 Spaans vir beginners
SPN 102 Spaans vir beginners
PTG 101 Portugees vir beginners
Departement Antieke Tale en Kulture
HEB 110 Hebreeus
LAT 110 Latyn
GRK 110 Grieks
Minimum krediete: 126
Kern/Keusemodules
Kies enige 4 dissiplines (vakke) op jaarvlak 1 en doen 2 semestermodules uit elk van dié dissiplines plus 1 ander module.
Module-inhoud:
Pas effektiewe soekstrategieë toe in verskillende tegnologiese omgewings. Demonstreer die etiese en regverdige gebruik van inligtingsbronne. Integreer 21ste-eeuse kommunikasie met die bestuur van akademiese inligting.Module-inhoud:
This module intends to equip students to cope more confidently and competently with the reading and understanding of a variety of texts, to apply these skills in a variety of contexts and to follow the conventions of academic writing.
Module-inhoud:
This module equips students to understand and use a range of discipline-specific terminology; apply the strategies of critical and comprehensive reading to their own academic literacy; apply the conventions of academic writing to their own writing, using the process approach, to produce intelligible academic texts and use the correct referencing technique as required by the faculty.
Module-inhoud:
Verkry, evalueer, verwerk, bestuur en bied inligtingsbronne vir akademiese doeleindes aan deur gebruik te maak van toepaslike tegnologie. Pas effektiewe soekstrategieë toe in verskillende tegnologiese omgewings. Demonstreer die etiese en regverdige gebruik van inligtingsbronne. Integreer 21ste-eeuse kommunikasie met die bestuur van akademiese inligting.Module-inhoud:
Vind, evalueer, prosesseer, bied inligtingbronne aan en bestuur hulle vir akademiese doeleindes deur die gepaste tegnologie te gebruik.Module-inhoud:
Taalkundekomponent: Inleiding tot die Afrikaanse sintaksis, fonetiek en taalgeskiedenis. Letterkundekomponent:Inleiding tot die Romankuns Inleiding tot die Drama
Module-inhoud:
Inleiding tot Antropologie Hierdie inleiding tot antrop0ologie stel die basiese begrippe van die dissipline, soos rituele, religieê, huweliksluiting en seks, bekend. Dit kombineer klassieke en resente studies, en vra 'groot vrae' oor die menlike samelewing en kulture wat uitdagende perspektiewe bied op die wêreld waarin ons leef.Module-inhoud:
*Hierdie inligting is slegs in Engels beskikbaar.
*Alternative evening classes: 2 discussion classes per week
Introduction to Literature in English (2)
This module introduces the study of post-nineteenth century literature by examining a number of texts representing different genres (poetry, drama, prose). Texts will be from both Africa and other parts of the world. By the end of this module students should have the background and analytical skills to perceptively read modern and contemporary poetry, novels and plays.
Module-inhoud:
Die studie van Suider-Afrikaanse landskappe en die plasing daarvan in ‘n teoretiese en globale konteks. Die geomorfologiese evolusie van suider-Afrika. Inleiding tot konsepte in Geomorfologie en die verwantskappe met ander fisiese wetenskappe (bv. meteorologie, klimatologie, geologie, hidrologie en biologie). Die prosesse en kontroles betrokke in landvorme en landvorm-evolusie. Praktiese oefeninge dek die basiese tegnieke in Geomorfologiese analise en aktuele kwessies in Geomorfologie.
Module-inhoud:
*Nie vir studente wat Latyn in Gr 12 geslaag het nie Latynse taalkunde en leeswerk (3) en (4) Voortsetting van vormleer en sintaksis. Uitbreiding van die basiese woordeskat. Aangepaste Latynse leesstukke dien steeds as praktiese toepassing van die verworwe grammatikale kennis ten einde die student se akademiese geletterdheid en leesvermoë te bevorder. Verdere uitbreiding van die student se kennis van die Latynse vormleer, sintaksis en woordeskat. Die klem val al hoe sterker op die lees van passasies, ontleding en verklaring van grammatikale vorme.Module-inhoud:
*Hierdie module is slegs vir absolute beginners. *Slegs studente in die Skool vir Gesondheidsorgwetenskappe mag hierdie module gedurende semester 2 neem. Alle ander studente moet hierdie module tydens semester 1 neem. Studente in die Skool vir Gesondheidsorgwetenskappe wat reeds oor die taalvaardighede beskik wat in hierdie module onderrig word, mag ’n vrystellingseksamen aflê. Basiese kommunikatiewe vaardighede in Sepedi waarin alledaagse uitdrukkings en gepaste woordeskat met hoë gebruiksfrekwensie figureer, binne bepaalde sosiale situasiesModule-inhoud:
*Hierdie module is slegs vir absolute beginners.
Die verwerwing van basiese kommunikatiewe vaardighede in Setswana waarin alledaagse uitdrukkings en gepaste woordeskat met hoë gebruiksfrekwensie figureer, binne bepaalde sosiale situasies.
Module-inhoud:
This module is intended to equip students with a thorough knowledge of English grammar and is particularly useful for those interested in a career in teaching, editing, document design or other forms of language practice.
Module-inhoud:
*Vir sprekers van Sepedi as huistaal of eerste of tweede addisionele taal. Aspekte van die grammatika van Sepedi soos ‘n inleiding tot die woordkategorieë; ‘n inleiding tot die struktuur, betekenis en gebruik van die naamwoord; die adjektief; die relatief; die possessief; die werkwoord; skryf- en spelreëls; woordeboeke en woordeboekgebruik; grammatiese ontledings.Module-inhoud:
* Hierdie inligting is slegs in Engels beskikbaar.
*Optional Field school usually in April
Introduction to Archaeology
An introduction as to how archaeologists study the past via the artefacts left behind by our ancestors. Basic introduction to archaeological theory and how it has contributed to interpretation of the past is discussed. Topics range from the origins of the human family in Africa over three million years ago to the study of more recent times.
Module-inhoud:
*Hierdie inligting is slegs in Engels beskikbaar.
An introduction to the ancient world I: the ancient Near East
Various facets of the ancient Mesopotamian, Syria-Palestinian and Egyptian cultures are dealt with in broad outline. Examples that are dealt with can include the following, namely geography, worldviews, history, literature, daily life, customs, values, religion and mythology. Examples of ancient cultures whose characteristics can be investigated range from the Sumerians, the Assyrians, the Babylonians, the Persians, the Canaanites, the Israelites and the Egyptians from their origin Before the Common Era to the beginning of the Common Era.
Module-inhoud:
Die tale van drama en film
Hierdie module bied ?n inleiding tot die tale van drama en film, sowel as verskeie benaderings tot drama- en filmanalise. Verder word historiese en kontemporêre drama- en filmteorieë gebruik om verskeie drama- en filmtekste te lees.
A & B: Vir studente wat voor 2014 vir die Drama-program ingeskryf het, asook vir studente wat in 2016 vir die eerste keer vir die program registreer.
Module-inhoud:
Voortsetting van grondige hersiening van Duitse grammatika: verdere ontwikkeling van lees-, skryf-, praat- en begripsvaardighede. Analise en interpretasie van tekste.Module-inhoud:
Inleiding tot die Filosofie Die twee semestermodules in die eerste jaar bied studente ? inleiding tot die vier hoof- onderafdelings van Filosofie, te wete epistemologie, metafisika, etiek, en politieke filosofie. Hierdie module bied‚ ’n inleiding tot twee van hierdie onderafdelings. Studente moet die Departement Filosofie kontak om vas te stel watter twee onderafdelings in watter semester aangebied word, aangesien die keuse mag wissel van tyd tot tyd op grond van beskikbaarheid van onderrigpersoneel. Studente sal bekendgestel word aan die aard van filosofiese nadenke deur ’n aantal klassieke filosofiese temas in elke onderafdeling te ondersoek. Regdeur die module word daar aandag gegee aan die ontwikkeling van daardie kritiese denk-, lees- en skryfvaardighede wat in die Filosofie vereis word, terwyl studente bekendgestel word aan die krag van kritiek as onderskeidingsvermoë en oordeelkundigheid.Module-inhoud:
Hebreeuse grammatika (3) Gevorderde studie van die werkwoordsisteem: die onreëlmatige en swak werkwoorde. Passasies uit die Ou Testament vorm die basis van studente se praktiese akademiese geletterdheidsoefeninge. Hebreeuse tekste: Lees en verstaan Lees geselekteerde tekste uit die OT met klem op woordontledings, basiese vertaling, gebruik van basiese hulpmiddels (woordeboek, vertalings). Evaluering sluit onvoorbereide leesstukke in.Module-inhoud:
Deel 1: Die sosiologie van instellings
Die sosiale dinamiek van samelewingsinstellings soos die gesin, die staat, die ekonomie, godsdiens, onderwys, en burgerlike samelewing met ’n spesifieke fokus op die Suider-Afrikaanse problematiek word in hierdie afdeling behandel.
Deel 2: Sosiale stratifisering: Ras, klas en gender
Die aard en dinamiek van sosiale stratifisering en ongelykheid sal ondersoek word. Ras, gender en klas is die fokuspunte van die afdeling. Die Suid-Afrikaanse ervaring word beklemtoon.
Module-inhoud:
isiZulu - kommunikasie en grammatika Die verwerwing van meer gevorderde kommunikasievaardighede binne verdere sosiale situasies. Meer uitgebreide woordeskat en meer gevorderde taalstrukture word aangeleer en gebruik. Die bewustheid van die aard en funksie van taalstrukture word verder verhoog. Skryf- en spelreëls. Woordeboeke en woordeboekgebruik. Lees en begrip van basiese tekste.Module-inhoud:
Beelde oor media heen: kontemporêre idees
Hierdie module bied ? historiese oorsig, vanuit ? spesifieke Afrika-uitgangspunt gesitueer in die globale, van die wyses waarop beelde oor en deur verskillende media heen in visuele kultuur verskyn. Deur kernmodusse, temas, genres en visuele tekste te ontgin, word die wyses ondesoek waarop historiese gebeure en kulturele en ideologiese neigings die visuele beïnvloed. Die volgende temas kan behandel word: die progressie van grafiese en industriële ontwerp vanaf die Industriële Omwenteling, fotografie, kuns, mode, kleredrag, tydskrifte, gedrukte media en poskaarte. Die module bied ook ? inleiding tot die navorsingsbenaderings en -metodes in die veld van visuele kultuur.
Module-inhoud:
Aspekte van die letterkunde van isiNdebele/isiZulu/Sepedi/Setswana soos ‘n inleiding tot literêre begrippe soos literêre teks(te), onderwerp, karakters, gebeure, tyd en plek; die analise van geselekteerde kortverhale.
Module-inhoud:
Hierdie module verskaf 'n breë inleiding tot sport en rekreasie as produkte in die mark. Die aard van en verskille tussen sport en rekreasie, beleid, planne strategieë en strukture in Suid-Afrika en Sone VI in Afrika word geïdentifiseer en bespreek. Die rol, betekenis en dinamiese aard van rekreasie- en sportbestuur word bekendgestel en bespreek. Klem word geplaas op die basiese bestuurstake en -funksies van beplanning, organisasie, leiding en kontrole in sport- en rekreasiekontekste. Hierdie module voorsien 'n basis van bestuurkennis en -vaardighede waarop opeenvolgende modules en interdissiplinêre kennis in sport- en rekreasiebestuur berus.
Module-inhoud:
In hierdie module word die onderliggende teoretiese dimensies en praktiese beginsels van wetenskaplike sportafrigting geïdentifiseer, gedefinieer en bespreek. Hierdie kennis vorm die basis vir opeenvolgende kennis, vaardigheid en toepassing in sportafrigtingskontekste.
Module-inhoud:
LW: Studente met 'n gevordered kennis van Spaans (bv vlak B1, B2 of hoër) word nie toegelaat om vir hierdie module te registreer nie.
'n Intensiewe inleidende studie van die Spaanse taal wat fokus op die aanleer van basiese kommunikasievaardighede naamlik luister, lees, praat en skryf. Dit bied ook 'n kort inleiding tot die kultuur van Spaansprekende lande. Hierdie module voldoen aan die vereistes vir vlak A vand die "Common European Framework of Reference for Languages".
Module-inhoud:
Taalkundekomponent: Inleiding tot die Afrikaanse taalkunde met klem op lees-en skryfvaardigheid. Letterkundekomponent: Inleiding tot die Afrikaanse en Nederlandse letterkunde aan die hand van kortverhale en gedigte.
Module-inhoud:
Drama- en filmgenres
Hierdie module bied ?n inleiding tot die idee van genre as deel van ?n breër konsep van skepping van ?n narratief/storielyn en storievertelling in beide drama en film. Verskeie genres van drama en film word bekendgestel en bespreek en in verband gebring met die idee van ontluikende identiteite in kontemporêre oordra van stories. Voorgenoemde aspekte word konseptueel bekendgestel en verskaf ?n inleiding tot die lees, interpretasie en betekenisgewing aan verskeie drama- en filmdiskoerse.
Module-inhoud:
*Geen vorige kennis of ondervinding van Duits word vereis vir toelating nie. Studente wat graad 12-Duits geslaag het, word nie toegelaat tot hierdie module nie. ’n Intensiewe inleidende studie van die Duitse taal wat fokus op die aanleer van basiese kommunikasievaardighede naamlik luister, lees, praat en skryf. Dit bied ook ’n kort inleiding tot die kultuur van Duitssprekende lande. Hierdie module voldoen aan die vereistes vir vlak A2 van die “Common European Framework of Reference for Languages”.Module-inhoud:
Inleiding tot studie van die vakgebied Erfenis- en Kultuurtoerisme; oorsig van Suid-Afrikaanse oorde en natuurreservate as ‘n toeristeaantreklikheid binne die breër konteks van erfenis- en kultuurtoerisme. 'n Inleiding tot basiese navorsingsvaardighede in die EFK-domein.
Module-inhoud:
Voortsetting van volledige oorsig van Franse grammatika: verdere ontwikkeling van lees-, skryf-, spraak- en begrip-vermoëns; analise en interpretasie van tekste.Module-inhoud:
Sepedi - kommunikasie en grammatika Die verwerwing van meer gevorderde kommunikasievaardighede binne verdere sosiale situasies. Meer uitgebreide woordeskat en meer gevorderde taalstrukture word aangeleer en gebruik. Die bewustheid van die aard en funksie van taalstrukture word verder verhoog. Skryf- en spelreëls. Woordeboeke en woordeboekgebruik. Lees en begrip van basiese tekste.Module-inhoud:
* Vir sprekers van isiZulu as huistaal of eerste of tweede addisionele taal. Aspekte van die grammatika van isiZulu soos ‘n inleiding tot die woordkategorieë; ‘n inleiding tot die struktuur, betekenis en gebruik van die naamwoord; die adjektief; die relatief; die possessief; die werkwoord; skryf- en spelreëls; woordeboeke en woordeboekgebruik; grammatiese ontledings.Module-inhoud:
The world of religion
What is religion? The functions of religion. Studying religion. Perspectives on religion. Common concepts and key terms in various religions will be dealt with - also generic dimensions and aspects. The interdependence of religion, culture and society.
Module-inhoud:
*Vir sprekers van Setswana as huistaal of eerste of tweede addisionele taal.
Aspekte van die grammatika van Setswana soos ’n inleiding tot die woordkategorieë; ’n inleiding tot die struktuur, betekenis en gebruik van die naamwoord; die adjektief; die relatief; die possessief; die werkwoord; skryf- en spelreëls; woordeboeke en woordeboekgebruik; grammatiese ontledings.
Module-inhoud:
* Hierdie inligting is slegs in Engels beskikbaar.
African and world archaeology
Africa is the home of humanity in both a biological and cultural sense and we have the artefacts and sites to prove it. Topics range from the famous 3 million year-old Australopithecine ‘Lucy’ ancestor found in Ethiopia to the ‘Out of Africa’ dispersal of modern humans, and the emergence of human symbolism, rock art and the emergence of complex societies at society at Lake Chad (Daima) and southern Africa (Mapungubwe and Great Zimbabwe). The main aim is to situate events in Africa in global perspective.
Module-inhoud:
*Geen vorige kennis of ondervinding van Frans word vereis vir toelating nie. Studente wat graad 12-Frans geslaag het, word nie toegelaat tot hierdie module nie. ’n Intensiewe inleidende studie van die Franse taal wat fokus op die aanleer van basiese kommunikasievaardighede naamlik luister, lees, praat en skryf. Dit bied ook ’n kort inleiding tot die kultuur van Franssprekende lande. Hierdie module voldoen aan die vereistes vir vlak A2 van die “Common European Framework of Reference for Languages”.Module-inhoud:
Die ontstaan van die Moderne Wêreld: ’n oorsig ’n Keuse van temas oor Asië, Afrika, die Amerika’s en Europa en hulle bydrae tot die ontstaan van die Moderne Wêreld.Module-inhoud:
'n Algemene oriëntering tot die sielkunde. Inleiding tot verskillende teoretiese benaderings in en die ontwikkeling van die sielkunde as wetenskap word behandel. Geselekteerde temas uit die alledaagse lewe word bespreek en met sielkundige beginsels geïntegreer. Hierdie module fokus ook op sentrale persoonlikheidsteorieë. 'n Inleiding tot verskillende paradigmatiese benaderings in die sielkunde word gegee.
Module-inhoud:
Beelde oor media heen: historiese perspektiewe
Hierdie module bied ? historiese oorsig, vanuit ? spesifieke Afrika-uitgangspunt gesitueer in die globale, van die wyses waarop beelde oor en deur verskillende media heen in visuele kultuur verskyn. Deur kernmodusse, temas, genres en visuele tekste te ontgin, word die wyses ondersoek waarop historiese gebeure en kulturele en ideologiese neigings die visuele beïnvloed. Die volgende temas kan behandel word: die progressie van grafiese en industriële ontwerp vanaf die Industriële Omwenteling, fotografie, kuns, mode, kleredrag, tydskrifte, gedrukte media en poskaarte. Die module bied ook ? inleiding tot die navorsingsbenaderings en -metodes in die veld van visuele kultuur.
Module-inhoud:
Inleiding tot die basiese konsepte en verwantskappe wat nodig is vir insig in die kompleksiteit van natuurlike omgewingsprobleme, fisiese en menslike omgewings, mensgeïnduseerde omgewingsprobleme, die wyses waarop die natuurlike omgewing menslike gemeenskappe en biodiversiteit beïnvloed, oorsig van belangrike omgewingsvraagstukke in Suidelike Afrika en volhoubare ontwikkeling binne hierdie konteks.Module-inhoud:
Hierdie module begin met die begryping van menslike geografie. Daarna word volg die politieke verdeling van ruimte: kulturele diversiteit asook etniese geografie globaal en plaaslik; bevolkingsgeografie van die wêreld en Suid-Afrika; en vier ekonomiese vlakke en ontwikkeling. Die doel is om Suid-Afrika in die wêreld te plaas en die toekoms te verstaan.Module-inhoud:
Griekse grammatika (1) Basiese kenmerke van Hellenistiese Grieks: die skryftekens en uitspraak, die Griekse werkwoord- en naamwoordsisteme, vervoeging en verbuiging, basiese sinsbou en woordeskat. Oefening geskied aan die hand van aangepaste passasies uit die Griekse Nuwe Testament. Deurlopende evaluering sluit klastoetse en tuiswerk-opdragte in. Griekse grammatika (2) Verdere studie van die werkwoord- en naamwoordsisteme van Hellenistiese Grieks, uitbreiding van die basiese woordeskat, asook analise van saamgestelde sinne. Aangepaste passasies uit die Nuwe Testament vorm die basis van die praktiese oefening in akademiese geletterdheid.Module-inhoud:
Griekse grammatika (3) Verdere studie van die werkwoord- en naamwoordsisteme van Hellenistiese Grieks: medium- en passiefvorme, die derde verbuiging, en analise van saamgestelde sinne. Passasies uit die Nuwe Testament vorm steeds die basis van die student se praktiese akademiese geletterdheidsoefeninge. Griekse tekste: Lees en verstaan Lees geselekteerde tekste uit die NT en/of Apostoliese Vaders, met klem op woordontledings, basiese vertaling, gebruik van basiese hulpmiddels (woordeboek, vertalings). Evaluering sluit ook vertaling van onvoorbereide leesstukke uit die betrokke korpusse in.Module-inhoud:
Hebreeuse grammatika (1) Basiese grammatikale beginsels van klassieke Hebreeus: die skryftekens en uitspraak, Hebreeuse oordsoorte, die naamwoord- en werkwoordsisteem, basiese sinsbou en woordeskat. Oefening geskied aan die hand van geselekteerde passasies uit die Hebreeuse Ou Testament. Hebreeuse grammatika (2) Meer gevorderde grammatikale beginsels van klassieke Hebreeus: gebruike van naamwoorde, werkwoorde en partikels; die afgeleide stamformasies van die werkwoord. Passasies uit die Hebreeuse Ou Testament vorm die basis van die praktiese inoefening en akademiese geletterdheid.Module-inhoud:
*Nie vir studente wat Latyn in Gr 12 geslaag het nie Latynse taalkunde en leeswerk (1) en (2) Basiese kenmerke en gebruik van Klassieke Latyn: die Latynse werkwoord en naamwoord (vervoeging en verbuiging respektiewelik), basiese sintaksis, asook woordeskat. Die toepassing van verworwe kennis geskied aan die hand van oefeninge en die lees van aangepaste Latynse leesstukke met die nodige sosiale, politieke en historiese agtergrond. Voortsetting van vormleer en sintaksis. Uitbreiding van die basiese woordeskat. Aangepaste Latynse leesstukke vorm steeds die basis van die verwerwing van akademiese geletterdheid en leesvermoë.Module-inhoud:
Deel 1: Ontwikkelingsgerigte maatskaplike werk Die oorsprong en aard van maatskaplike welsyn en maatskaplike werk vanuit ‘n nasionale en internasionale perspektief. Sosio-ekonomiese probleme, teikengroepe, spesialiteitsterreine, intervensievlakke (individuele, gesins-, groep- en gemeenskapsvlak), diensverskaffers en rolspelers in die Suid-Afrikaanse konteks. Ontwikkelingsgerigte maatskaplike welsyn; die beginsels, waardes, doel en funksies van maatskaplike werk in ’n ontwikkelingsgerigte perspektief. Kultureel-sensitiewe maatskaplikewerkpraktyk. Deel 2: Maatskaplikewerkintervensie: Gemeenskap Aard en kenmerke van maatskaplikewerkintervensie met gemeenskappe; verkenning van die komponente van gemeenskappe en gemeenskapswerk; die waarde van die ekosistemiese teorie in gemeenskapswerk; samestelling van ’n gemeenskapsprofiel en die beginsels van maatskaplikewerkdienste aan gemeenskappe om gemeenskapsdeelname te bevorder. Deel 2: Maatskaplikewerkintervensie: Gemeenskap Aard en kenmerke van maatskaplikewerkintervensie met gemeenskappe; verkenning van die komponente van gemeenskappe en gemeenskapswerk; die waarde van die ekosistemiese en sterkteperspektief teorie in gemeenskaps¬werk; samestelling van ’n gemeenskapsprofiel en die beginsels van maatskaplikewerkdienste aan gemeenskappe om gemeenskapsmobilisering en -deelname te bevorder.Module-inhoud:
Deel 1: Maatskaplikewerkintervensie: Individu en groep Kenmerkende eienskappe van die helpende verhouding; die kommunikasieproses; basiese interpersoonlike vaardighede en eksploreringsvaardighede in maatskaplikewerkintervensie met individue. Verskillende tipes groepe; groepsdinamika; leierskap en basiese vaardighede vir groepleiers in maatskaplikewerkintervensie met groepe. Deel 2: Gesinsontwikkeling en -begeleiding Gesinne: Die lewensiklus van die gesin, take en gedrag van die lede van die gesin. Die fokus is op die sosiale, ekonomiese, godsdienstige en kulturele diversiteit van gesinne en oorsake vir gesinsontwrigting.Module-inhoud:
Hierdie module is ‘n inleiding ten opsigte van ‘n basiese kennis en begrip van die biologiese basis van menslike gedrag. Die module behels die kernkonsepte en terminologie wat met die biologiese subsisteem verband hou, die reëls en beginsels onderliggend aan biologiese sielkunde en die identifisering van verwantskappe tussen verskillende biologiese sisteme en subsisteme. Verskillende kognitiewe prosesse word bestudeer insluitend persepsie, geheue, denke, intelligensie en kreatiwiteit. Verskeie denkprosesse, soos probleemoplossende, krities-analitiese en integrerende denke word geillustreer.Module-inhoud:
Deel 1: Die individu en die samelewing
'n Inleiding tot sosiologie en die klassike sosiologiese paradigma en die beginsels van die sosiologiese navorsingsmetodes.
Deel 2: Die totstandkoming van die Suid-Afrikaanse orde
Hierdie afdeling ondersoek sleutelfaktore wat tot die totstandkoming en vorming van die kontemporêre Suid-Afrikaanse sosiale orde aanleiding gegee het en skenk oorweging aan die sosiologiese implikasies hiervan. Studente word bekendgestel aan die politieke ekonomie van Suid-Afrika, met klem op die aard van die Suid-Afrikaanse industrialiseringsproses, proletariaatvorming, en die instelling van die trekarbeidstelsel. Hierbenewens word die rassestaat, die fondamente van hierdie staat se sosiale projek, sowel as die ruimtelike vorm van Suid-Afrika se 20ste-eeuse rassemoderniteit onder die loep geneem.
Module-inhoud:
’n Inleiding tot die klimaat en algemene seisoenale sirkulasiepatrone van Suider-Afrika. Basiese weertipes en weerprosesse binne die konteks van Suider-Afrika. Interpretasie van sinoptiese kaarte en sinoptiesestasieverslae. Impak van klimaatsverandering en klimaatsuiterstes op die samelewing.
*BSc (Geografie)-studente en BSc (Omgewingswetenskappe)-studente mag registreer vir WKD 155. Studente word nie toegelaat om krediete te verdien vir WKD 155 en WKD 164 nie.
Module-inhoud:
*Hierdie module is slegs vir absolute beginners *Slegs studente in die Skool vir Gesondheidsorgwetenskappe mag hierdie module gedurende semester 2 neem. Alle ander studente moet hierdie module gedurende semester 1 neem. Studente in die Skool vir Gesondheidsorgwetenskappe wat reeds oor die taalvaardighede beskik wat in hierdie module onderrig word, mag ‘n vrystellingseksamen aflê. Basiese kommunikatiewe vaardighede in isiZulu waarin alledaagse uitdrukkings en gepaste woordeskat met hoë gebruiksfrekwensie figureer, binne bepaalde sosiale situasies.Module-inhoud:
In hierdie module word studente gelei om kennis, vaardighede en gesindhede te ontwikkel aangaande die komplekse politieke, professionele, historiese en kulturele aspekte van onderwys. Geselekteerde temas rakende die Suid-Afrikaanse onderwys word bestudeer sodat studente krities kan besin oor hulle rol as betrokke, professionele opvoeders in die hedendaagse onderwys.Module-inhoud:
Hierdie module fokus op kinder-ontwikkeling en leer. Benewens die onderliggende beginsels van ontwikkeling-sielkunde en ontwikkelingsteorieë, word kinderontwikkeling bespreek in terme van fisieke groei en motoriese ontwikkeling; perseptuele, kognitiewe en taalontwikkeling; emosionele ontwikkeling; sosiale ontwikkeling en morele ontwikkeling. ‘n Inleiding tot patologie in ontwikkeling word ook verskaf. Wat leer betref, fokus die module op die beginsels van leer, leerteorieë en hindernisse tot leer. Hierbenewens word skoolleer bespreek in terme van leer, lees en studievaardighede.Module-inhoud:
Grondbeginsels van visuele kultuur Hierdie module dien as ‘n inleiding tot kuns en visuelekultuurteorie deur na ‘n verskeidenheid tekste en idees te verwys. Die module bied aan studente ‘n wye blootstelling aan visuele diskoerse en sluit ‘n verskeidenheid visuele voorbeelde in bv kunswerke en advertensies. Die diskoerse waarna verwys word mag die volgende insluit: die ondersoek na wat visuele kultuur is; modusse van analise; inleiding tot terme soos ideologie en mite; die kontekstuele bekendstelling van geselekteerde periodes in die geskiedenis; die inleiding tot kulturele ikone en temas vanuit populêre visuele kultuur.Module-inhoud:
*Hierdie inligting is slegs in Engels beskikbaar.
This module offers an intensive study of the Portuguese language focusing on the acquisition of basic communication skills: listening. reading, speaking and writing. It also offers a brief introduction to Lusophone culture. This module complies with the requirements for level A set by the "Common European Framework of Reference for Languages".
Module-inhoud:
Hierdie module verskaf die onderbou tot die teoretiese konsepte van vryetyd en rekreasie in samelewings. Grondslae van vryetye en rekreasie, multidimensionele voorsieningsisteme en diverse areas van rekreasie word geïdentifiseer, gekarakteriseer en bespreek in 'n moderne konteks. Die invloed, potensiaal en moontlikhede van rekreasiedienslewering in die samelewing word geïdentifiseer en prakties geïllustreer. In hierdie module verwerf studente 'n geakkrediteerde rekreasieleier-sertifikaat as basis vir opvolgende gemeenskapsbetrokkenheid en akademiese diensleer.
Module-inhoud:
Plaaslike kontekste, globale kwessies Hierdie module bou voort op die inleidende etnografiese en teoretiese temas bevat in APL 110 terwyl spesifieke vrae gevra word oor hoe ons die verhouding tussen die plaaslike en globale, die inheemse en universele, die publieke en private, en die werklike en moontlike kan konseptualiseer.Module-inhoud:
Setswana - kommunikasie en grammatika
Die verwerwing van meer gevorderde kommunikasievaardighede binne verdere sosiale situasies. Meer uitgebreide woordeskat en meer gevorderde taalstrukture word aangeleer en gebruik. Die bewustheid van die aard en funksie van taalstrukture word verder verhoog. Skryf- en spelreëls. Woordeboeke en woordeboekgebruik. Lees en begrip van basiese tekste.
Module-inhoud:
*Hierdie inligting is slegs in Engels beskikbaar.
This module involves the continuation of the comprehensive review of Portuguese grammar begun in PTG 113 and further development of reading, writing, speaking and understanding skills as well as the analysis and interpretation of texts. This module offers an introduction to Portuguese literature from Portugal, Africa and Latin America.
Module-inhoud:
In hierdie module ondersoek die student die verskil tussen sport- en rekreasiebestuur en leierskap en die toepassing in rekreasie en sport. Geselekteerde klassieke en moderne bestuurs- en leierskapteorieë word geïdentifiseer, beskryf en vergelyk in sport- en rekreasiekonteks. Studente word begelei om gepaste leierskapstyle en vaardighede te selekteer en toe te pas in die multikulturele sport- en rekreasiewerklikheid van Suid-Afrika. Fokus word geplaas op die ontwikkeling van leierskapsvaardighede deur sport en rekreasie. Hierdie module vestig leierskapsvaardighede en -selfvertroue vir praktiese gemeenskapsbetrokkenheid in latere modules.
Module-inhoud:
Hierdie module bou voort op die fundamentele beginsels van sportafrigting. Fokus word geplaas op die praktiese vergestalting van die prosesse en tegnieke van leer en onderrig in 'n sportparadigma. Metodologiese tegnieke soos geïmplementeer deur die sportafrigter in die onderrig en leer van sportvaardighede word geïdentifiseer en bespreek. Die oorkoepelende fokus is op die integrasie van onderrig en leer in die praktiese uitvoering van sportvaardighede. In hierdie module kry die student geleentheid om 'n Vlak 0/1 Sportafrigting-sertifikaat in 'n sportsoort van eie keuse te verwerf.
Module-inhoud:
In hierdie module word die rol en funksie van sport as sosiale fenomeen bespreek. Kontemporêre kwessies en polemiek in sport in die samelewing word geïdentifiseer en bespreek om die student in staat te stel om diskoerse in die geglobaliseerde wêreld van sport te herken en bydraes te lewer.
Module-inhoud:
In hierdie module word die basiese beginsels van die sielkunde van sport, oefening en prestasie bekendgestel as platform vir opeenvolgiende modules. Die fundamentele beginsels van motivering, aktivering, aandag, persoonlikheid en aggressie en die rol daarvan in sport, oefening en prestasie word geïdentifiseer, omskryf en bespreek in diverse sportkontekste.
Module-inhoud:
Hierdie module is 'n inleiding en bekendstelling van die basiese beginsels, dinamika en vaardighede in die sielkunde van sportafrigting. Die module identifiseer en verduidelik die verskillende rolle van die afrigter as leier, motiveerder, fasiliteerder en kommunikeerder vanuit 'n psigologiese perspektief. Hierdie module herken en verduidelik die sielkundige beginsels wat die ontwikkeling van kinders deur deelname aan sport en afrigting eksploreer en onderlê. Die groeibeginsels sal met die verskillende lewensfases geïntegreer word.
Module-inhoud:
’n Inleiding tot die bestudering van die georganiseerde politieke samelewing op nasionale en internasionale vlak, met spesifieke verwysing na politieke konsepte, benaderings en metodes. Die klem val op die staat en regeerkunde as ontledingsraamwerke inaggenome die belangrikste veranderinge wat deur globalisering veroorsaak word op nasionale en internasionale vlak. Aandag word geskenk aan die verwante dinamika van regime-ontwikkeling, prestasie en verandering op nasionale en internasionale vlak in die lig van toenemende uitdagings aan nasionale soewereiniteit van binne en buite die staat in ’n konteks van ’n groeiende globale agenda wat transnasionale aspekte hanteer soos die omgewing, menseregte, ontwikkeling en humanitêre intervensie.
Module-inhoud:
*Hierdie inligting is slegs in Engels beskikbaar.
An introduction to the ancient world II: the Greek and Roman worlds
Various facets of the ancient Greek and Roman cultures are dealt with in broad outline. Examples that are dealt with can include the following, namely geography, worldview, history, literature, daily life, customs, values, religion and mythology. These classical societies are investigated from their origin Before the Common Era into the Common Era.
Module-inhoud:
Afrika en Suid-Afrika: ‘n oorsig 'n Oorsig met die fokus op die vorming van Afrika- en Suid-Afrikaanse samelewings van die vroegste tye tot die hede, met die klem op die mees betekenisvolle kragte, faktore en gebeure.Module-inhoud:
Deel 1: Fundamentele kriminologie
Inleiding tot die kriminologie, omskrywing van misdaad, misdaadtendense, klassieke en positivistiese verklarings van misdaad.
Deel 2: Geweldsmisdaad
‘n Kort analise van oorsake, gevolge en meganismes ter voorkoming en vermindering van geweldsmisdaad in ‘n Suid-Afrikaanse konteks. Omskrywing van geweldsmisdaad in terme van interpersoonlike geweld, moord, geweldsmisdaad binne die kriminele regsplegingstelsel en eiendomsverwante geweldsmisdaad.
Module-inhoud:
*Vir sprekers van isiNdebele as huistaal of eerste of tweede addisionele taal. Aspekte van die grammatika van isiNdebele soos ‘n inleiding tot die woordkategorieë; ‘n inleiding tot die struktuur, betekenis en gebruik van die naamwoord; die adjektief; die relatief; die possessief; die werkwoord; skryf- en spelreëls; woordeboeke en woordeboekgebruik; grammatiese ontledings.Module-inhoud:
*Hierdie inligting is slegs in Engels beskikbaar.
This module involves a comprehensive review of Portuguese grammar, the development of reading, writing, speaking and understanding skills and the analysis and interpretation of texts.
Module-inhoud:
Grondige hersiening van Duitse grammatika: ontwikkeling van lees-, skryf-, praat- en begripsvaardighede. Analise en interpretasie van tekste.Module-inhoud:
Argeotoerisme Ontleding van toeriste- en ander besoeke aan argeologiese terreine. Onderwerpe sluit in internasionale en plaaslike wetgewing, etiek en bestepraktykdebatte oor wie die verlede interpreteer, wie dit ’besit’ en wie ’n profyt daaruit maak. Sluit ook terreinbestuursplanne in, kondisievasstellings en die inagneming van politiese en etiese vereistes aangaande ‘erfenis’. Gevallestudies sluit UNESCO Wêreld Erfenisterreine in asook klein amper vergete ‘plekke uit die verlede’ wat dwarsoor die wêreld voorkom.Module-inhoud:
Inleiding tot die Filosofie Die twee semestermodules in die eerste jaar bied studente ? inleiding tot die vier hoof- onderafdelings van Filosofie, te wete epistemologie, metafisika, etiek, en politieke filosofie. Hierdie module bied ’n inleiding tot twee van hierdie onderafdelings. Studente moet die Departement Filosofie kontak om vas te stel watter twee onderafdelings in watter semester aangebied word, aangesien die keuse mag wissel van tyd tot tyd op grond van beskikbaarheid van onderrigpersoneel. Studente sal bekendgestel word aan die aard van filosofiese nadenke deur ’n aantal klassieke filosofiese temas in elke onderafdeling te ondersoek. Regdeur die module word daar aandag gegee aan die ontwikkeling van daardie kritiese denk-, lees- en skryfvaardighede wat in die Filosofie vereis word, terwyl studente bekendgestel word aan die krag van kritiek as onderskeidingsvermoë en oordeelkundigheid.Module-inhoud:
Volledige oorsig van Franse grammatika; ontwikkeling van lees-, skryf-, spraak- en begrips-vermoëns; .analise en interpretasie van tekste.Module-inhoud:
Deel 1: Penologie In die Penologie word aandag aan die strafregsplegingstelsel as sisteem gegee ten einde die belangrikheid van ’n geïntegreerde benadering tot oortrederhantering te benadruk. Die impak van oorbevolking in gevangenisse word krities in oënskou geneem. Verder word aandag aan die probleme rakende verhoorafwagtende oortreders asook die belang van gemeenskapsgebaseerde vonnisse en die herintegrasie van oortreders in die gemeenskap gegee. Deel 2: Misdaadvoorkoming en -beheer Verantwoordelikhede van die polisie en gemeenskap by misdaadvoorkoming en -beheer. Primêre, sekondêre en tersiêre misdaadvoorkoming, misdaadvoorkoming en -vermindering in Suid-Afrika.Module-inhoud:
*Geen vorige kennis van Spaans word vereis nie. Let Wel: Studente met ’n gevorderde kennis van Spaans (bv vlak B1, B2 of hoër) word nie toegelaat om vir hierdie module te registreer nie.
’n Inleidende studie van die Spaanse taal wat fokus op die aanleer van basiese kommunikasievaardighede naamlik luister, lees, praat en skryf. Dit bied ook ’n kort inleiding tot die kultuur van Spaanssprekende lande. Hierdie module voldoen aan die vereistes vir vlak A van die “Common European Framework of Reference for Languages”.
Module-inhoud:
Kaleidoscope of religions
The occurrence of religion in societies. Types of religion. Primal religions. Christianity, Judaism, Islam. A variety of religions will be addressed: capita selecta will be made from Christianity; Hinduism; Buddhism; New Religions; New Age; main developments in the world and South Africa.
Minimum krediete: 120
Kern/Keusemodules
Kies enige 3 van die 4 dissiplines wat in die eerste jaar geneem is en doen 2 semestermodules uit elk van dié dissiplines.
Module-inhoud:
Seks, gender en genesing Hierdie module verken seks, seksualiteit, gender, ongesondheid en genesing. Dit behels 'n ontleding van die wyses waarop hierdie begrippe binne uiteenlopende sosiale kontekste verstaan word en hoe antropoloë dit in die hedendaagse samelewing bestudeer.Module-inhoud:
Historiese modaliteite van Westerse Optrede
Die module ondersoek die sosio-politiese kontekste van die Westerse Klassieke- en Renaissance-teater met die fokus op gewelddadigheid in teatermatige opvoerings gedurende die tydperk van Verligting.
A & B: Vir studente wat voor 2014 vir die Drama-program ingeskryf het, asook vir studente wat in 2016 vir die eerste keer vir die program registreer.
Module-inhoud:
Fisiese prosesse wat die aardoppervlak en die bestuur daarvan beïnvloed. Spesifieke prosesse en hul interaksie in temas soos verwering, gronderosie, massabewegingsprosesse en fluviale prosesse. Praktiese laboratorium oefeninge sal gebaseer word op die temas wat tydens die teorie komponent behandel sal wordModule-inhoud:
Deel 1: Viktimologie
Omvang van viktimologie, kontemporêre knelpunte in viktimologie, posisie van die slagoffer binne die strafregsplegingsisteem, slagoffergebaseerde wetgewing, herstellende geregtigheid.
Deel 2: Politieke misdrywe
Die staat as oortreder, misdaad teen die staat, formele en informele onderdrukking, onluste, terrorisme, sluipmoord, hoogverraad, seksuele geweld tydens oorloë en kinders in georganiseerde geweld en konflik.
Module-inhoud:
Die onderskeid tussen literêre en “populêre” of “genre”-fiksie. Literêre “formules” en topverkopers. Verskeie benaderings tot die bestudering van populêre fiksie (sosiologiese, psigologiese, “kultuurstudie-” en teksgebaseerde benaderings).
Die fokus val op die studie van verskeie literêre “tipes” of “formules”: Avontuur, Romanse, Misterie, Wetenskapfiksie, ens, as formuleagtige artistieke konstruksies wat geskep is met die doel om te vermaak, teen die agtergrond van groter sosiopolitieke omstandighede.
Module-inhoud:
Deel 1: Mite, simbole en ander verskynsels Godsdiens in diakroniese en fenomenologiese perspektief; Kosmologieë en teologieë; Mite en narratief; Ritueel; Spiritualiteit; Ampte; Simboliek en kommunikasie. Die module sal primêr fokus op mitiese motiewe en gedagtepatrone in die Ou en Nuwe Testamente. Deur middel van 'n capita selecta sal die gekose tekste geanaliseer word binne die tydsraamwerk en wêreldbeskerming van hul eie oorsprong. Deel 2: Antieke godsdienste Die inhoud, aard en invloed van godsdienste in die Antieke Nabye Ooste en Mediterreense wêrelde sal bestudeer word: bv. Egipte, Kanaän, Mesopotamië, Griekeland, ens. ('n Seleksie sal elke jaar gemaak word.)Module-inhoud:
Deel 1: Godsdiens en etiek Bronne van etiese besluitneming. Vergelykende oorsig van belangrike etiese beginsels. Godsdiens en etiek rakende: Politiek, Ekonomie, Geregtigheid, Menseregte, vryheid en verantwoordelikheid, Samelewing, Seksualiteit, ens. Deel 2: Lewensaspekte uit Afrika Die doel van hierdie module is om die student bekend te stel met lewensaspekte rakende die gemeenskapslewe van Afrika. Die rol van vroue in die gemeenskap. Die rol en funksie van musiek as godsdienstige ervaring. Perspektiewe op tyd vanuit 'n godsdienstige oogpunt. Aspekte aangaande boosheid. Perspektiewe op persoonlike en gemeenskapsverhoudings soos gesien vanuit godsdienstige tekste. Inlywingsrites, rituele en godsdiens. Stamvaders, voorouers en aanbidding.Module-inhoud:
Deel 1: Demografie, gesondheid en die samelewing
Hierdie afdeling ondersoek die dinamiese interaksie tussen demografie en gesondheid aan die hand van Suid-Afrikaanse en internasionale gevallestudies. Die betekenisvolle toename in die wêreldbevolking gedurende die vorige eeu vermeervoudig die sleuteluitdagings wat kontemporêre samelewings in die gesig staar. Die wisselwerking tussen demografiese prosesse, soos morbiditeit, mortaliteit, fertiliteit en mobiliteit, het ’n impak op die grootte van ’n bevolking. Net so word hierdie faktore weer tot ’n redelike mate deur die struktuur sowel as die kulturele konteks van ’n samelewing gevorm. Sentraal tot hierdie proses is besorgdhede oor gesondheid en siekte.
Deel 2: Kultuursosiologie
Hierdie afdeling ondersoek temas in kultuursosiologie met ’n fokus op die wyses waarop individue sowel as kollektiewe groeperinge in die alledaagse lewe betekenis konstrueer. Die wisselwerking tussen kultuur en institusionele vorme sowel as sosiale strukture kom ook onder die loep. Studente sal aan die werk van sleuteldenkers in die veld bekendgestel word en kry die geleentheid om ’n onafhanklike essay oor ’n tema in kultuursosiologie te skryf.
Module-inhoud:
Hierdie module fokus op die verdere ontwikkeling van kommunikasievaardighede met spesifieke beklemtoning van ontvangsaktiwiteite van die taal, naamlik luister en lees. Spesiale aandag word verleen aan kritiese aspekte van Spaanse grammatika. Kort fiktiewe en nie-fiktiewe tekste word gebruik vir begrip asook om kulturele aspekte van Spaanssprekende lande te demonstreer. Hierdie module voldoen aan die vereistes vir vlak B1.1 van die “Common European Framework of Reference for Languages”.
Module-inhoud:
Politieke dinamika (Makro)
’n Teoretiese begronding en raamwerk word gebied vir die beskrywing, ontleding en klassifikasie van politieke en beleidvraagstukke. Die klem is op die aard van die staat, regeerkunde en konflik in Afrika. Onder andere word ’n studie gemaak van die vraagstukke van kolonialisme en post-kolonialisme, demokratisering, outoritarisme en die ontwikkeling van die staat in Afrika, in die konteks van ’n globaliserende wêreld.
Module-inhoud:
*Hierdie inligting is slegs in Engels beskikbaar.
This module continues with the development of communicative skills in Portuguese. Special attention is given to the comprehension of written texts, spoken and audio-visual inputs. This module complies with the requirements for level B1.2 set by the "Common European Framework of Reference for Languages".
Module-inhoud:
Afrikaanse prosa Literatuurteorie en -kritiekModule-inhoud:
Realisme en kontemporêre Suid-Afrikaanse optrede
Beginsels van naturalisme en realisme word ondersoek in verhouding tot dramatekste en opvoerwaarde in beide drama en film. Maniere waarop dramatiese realisme na vore tree en op historiese perspektiewe sedert die tydperk van die Verligting reflekteer, sal behandel word. Teen hierdie agtergrond word die konsep van „realisme? ondersoek in verhouding tot opvoertekste en -waardes in die opkoms van ?n interdissiplinêre raamwerk van optredestudies. Maniere waarop dramatise realisme na vore kom en op historiese perspektiewe reflekteer, sal aangebied en bespreek word om sodoende die verhouding tussen realisme en kontemporêre Suid-Afrikaanse optrede uit te lig.
A & B: Vir studente wat voor 2014 vir die Drama-program ingeskryf het, asook vir studente wat in 2016 vir die eerste keer vir die program registreer.
Module-inhoud:
* GIS 221 verskaf nie toelating tot enige module op 300 vlak nie.
Inleiding tot Geografiese Inligtingstelsels (GIS), teoretiese konsepte en toepassings van GIS. Die klem val op die GIS-proses van datavaslegging, data-analise, data-uitsette en gepaardgaande tegnologie. Hierdie module leer studente hoe om GIS as’n hulpmiddel te gebruik.
Module-inhoud:
Latynse literatuurstudie, taalkunde en geskiedenis (1) en (2) ‘n Seleksie uit die Latynse letterkunde, regs- en patristiese literatuur, Latynse taalkunde. ‘n Inleiding tot die Romeinse geskiedenis 'n Seleksie uit die Latynse letterkunde, verteenwoordigend van sowel prosa as poësie. Latynse taalkunde. Romeinse geskiedenis en konstitusie.Module-inhoud:
Deel 1: Die sosiologie van werk: globalisasie
Die huidige proses van globalisering op ’n wêreldwye skaal het ’n impak op prosesse wat met verandering en ekonomiese ontwikkeling verband hou Hierdie module bespreek prosesse en debatte oor ekonomiese globalisaring en die globale dominansie van finansiële kapitaal in die laat 20ste en vroeë 21ste eeu. Studente kry die geleentheid om kontemporêre debatte wat met hierdie aangeleenthede verband hou te hersien.
Deel 2: Gender, die gesin en huishoudings
Hierdie afdeling fokus op kwessies en teorieë wat betrekking het op ons begrip van huishoudings, gesinne en gender. Dit spreek aangeleenthde soos die dinamiek van gesinstrukture, armoede, die oorlewingstrategieë van arm huishoudings, gendergebaseerde geweld en die maniere waarop die voorafgaande die gesinslewe en -vorme, sowel as kinders en jeugdiges in die besonder, beïnvloed. Klem word daarop geplaas om hierdie kwessies binne ’n Suider-Afrikaanse konteks te ondersoek.
Module-inhoud:
Hierdie module is ’n voortsetting van die ontwikkeling van kommunikasievaardighede van die taal. Spesiale aandag word verleen aan die begrip van nie-fiktiewe en literêre geskrewe tekste en mondeling asook oudiovisuele insette en die gebruik van Duits in mondelinge en skriftelike produksie. Hierdie module voldoen aan die vereistes vir vlak B1.2 van die “Common European Framework of Reference for Languages”.Module-inhoud:
Visuele (Post)kolonialismes Hierdie module ondersoek aspekte van ‘n Afrika identiteit, Afrosentrisme, multi¬kulturalisme, transnasionalisme en die Afrika diaspora, asook ‘n toeligting van die kruispunte tussen tradisionele kuns, toerisme kuns en die hibriede estetika van kontemporêre Afrika kuns en visuele kultuur. Die module konsentreer ook op die ideologieë van imperialisme en kolonialisme en die invloede daarvan op kuns en visuele kultuur vanaf die negentiende eeu. Die invloed van postkoloniale denke op die dekonstruksie van die koloniale word o.a. deur die landskap en geheue, die eksotiese en Primitivisme uitgelig.Module-inhoud:
Die benutting van SA kultuurhistoriese erfenis vir toerisme
Herinnering en herdenking en die gebruik daarvan in die toerismebedryf. Inleiding tot die historiese-konstitutionele ontwikkeling van Suid-Afrika en tot intergroepverhoudinge in die land in die konteks van die erfenis- en toerismesektor. 'n Inleiding tot veldnavorsing in die EFK-domein.
Module-inhoud:
*Hierdie inligting is slegs in Engels beskikbaar.
*Alternative evening classes - 3 discussion classes per week
Twentieth-century, postcolonial and contemporary literature
This module focuses on post-nineteenth century literature in English. Various genres are covered and particular attention is given to postcolonial writing.
Module-inhoud:
Griekse poësie – teksanalise Basiese teorie van poëtiese teksanalise en toepassing daarvan op geselekteerde NT-tekste en verwante poësietekste. Griekse tekste – holistiese analise Studente word begelei om selfstandig gekose Griekse tekste te lees en te analiseer deur die toepassing van al die kennis en vaardighede wat in GRK-modules op jaarvlak 1 asook in GRK 210 en 220 verwerf is.Module-inhoud:
Buitelandse beleid en diplomasie
’n Kort inleiding tot die studie van buitelandse beleid word gevolg deur ’n verduideliking van die gebruik van die vergelykende metode en ’n raamwerk vir die analise en evaluasie van buitelandse beleid. Dit bied ’n vergelykende studie van die buitelandse beleid van geselekteerde state van die belangrikste streke van die wêreld, waaronder die buitelandse beleid van Suid-Afrika. In elke gevallestudie word die beleidsomgewing, die formulering- en implementeringsprosesse, asook die inhoud van die spesifieke staat se buitelandse beleid gedek. Daarna vernou die fokus na diplomasie: die oudste, mees veelsydige en universeel gebruikte instrument van buitelandse beleid. Die aard, geskiedenis, tipes diplomasie en regsraamwerk van hierdie instelling word ondersoek. Voorbeelde uit die globale praktyk word gebruik, met spesifieke oorweging van die evolusie van diplomatieke praktyk in die Afrika en Suid-Afrikaanse konteks.
Module-inhoud:
Sepedi - kommunikasie, grammatika, lees en skryf. Die verdere verwerwing van gevorderde kommunikasievaardighede binne verdere sosiale, beroepsgerigte en opvoedkundige situasies. Meer uitgebreide woordeskat en gevorderde taalstrukture word aangeleer en gebruik. Die bewustheid van die aard en funksie van taalstrukture word nog verder verhoog. Voortsetting van die skryf van samehangende, idiomatiese en grammaties korrekte tekste om idees en informasie oor te dra vir ‘n verskeidenheid kommunikatiewe doeleindes. Inleiding tot die Sepedi klankleer / fonetiek. Lees en begrip van tekste wat ‘n meer uitgebreide woordeskat en groter verskeidenheid taalstrukture bevat. Die lees van verdere literêre werke.Module-inhoud:
Hierdie module is ’n voortsetting van die ontwikkeling van kommunikasievaardighede van die taal. Spesiale aandag word verleen aan die begrip van geskrewe tekste, mondelinge asook oudiovisuele insette. Hierdie module voldoen aan die vereistes vir vlak B1.2 van die “Common European Framework of Reference for Languages”.Module-inhoud:
isiZulu - kommunikasie en grammatika Die verwerwing van gevorderde kommunikasievaardighede binne verdere sosiale, beroepsgerigte en opvoedkundige situasies. Meer uitgebreide woordeskat en gevorderde taalstrukture word aangeleer en gebruik. Die bewustheid van die aard en funksie van taalstrukture word verhoog. isiZulu - lees en skryf Die skryf van samehangende, idiomatiese en grammaties korrekte tekste om bepaalde idees en informasie oor te dra vir ‘n aantal geselekteerde kommunikatiewe doeleindes. Skryfwerk sluit sowel kreatiewe as reproduktiewe skryfaktiwiteite in. Lees en begrip van tekste wat ‘n redelik uitgebreide woordeskat en redelik groot verskeidenheid taalstrukture bevat. ‘n Aanvang word gemaak met die lees van relatief eenvoudige literêre werke. Studente word ook verder opgelei in die gebruik van die woordeboek.Module-inhoud:
‘n Verstedelikende wêreld. Stedelike struktuur en grondgebruike. Stedelike prosesse. Die stedelike omgewing. Sosiale struktuur en verandering in stede. Leefstyl in stede. Ekonomie, samelewing en politiek in stede. Derde-wêreld stede en Suid-Afrikaanse stede. Toekoms van stede.Module-inhoud:
isiZulu - kommunikasie, grammatika, lees en skryf Die verdere verwerwing van gevorderde kommunikasievaardighede binne verdere sosiale, beroepsgerigte en opvoedkundige situasies. Meer uitgebreide woordeskat en gevorderde taalstrukture word aangeleer en gebruik. Die bewustheid van die aard en funksie van taalstrukture word nog verder verhoog. Voortsetting van die skryf van samehangende, idiomatiese en grammaties korrekte tekste om idees en informasie oor te dra vir ‘n verskeidenheid kommunikatiewe doeleindes. Inleiding tot die isiZulu- klankleer/fonetiek. Lees en begrip van tekste wat ‘n meer uitgebreide woordeskat en groter verskeidenheid taalstrukture bevat. Die lees van verdere literêre werke.Module-inhoud:
Aspekte van die grammatika van isiZulu soos ‘n voortsetting van die studie van die woordkategorieë; grammatiese ontledings; die struktuur, betekenis en gebruik van die voornaamwoord en die enumeratief; ‘n inleiding tot die isiZulu-klankleer/fonetiek.Module-inhoud:
* Hierdie inligting is slegs in Engels beskikbaar.
*Compulsory veld school, usually in September.
Archaeological field methods and interpretation
Introduction to the history and application of key field techniques such as research design, field survey, mapping, GPS and GIS, Total Station, compass work, photography, excavation, rock art recording, basic curation of artefacts, data management- and heritage legislation. Practical instruction in artefact cleaning, curation, meta-data capture and exhibition.
Module-inhoud:
Geskiedenis van die moderne filosofie I en II
’n Oorsig van die geskiedenis van die moderne filosofie. Die volgende is voorbeelde van temas wat behandel kan word: Die Renaissance, die Wetenskaplike Rewolusie, die grondslae van die moderne wêreldbeskouing (in teenstelling tot die premoderne), die Europese Verligting, die Romantiek, die Duitse Idealisme (Kant, Hegel), Marx en die Marxisme, Kierkegaard en die eksistensialisme, die filosofie van Nietzsche. ’n Seleksie van kontemporêre kritiese antwoorde op moderne filosofie kan ondersoek word; dit sou byvoorbeeld die volgende kon insluit: Afrikafilosofie, analitiese (Anglo-Amerikaanse) filosofie, postmodernisme, neo-Marxisme, ens.
Module-inhoud:
Temas uit Afrikageskiedenis 'n Seleksie van temas uit die geskiedenis van Afrika en haar mense gedurende pre-koloniale, koloniale en postkoloniale tye, met die fokus op sosiale, politieke en ekonomiese kragte wat die historiese ervaring van Afrika help vorm het.Module-inhoud:
Internasonale teorie en organisasie
Wat veroorsaak oorlog en vrede? Is internasionale orde en geregtigheid versoenbaar? Is die internasionale struktuur belangrik? Die antwoorde word bepaal deur die teoretiese lense waardeur wêreldpolitiek beskou word. ’n Oorsig word gebied van die mededingende teoretiese perspektiewe van internasionale verhoudinge. Dit sluit hoofstroom en alternatiewe perspektiewe in, asook die onderliggende denke, teorieë en variasies van elk. Hierdie teorieë bied verskillende benaderings tot globale vrede, waaronder vrede deur internasionale organisasie. ’n Breedvoerige ontleding word gemaak van geselekteerde internasionale organisasies met ’n universele of streeksomvang, soos die Verenigde Nasies, die Afrika-unie en die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap, en van internasionale reg wat hierdie organisasies en hul aktiwiteite begrond.
Module-inhoud:
Hierdie module fokus op die verdere ontwikkeling van kommunikasievaardighede met spesifieke beklemtoning van ontvangsaktiwiteite van die taal, naamlik luister en lees. Spesiale aandag word verleen aan kritiese aspekte van Franse grammatika. Kort fiktiewe en nie-fiktiewe tekste word gebruik vir begrip asook om kulturele aspekte van Franssprekende lande te demonstreer. Hierdie module voldoen aan die vereistes vir vlak B1.1 van die “Common European Framework of Reference for Languages”.Module-inhoud:
Gender, seksualiteit en visuele voorstelling Hierdie module bied ‘n inleiding tot die uitbeelding van seks, gender en seksualiteit in visuele kultuur. Gender teorieë en terminologie wat verband hou met feminisme, manlikheid studies en lbgtq teorieë (lesbiese, biseksueel, homoseksueel, transgenderisme, queer) word ondersoek. Temas en brandpunte rakende gender en identiteitspolitiek soos die figuur van die manlike held, die vroulike naak in die laat 19de eeuse kuns, die femme fatale, histerie, androginie en transseksualiteit word hanteer. Seksualiteit en gender in ‘n wye verskeidenheid van visuele kultuur uitbeeldings soos sepies, sitcoms, kunswerke, advertensies, mode, musiekvideos en films word belig.Module-inhoud:
Kurrikulum in die klaskamer: Hierdie module spreek vier komponente aan wat direk met onderrig en leer in die klaskamer verband hou. Die eerste eenheid handel oor die begronding van die kurrikulum en dek werk gedoen deur Rousseau, Pestalozzi, Montessori, Gandhi, Steiner, Dewey, Piaget, Vygotsky, Illich, Freire en Lakoff. Eenheid twee handel oor kurrikulumontwerp en -ontwikkeling, en fokus ook op die organisering van kennis deur opvoedkundige taksonomieë. Die laaste twee eenhede dek onderrigstrategieë, asook aangeleenthede wat met klaskamertoetsing en -assessering verband hou.Module-inhoud:
Die module is ‘n inleiding tot die verskillende ondersoekmetodes van die sosiale- en geesteswetenskappe. Die doel van hierdie module is om studente in te lei in die navorsingsproses met die doel om hulle toe te rus met die vaardighede om:
• sosiale probleme te identifiseer en navorsingsvrae en -hipoteses te formuleer;
• ‘n basiese begrip van wat die skryf van ’n literatuuroorsig en navorsingsvoorstel behels te ontwikkel;
• kennis te dra van ondersoekmetodes en op ‘n toepaslike metode te kan besluit;
• data te interpreteer en grafies voor te stel; en
• bewus te wees van die noodsaak om eties verantwoordbare navorsing te doen.
Module-inhoud:
Aspekte van die grammatika van Sepedi soos ‘n voortsetting van die studie van die woordkategorieë; grammatiese ontledings; die struktuur, betekenis en gebruik van die voornaamwoord en die enumeratief; ‘n inleiding tot die Sepedi-klankleer/fonetiek.Module-inhoud:
*Hierdie inligting is slegs in Engels beskikbaar.
Interpretation of material remains
The physical remains of the ancient Near East (namely Mesopotamia, Syria-Palestine and Egypt) and the ancient Greek and Roman worlds, namely artefacts and architecture, are examined within their socio-historical context to interpret the physical representations of their worldviews. Contemporary society’s interaction with material remains of the ancient world will also be examined.
Module-inhoud:
Gemeenskapsgebaseerde toerisme Ontwikkelingsteorieë en toerismeteorie: verband tusssen ontwikkeling en toerisme. ‘Pro-poor’ toerisme. Geleenthede en hindernisse in toerisme-ontwikkeling. Gevallestudies in sub-Sahara Afrika.Module-inhoud:
Politieke filosofie en etiek
In hierdie module word daar ondersoek ingestel na die maniere waarop die menslike werklikheid in die praktiese filosofie bedink word. Sowel die analities-interpretatiewe perspektief as die normatiewe perspektief word gedek. Dit word gedoen aan die hand van ’n seleksie van sleuteltemas en -tekste uit die geskiedenis van die filosofie, maar spesiale aandag word gegee aan die kontemporêre relevansie daarvan. Die eerste van die twee fokuspunte van hierdie semestermodule is politieke filosofie. Onder die temas wat hanteer kan word tel geregtigheid, mag, ideologie, die sosiale kontrak, die reg, erkenning, ensovoorts. Die tweede fokuspunt van hierdie semestermodule is etiek. Onder die temas wat hanteer kan word tel die vorming van reëls, beginsels, ideale, disposisies en vermoë om te beoordeel wat sulke diverse fenomene soos vryheid, gelykheid, regte, hervedeling, onderdrukking, pluralisme, en ander reguleer. Die klassieke benaderings tot etiek - deugde-etiek, deontogolie en konsekwensialisme - sal die agtergrond vorm waarteen morele filosofie aangebied sal word. In hierdie module kan die student in die algemeen verwag om blootgestel te word aan die werk van Plato, Aristoteles, Augustinus, Aquinas, Machiavelli, Hobbes, Locke, Kant, Hegel, Marx, Sidgwick, Nietzsche, Weber, Mead, Arendt, Habermas, Rawls, Ricoeur, Walzer, Young, Sen, Honneth, en ander.
Module-inhoud:
Griekse tekste – sintaksis Basiese sintaktiese teorie en toepassing op geselekteerde Griekse tekste. Griekse prosa – teksanalise Basiese teorie van volledige teksanalise en toepassing daarvan op geselekteerde NT- prosatekste.Module-inhoud:
Latynse literatuurstudie, taalkunde en geskiedenis (3) en (4) ‘n Seleksie uit die Latynse letterkunde, verteenwoordigend van sowel prosa as poësie. Latynse taalkunde. Romeinse geskiedenis en konstitusie. Latynse literatuurgeskiedenis.Module-inhoud:
Fokus op godsdiens Deel 1: Christendom Jesus as stigter van die Christendom; beelde van Jesus; huidige navorsing oor die 'historiese Jesus'; kernsake in die debat rondom die 'historiese Jesus'. Capita selecta van temas soos: Nuwe Testamentiese Christendom; Christelike geskiedenis in ondersoek; Christensending; Ná die Industriële Rewolusie en die Verligting; Die Christendom in 'n sekulêre era; Die opkoms van die Derde Wêreld Christendom. Deel 2: Tradisionele Afrika-godsdienstigheid Primale godsdiens en tradisionele Afrika-godsdienste; Tradisionele lewe en wêreldbeeld. Sleutelelemente soos: konsep van tyd; konsep van God; voorvaderkultus; kragdokters, genesers en kultiese leierskap; etiek: voorbeelde uit Afrika-godsdienste; San-godsdiens; Zoeloe-godsdiens; Shona-godsdiens.Module-inhoud:
Ondersteunende leeromgewings: Teoretiese benaderings tot leeromgewings (bio-ekologiese en bate-gebaseerde benaderings, inheemse kennisstelsels, oplossingsgeoriënteerde intervensie en “appreciate inquiry”); skoolgebaseerde ondersteuning in terme van Insluitende Onderwys, heel-skoolbenadering, die ondersteunende rol van die onderwyser en die welstand van die kind; gemeenskapsgebaseerde ondersteuning in die vorm van gemeenskapsbetrokkenheid en gemeenskapsonderrig.Module-inhoud:
Leer Nederlands Die module het as uitkoms die verwerwing van lees-, praat-, skryf- en luistervaardighede in Nederlands. 'n Goeie kennis van Afrikaans is 'n voorvereiste. Die module is kontrastief. Klem word gelê op die verskille tussen die Afrikaanse en Nederlandse grammatika, woordeskat en kultuur.Module-inhoud:
Taalkundekomponent: Morfologie, sintaksis, leksikologie en semantiek Letterkundekomponent: Afrikaanse poësieModule-inhoud:
*Hierdie inligting is slegs in Engels beskikbaar.
Interpretation of written remains
A selection of ancient Near Eastern (namely Mesopotamian, Syria-Palestinian and Egyptian) and ancient Greek and Roman myths and typical mythological themes are studied against their proper cultural and historical background. Some of the different methods of interpretation for myths that will be dealt with include ancient and current approaches. This is done in order to indicate ancient myths’ influence on contemporary society.
Module-inhoud:
Taalpolitiek en taalbeplanning Die verhouding tussen taal en politiek, taalpolitieke kwessies, taal en identiteitskonstruksie, die aard van taalbeplanning, taalbeleid en die Suid-Afrikaanse grondwet, die sosiolinguistiese karakter van Suid-Afrika, taalbestuur, taaluitbreiding en -handhawing.Module-inhoud:
Hebreeuse tekste – sintaksis Basiese sintaktiese teorie en toepassing op geselekteerde Hebreeuse tekste. Hebreeuse prosa – teksanalise Basiese teorie van volledige teksanalise en toepassing op geselekteerde OT-prosatekste.Module-inhoud:
Hebreeuse poësie – teksanalise Basiese teorie vir analise van Hebreeuse poësie en toepassing op geselekteerde OT poëtiese tekste. Hebreeuse tekste – holistiese analise Studente word begelei om selfstandig gekose Hebreeuse tekste te lees en te analiseer deur die toepassing van al die kennis en vaardighede wat in HEB-modules op jaarvlak 1 asook in HEB 210 en 220 verwerf is.Module-inhoud:
Deel 1: Forensiese kriminalistiek
Misdaadondersoek, inligtinginsameling deur kommunikasie, nadoodse en serologiese ondersoeke, en vingerafdrukke.
Deel 2: Jeugwangedrag
Invloed van die gesin, skool en portuurgroep, bendegedrag, dwelmmiddelgebruik, teoretiese verklarings, asook beheer en voorkoming van jeugwangedrag.
Module-inhoud:
Sepedi - kommunikasie en grammatika Die verwerwing van gevorderde kommunikasievaardighede binne verdere sosiale, beroepsgerigte en opvoedkundige situasies. Meer uitgebreide woordeskat en gevorderde taalstrukture word aangeleer en gebruik. Die bewustheid van die aard en funksie van taalstrukture word verhoog. Sepedi - lees en skryf Die skryf van samehangende, idiomatiese en grammaties korrekte tekste om bepaalde idees en informasie oor te dra vir ‘n aantal geselekteerde kommunikatiewe doeleindes. Skryfwerk sluit sowel kreatiewe as reproduktiewe skryfaktiwiteite in. Lees en begrip van tekste wat ‘n redelik uitgebreide woordeskat en redelik groot verskeidenheid taalstrukture bevat. ‘n Aanvang word gemaak met die lees van relatief eenvoudige literêre werke. Studente word ook verder opgelei in die gebruik van die woordeboek.Module-inhoud:
In hierdie module word interpersoonlike en groepprosesse vanuit ‘n sosiaal-sielkundige perspektief bestudeer. Temas wat behandel word, sluit in kommunikasie, prososiale gedrag, sosiale beïnvloeding en oorreding, politieke transformasie, groepgedrag en geweld.Module-inhoud:
Setswana – kommunikasie en grammatika
Die verwerwing van gevorderde kommunikasievaardighede binne verdere sosiale, beroepsgerigte en opvoedkundige situasies. Meer uitgebreide woordeskat en gevorderde taalstrukture word aangeleer en gebruik. Die bewustheid van die aard en funksie van taalstrukture word verhoog.
Setswana – lees en skryf
Die skryf van samehangende, idiomatiese en grammaties korrekte tekste om bepaalde idees en informasie oor te dra vir ’n aantal geselekteerde kommunikatiewe doeleindes. Skryfwerk sluit sowel kreatiewe as reproduktiewe skryfaktiwiteite in. Lees en begrip van tekste wat ’n redelik
uitgebreide woordeskat en redelik groot verskeidenheid taalstrukture bevat. ’n Aanvang word gemaak met die lees van relatief eenvoudige literêre werke. Studente word ook verder opgelei
in die gebruik van die woordeboek.
Module-inhoud:
Hierdie module is ’n voortsetting van die ontwikkeling van kommunikasievaardighede van die taal. Spesiale aandag word verleen aan die begrip van nie-fiktiewe en literêre geskrewe tekste en mondeling asook oudiovisuele insette en die gebruik van Frans in mondelinge en skriftelike produksie. Hierdie module voldoen aan die vereistes vir vlak B1.2 van die “Common European Framework of Reference for Languages”.Module-inhoud:
* Hierdie inligting is slegs in Engels beskikbaar.
Southern African Stone Age, Iron Age, Pastoralism, and Historical Archaeology are the main topics discussed. What types of people were making ESA, MSA, and LSA, when did hominids first left Africa, southern African rock art, the origins of livestock herding, the development and decline of complex societies in southern Africa, and postcolonial approaches in archaeology are some of the focus areas.
Module-inhoud:
Mag en welvaart Hierdie module ondersoek antropologiese perspektiewe ten opsigte van politiek, mag en welvaart binne koloniale en post-koloniale verband. Kernbegrippe wat bespreek word, is onder meer burgerskap, kosmopolitanisme, hegemonie, menseregte, neoliberalisme, soewereiniteit, burgerlike samelewing, gender, ras en klas.Module-inhoud:
*Hierdie inligting is slegs in Engels beskikbaar.
*Alternative evening classes - 3 discussion classes per week
Modern English literature and English language studies
This module focuses on post-nineteenth century literature in English as well as on historical and theoretical aspects of the English language.
Module-inhoud:
Die opkoms en val van segregasie en apartheid Fokus op die oorsprong en teoretiese fondasies van die beleide van segregasie en apartheid en die verskansing daarvan in SA wetgewing. Die weerstand teen die instelling van hierdie onderskeie beleide en die daaropvolgende beëindiging van apartheid. Die impak op sosiale, kulturele en ekonomiese terrein.Module-inhoud:
Aspekte van die grammatika van isiNdebele soos ‘n voortsetting van die studie van die woordkategorieë; grammatiese ontledings; die struktuur, betekenis en gebruik van die voornaamwoord en die enumeratief; ‘n inleiding tot die isiNdebele-klankleer/fonetiek.Module-inhoud:
In hierdie module word menslike ontwikkeling vanaf konsepsie tot adolessensie, asook volwassenheid aan die hand van verskillende teoretiese modelle bespreek. Dit sluit in ontwikkelingsveranderinge ten opsigte van kognitiewe, fisieke, emosionele en sosiale funksionering en die konteks van werk. Tradisionele en kontemporêre teorieë oor menslike ontwikkeling in hierdie fases word bestudeer ten einde die kernvraagstukke wat tydens die kinderjare en volwassenheid relevant is, te verstaan en verklaar.Module-inhoud:
Politieke dinamika (Mikro)
Die bestudering van die teorie en praktyk van gedragsverskynsels in politiek. Met verwysing na toepaslike voorbeelde val die klem op die studie van politieke kultuur, leierskap, kommunikasie, belangegroepe, partye en partystelsels; op verkiesings, kiesstelsels en kiesersgedrag; en op openbare mening en direkte populêre kontroletegnieke.
Module-inhoud:
Setswana – kommunikasie, grammatika, lees en skryf
Die verdere verwerwing van gevorderde kommunikasievaardighede binne verdere sosiale, beroepsgerigte en opvoedkundige situasies. Meer uitgebreide woordeskat en gevorderde taalstrukture word aangeleer en gebruik. Die bewustheid van die aard en funksie van taalstrukture word nog verder verhoog. Voortsetting van die skryf van samehangende,
idiomatiese en grammaties korrekte tekste om idees en informasie oor te dra vir ’n verskeidenheid kommunikatiewe doeleindes. Inleiding tot die Setswana-klankleer/fonetiek. Lees en begrip van tekste wat ’n meer uitgebreide woordeskat en groter verskeidenheid taalstrukture bevat. Die lees van verdere literêre werke.
Module-inhoud:
Hierdie module fokus op die verdere ontwikkeling van kommunikasievaardighede met spesifieke beklemtoning van ontvangsaktiwiteite van die taal, naamlik luister en lees. Spesiale aandag word verleen aan kritiese aspekte van Duitse grammatika. Kort fiktiewe en nie-fiktiewe tekste word gebruik vir begrip asook om kulturele aspekte van Duitssprekende lande te demonstreer. Hierdie module voldoen aan die vereistes vir vlak B1.1 van die “Common European Framework of Reference for Languages”.Module-inhoud:
Aspekte van die letterkunde van isiNdebele/isiZulu/Sepedi/Setswana soos die voortsetting van die studie van konsepte soos teks, onderwerp, karakters, gebeure, tyd en plek; die studie van intrige en styl; die kritiese ontleding van ‘n roman/novelle.
Module-inhoud:
*Hierdie inligting is slegs in Engels beskikbaar.
This module further develops communicative skills with special emphasis on receptive activities, namely listening and reading. Careful attention will be given to critical aspects of Portuguese grammar. Short fictional and non-fictional texts are used for comprehension as well as for demonstrating cultural aspects of the Lusophone countries. This module complies with the requirements for level B1 set by the "Common European Framework of Reference for Languages".
Module-inhoud:
Aspekte van die grammatika van Setswana soos ’n voortsetting van die studie van die woordkategorieë; grammatiese ontledings; die struktuur, betekenis en gebruik van die voornaamwoord en die enumeratief; ’n inleiding tot die Setswana-klankleer/fonetiek.
Minimum krediete: 120
Kern/Keusemodules
Kies enige 2 van die 3 dissiplines wat u op jaarvlak 2 geneem het en doen 2 semestermodules uit elk van dié dissiplines.
Module-inhoud:
*Hierdie inligting is slegs in Engels beskikbaar.
Verbal and visual expression in the ancient world: looking for answers
This module entails an overview of the research process in ancient culture studies, especially the identification of a research problem, formulating a research question, proposing a suitable hypothesis and applying suitable research strategies through the discussion of relevant themes on the ancient world. Students are then guided towards independent research on themes of their choice relating to departmental research interests by applying the knowledge and skills gained throughout the entire course of ancient culture studies.
Module-inhoud:
Globalisering, diversiteit en verandering Teorieë en interpretasies van die proses van verandering. Globalisering en die betekenis daarvan vir o.m. die globale ekonomie, die nasiestaat, nasionalisme, etnisiteit en kultuur.Module-inhoud:
Sepedi-grammatika - Capita selecta Aspekte van die grammatika van Sepedi soos ‘n voortsetting van die studie van die woordkategorieë; grammatiese ontledings; meer intensiewe bestudering van die struktuur, betekenis en gebruik van die naamwoord (spesifiek afgeleide naamwoorde) en die werkwoord (spesifiek modale kategorieë en werkwoordagtervoegsels); ‘n inleiding tot die klankveranderinge / fonologie van Sepedi. Die verwerwing, inoefening en inskerping van gevorderde kommunikatiewe vaardighede binne ‘n groter aantal sosiale, beroepsgerigte en opvoedkundige situasies. Woordeskat en die aanleer en gebruik van gevorderde taalstrukture word verder uitgebrei. Die bewustheid van die aard en funksie van taalstrukture word verhoog. Aandag word ook aan kulturele verskynsels gegee.Module-inhoud:
Konseptuele integrasie van die omgewings-, ekonomiese en sosiale komponente van volhoubare ontwikkeling. Ander temas sluit in die veranderende persepsies oor ontwikkeling en omgewing, ontwikkelingsparadigmas, die uitdagings verbonde aan volhoubare ontwikkeling asook die rolspelers en aksies in volhoubare ontwikkeling. Landelike en stedelike bestaanswyses, en ‘n Derde-wêreldevaluering van volhoubare ontwikkeling in die ontwikkelde wêreld.Module-inhoud:
* Hierdie inligting is slegs in Engels beskikbaar.
The module focuses on the following topics: designing and managing fieldwork projects; the relationship between commercial practice, academic research, and local communities; management of archaeological collections in repositories and debates on repatriation; ethics; cultural resource management; presentation of archaeological sites; heritage and related legislation, The main aim is to prepare students for post-degree work in both private and public sectors.
Module-inhoud:
Deel 1: Tekste in konteks OT-tekste word binne hulle Ou Nabye-Oosterse konteks gelees met klem op intra-, inter- en ekstratekstuele relasies. NT- en/of Patristiese tekste word binne hulle Joods-Hellenistiese konteks gelees met klem op intra-, inter- en ekstratekstuele relasies. Deel 2: Tussen die Testamente Lees en interpreteer van Hebreeuse en Griekse intertestamentêre literatuur. Sluit Qumranliteratuur, Ben Sira en Griekse apokriewe boeke soos Judit of Tobit in.Module-inhoud:
Die lees van kulturele verteenwoordiging
Binne die raamwerk van postkolonialisme word kwessies van waardebepaling, verteenwoordiging en betekenis in optrede ondersoek in verhouding tot geselekteerde teoretiese benaderings tot optrede en die betrokkenheid daarvan by gender in teater en film. Representasie en subjektiwiteit en hoe dit na vore kom as genderfiksie, eerder as „natuurlike?, onvermydelike realiteite sal ondersoek word in verskeie drama- en filmtekste. Ondersoek sal ingestel word na hoe die liggaam, as gekodifiseerde kulturele produk, ?n simboliese slagveld kan word vir kulturele oorheersing in en deur optrede.
A & B: Vir studente wat voor 2014 vir die Drama-program ingeskryf het, asook vir studente wat in 2016 vir die eerste keer vir die program registreer.
Module-inhoud:
Teenstrydige diskoerse
Sosiale verhoudings, materiële toestande, diskursiewe praktyke, identiteit en strukture van verteenwoordiging sal bestudeer word in verhouding tot Marxistiese materialisme, kruiskulturele teater, postmoderne diskoerse en idees rondom postteorie. Sleutelfigure en idees vanuit relevante kritiese teorie sal ?n deeglike ondersoek lei na populêre drama en film, sowel as niedominante film en -optredemodusse.
A & B: Vir studente wat voor 2014 vir die Drama-program ingeskryf het, asook vir studente wat in 2016 vir die eerste keer vir die program registreer.
Module-inhoud:
Analise, interpretasie en eiemaking van letterkundige tekste in kultuurhistoriese per¬spektief. Hierdie module voldoen aan die vereistes vir vlak B2.2 van die “Common European Framework of Reference for Languages”.Module-inhoud:
Etnotoerisme
Benaderings tot die studie van kulturele landskappe: kenmerke van etnotoerisme. Die probleem van stereotipering in die toeriste-industrie. Invloed van toerisme op gasheergemeenskappe: toerisme-afhanklikheid en inwonergesindhede, outentiekheid en die aanbieding en kommodifisering van kultuur. 'n Studie-opdrag met spesifieke aandag aan kwalitatiewe navorsingsmetodes.
Module-inhoud:
Filosofiese hermeneutiek en sosiale filosofie
Die eerste van die twee fokuspunte van hierdie semestermodule is ’n bespreking en analise van filosofiese perspektiewe op die hermeneutiese probleem (die probleem van verstaan en interpretasie), met spesifieke aandag aan kontemporêre denkers soos Nietzsche, Heidegger, Gadamer en Derrida. Die tweede fokuspunt van die semestermodule is sosiale filosofie waar filosofiese vrae oor sosiale vorme, strukture, instellings, praktyke, gewoontes en etos geopper word. ’n Reeks temas kan ondersoek word, soos byvoorbeeld struktuur en agentskap, sosiale denkbeelde (“social imaginaries”), nuwe sosiale formasies, institusionele kulture, geslag en seksualiteit, subjek en konstitusie, en andere. Verder word die gesitueerdheid van hierdie temas in ’n spektrum van benaderings ontleed en ondersoek. Sulke benaderings sluit in kritiese teorie, ideologie-teorie, kontrakleer, sosiale aksie- of handelingsteorie, metaforologie, kritiese ras-teorie, genealogie, en andere.
Module-inhoud:
Deel 1: Vrouemisdaad
Aard en omvang van vrouemisdaad, misdade wat vroue pleeg en teoretiese verklarings.
Deel 2: Kontemporêre kriminologievraagstukke
Kontemporêre misdaadverskynsels soos haatmisdade, padwoede, korrupsie, witboordjiemisdade, georganiseerde misdaad, ekologiese misdaad asook die probleme wat kontemporêre misdaad meebring soos babas agter tralies en MIV/vigs word onder die loep geneem. Tesame hiermee word aandag geskenk aan forensiese verslagskrywing, voorbereiding van kinders en jeugdiges om in die hof getuienis te lewer en herstellende geregtigheid.
Module-inhoud:
Die module ondersoek ‘n gemeenskapsielkundige perspektief op menslike ontwikkeling en sielkundige intervensie en verken die bydrae van verskeie perspektiewe in sielkunde op ‘n kritiese wyse. Die module fokus op temas soos definisies van kernkonsepte, -beginsels en -doelwitte van gemeenskapsielkunde, die rol van die gemeenskapsielkundige asook die impak van vroeë denkraamwerke op kontemporêre perspektiewe. Die implikasies van hierdie idees vir praktiese inisiatiewe wat op geestesgesondheid in gemeenskappe fokus, word bespreek. Die module fokus verder op kritiese sielkunde. Kritiese sielkunde is 'n orientasie teenoor sielkunde wat krities staan teenoor die aannames en praktyke van die hoofstroom. Dit poog om magsvraagstukke aan te spreek soos hul manifesteer in hoofstroomsielkunde. Die fokus is op ondersoeke na hoe die praktyke en teorieë van hoofstroomsielkunde bydra tot hierdie magsvraagstukke wat gemarginaliseerde groepe betrek.Module-inhoud:
Politieke teorie
’n Teoretiese en normatiewe studie van politieke idees. Dit sluit die studie van prominente politieke denkers soos Plato, Thomas Hobbes en John Rawls in, sowel as die kontemporêre manifestasies van ideologieë soos liberalisme, sosialisme, konserwatisme en nasionalisme. Hierdie normatiewe beoordeling van politiek sluit af met ’n kritiese evaluasie van die ontwikkeling, aard en praktiese waarde van prominente demokratiese teorieë, onder andere deelnemende, wetlike en beraadslagende demokrasie.
Module-inhoud:
Klassieke ontwikkelingstrategieë. Die geskiedenis en erfenis van ruimtelike ontwikkeling in Suid-Afrika. Oorsig van huidige omgewingswetgewing in Suid-Afrika. Landelike ontwikkelingstrategie. Landelike en landboukundige rekonstruksie. Grondhervorming. Stedelike ontwikkeling en strategie. Stedelike ruimtelike strategie. Nasionale ruimtelike ontwikkelingstrategieë.Module-inhoud:
Beginsels van die teksgrammatika van die Duitse taal. Hierdie module voldoen aan die vereistes vir vlak B2.2 van die “Common European Framework of Reference for Languages”.Module-inhoud:
*Hierdie inligting is slegs in Engels beskikbaar.
Editing principles and practice
This module practises several basic language-editing skills on a variety of texts from different fields and of varying levels of complexity for specific target audiences. The principles of plain language editing are also introduced and strategies for overcoming textual complexity for given audiences are explored. Special attention is also given to the demands of editing South African English, client relations and the ethics of editing. Considerable practical work is required.
Module-inhoud:
Filosofiese antropologie en kognitiewe filosofie
In hierdie module is die doel om ondersoek in te stel na die wesensaard van die mens en sy/haar verhouding met die werklikheid en kennis. Sowel die analities-interpretatiewe perspektief as die normatiewe perspektief word gedek. Dit word gedoen aan die hand van 'n seleksie van sleutelemas en -tekste uit die geskiedenis van die filosofie, maar spesiale aandag word gegee aan die kontemporêre metafisika. Dit kan die volgende temas insluit: Is die mens meer as die somtotaal van sy eienskappe?; die relasie tussen bewussyn, selfbewussyn en die onderbewuste; die vraag na die sin van die lewe; die aard van persoonlike identiteit; die problematiek van vrye wil. Die tweede fokuspunt van die semestermodule is die kognitiewe dissiplines van filosofie soos wetenskapfilosofie, filosofie van denke, en epistemologie. In wetenskapfilosofie kan temas wat aangespreek word die volgende insluit: die verskillende soort redenering in die wetenskap, die aard en rol van verduideliking in die wetenskap; wetenskaplikerealismedebat; die aard van wetenskaplike voortuitgang. regverdeling van wetenskaplike teorieë, die rol van waarheid in die wetenskap, en andere. In filosofie van denke kan temas waaraan aandag gegee word die volgende insluit: die verhoduding tussen gees, psige/siel, en liggaam - die liggaam-gees probleem, die aard van bewussyn en qualia, dualisme, materialisme, funksionalisme, fisikalisme, intensionaliteit, en andere. In epistemologie kan temas wat aangespreek word die volgende insluit: rasionalisme, empirisme, transendentale idealisme en Kant fundamentalisme, koherentisme, epistemiese internalisme en eksternalisme, radikale skeptisisme, en andere.
Module-inhoud:
Deel 1: Nadenke oor godsdiens Teorieë oor godsdiens; Godsdiens en ideologie; Sekularisme; Uniekheid; Leerstellige sake, ens. Deel 2: Aktuele sake Die verhouding tussen godsdiens en verskeie tematiese sake in die samelewing sal aangespreek word, soos: Godsdiens en samelewing; godsdiens en gender; godsdiens en ekonomie; godsdiens, politiek en die staat; godsdiens en die omgewing, ens.Module-inhoud:
Deel 1: Godsdienste as bure Pluraliteit; Godsdienstige interaksie; Praktiese sake, bv. temas wat aangespreek sal word is: konflik, propaganda, indoktrinasie, dialoog, sinkretisme, respek en verdraagsaamheid. Modelle om pluraliteit te hanteer sal bestudeer word, bv. fundamentalisme, relatiwisme, pluralisme, inklusiwisme, eksklusiwisme, sekularisme en medeverantwoordelikheid en samewerking. Deel 2: Godsdiens en die kunste Ikonografie; oorsig van die uiteensetting van bybelse temas in die uitvoerende kunste en musiek; godsdienstige aspekte van bekende artefakte en musikale komposisies; funksie van kuns en musiek in aanbidding.Module-inhoud:
Setswana-grammatika – Capita selecta
Aspekte van die grammatika van Setswana, soos ’n voortsetting van die studie van die woordkategorieë; grammatiese ontledings; meer intensiewe bestudering van die struktuur, betekenis en gebruik van die naamwoord (spesifiek afgeleide naamwoorde) en die werkwoord (spesifiek modale kategorieë en werkwoordagtervoegsels); ’n inleiding tot die klankveranderinge/fonologie van Setswana. Die verwerwing, inoefening en inskerping van gevorderde kommunikatiewe vaardighede binne ’n groter aantal sosiale, beroepsgerigte en opvoedkundige situasies. Woordeskat en die aanleer en gebruik van gevorderde taalstrukture word verder uitgebrei. Die bewustheid van die aard en funksie van taalstrukture word verhoog.
Aandag word ook aan kulturele verskynsels gegee.
Module-inhoud:
Hierdie module gee ’n verdere oorsig van Spaanse grammatika om sodoende taalvaardigheid te bevorder en lê klem op die interaktiewe komponent van die taal naamlik geskrewe en gesproke interaksie. Dit bied ook inleiding tot die Spaanse literatuur. Hierdie module voldoen aan die vereistes vir 'n vlak B2.2 van die “Common European Framework of Reference for Languages”.Module-inhoud:
Post/Moderniteite: Kontemporêre diskoerse
Hierdie module ondersoek modernisme en postmodernisme as die oorheersende estetiese, diskursiewe en visuele paradigmas van die 20ste en 21ste eeu. Sleutelbegrippe in hierdie diskoerse en kontradiskoerse word belig en uitgebou, soos die daarstelling van moderne subjektiwiteit, die skone en die sublieme, die avant garde, die metafisika van teenwoordigheid, oorspronklikheid, outeurskap, hermeneutiek, die “taal”-wending, différance en die sogenaamde “einde van kuns”. Teoretici mag insluit: Kant, Heidegger, Derrida and Foucault.
Module-inhoud:
Fokus op kontemporêre omgewingsvraagstukke in suidelike Afrika. Huidige en toekomstige impak van menslike druk op natuurlike hulpbronne, die stand van die omgewing in Suid-Afrika, bestuur van kritiese hulpbronne, bevolkingstendense, verlies aan biodiversiteit, besoedeling, waterskaarste, verwoestyning, klimaatsverandering, akkumulasie en bestuur van afval, omgewingsbestuurstegnieke, omgewingsopvoeding en wetgewing t.o.v. omgewingsbestuur.Module-inhoud:
* Hierdie inligting is slegs in Engels beskikbaar.
*AGL 310 will be a prerequisite for a number of other modules (eg AGL 751 Advanced archaeological theory) and it is the responsibility of the students intending to continue archaeology to postgraduate level to do this module.
Nature of archaeological theory; critique of various approaches to archaeological theory, debates over the relevance of theory, are some of the major topics to be presented.
Module-inhoud:
SA kultuurhistoriese terreine en aktiwiteite
Bekendstelling aan die belangrikste kultuurhistoriese terreine en kultuuraktiwiteite in Suid- Afrika, met 'n spesifieke fokus op die beoefening van kultuurtoerisme in die praktyk. 'n Navorsingsopdrag met spesifieke aandag aandag aan literatuuranalise.
Module-inhoud:
*Hierdie inligting is slegs in Engels beskikbaar.
Mediaeval and Renaissance literature
In this module students study the works of representative writers from Chaucer to Shakespeare and Milton. The general characteristics and techniques of these authors are discussed in relation to developments in aesthetic theory, generic conventions and socio-historical change.
Module-inhoud:
Deel 1: Misdaadteorieë
Teorieë wat die oorsake en verskillende aspekte van misdaad verklaar.
Deel 2: Psigokriminologie
Aard van menslike gedrag, aggressie en geweld, geestesversteurde oortreders, seksuele oortredings, terrorisme en gyselaarneming.
Module-inhoud:
*Kwartaalmodule aangebied oor 14 weke
Selfstandige ondersoek (1)
‘n Selfstandige ondersoek: in oorleg met die departementshoof maak studente ‘n keuse uit die departementele fokusgebiede.
Module-inhoud:
Aspekte van die literatuur van isiNdebele/isiZulu/Sepedi/Setswana soos die kritiese analise van ‘n dramatiese werk en poësie (uitgesoekte gedigte).
Module-inhoud:
Afrika: antropologiese perspektiewe 310 Kontemporêre etnografie in die Afrikakontinent, met besondere verwysing na politiek, oorlog, hervestiging en vlugtelinge, religie, identiteitsvorming en -politiek, etnisiteit en klas asook verbruik.Module-inhoud:
Beginsels van die grammatika van die Franse taal. Inleiding tot professionele vertaling en tolking vir die aanleer van Frans as ’n vreemde taal.Module-inhoud:
Analise en interpretasie van letterkundige tekste in kultuurhistoriese perspektief.Module-inhoud:
Deel 1: Landelike en stedelike sosiologie
Teen die agtergrond van die ontstaan en ontwikkeling van sowel die vele gestaltes van kapitalisme as globalisering in die globale Noorde en Suide gedurende die 20ste en 21ste eeu, skenk hierdie afdeling oorweging aan die verhouding tussen landelike en stedelike omgewings. Vrae oor die aard van sosiale interaksie in gemeenskappe, nuwe vorme van sosiale betrekkinge, ongelykheid en bestaansmiddele, kollektiewe aksie, plaaslike kulture en moderniteite word bespreek.
Deel 2: Die sosiologie van godsdiens
Hierdie afdeling ondersoek godsdiens en sekularisasie binne sosiale konteks. Spesifieke klem word geplaas op godsdiens en die sekularisme as kragte van sosiale verandering.
Module-inhoud:
Deel 1: Demokratiese studies
‘n Hoë-vlak kritiese analise van demokratiese teorie en praktyk. Die analise van demokratiese teorie sal temas soos die klassieke, radikale, deliberatiewe en feministiese perspektiewe insluit. Die analise van demokratiese praktyk sal aspekte insluit soos demokratisering, demokratiese konsolidasie, demokratiese burgerskap en samelewing, die rol en belang van die burgerlike gemeenskap, die instellings en prosedures vir demokrasie en “goeie regering”.
Deel 2: Politieke analise
Die metodiek en praktyk van politieke analise is die fokus van die studie. Die beginsels en problematiek onderliggend aan verskillende benaderings en metodes van politieke analise word beskryf en verduidelik. Dit sluit die aard, metodes en gebruik van vergelykende analise, vooruitskouing, risiko-analise, prestasie-evaluering en die politieke oudit in. Hierdie analitiese metodes word in die politieke en beleidskonteks geplaas, met beklemtoning van die praktiese waarde daarvan. Daar word deurgaans van toepaslike voorbeelde en gevallestudies gebruik gemaak.
Module-inhoud:
*Hierdie inligting is slegs in Engels beskikbaar.
A comprehensive review of Portuguese grammar is presented in order to increase language proficiency with special emphasis on productive activities such as speaking and writing. This module offers techniques and current methods of text analysis (which include translation and retroversion from and to Portuguese) as a foreign language acquisition and work instrument. This module complies with the requirements for level B2.1 as set by the "Common European Framework for Reference for Languages".
Module-inhoud:
*Kwartaalmodule aangebied oor 14 weke Versorging van Afrikaanse tekste met betrekking tot korrekte taal- en leestekengebruik, feitelike korrektheid, bibliografiese versorging, teksstruktuur en skryf vir verskillende teikengroepe.Module-inhoud:
Veldwerk, etnografie en teorie Hierdie module bestudeer temas rakende veldwerkpraktyk, etnografiese skryfwerk en die ontwikkeling van teorie in antropologie. Die module bied die geleentheid om ervaring in etnografiese veldwerkmetodes op te doen en insig te ontwikkel vir die implikasies van metodologiese keuses en hul veband met navorsingsvrae en -kontekste.Module-inhoud:
Kritiese teksvaardigheid Studente word blootgestel aan uiteenlopende vertalings van en standpunte oor geselekteerde OT- en NT-tekste. Op grond van kennis van en vaardigheid in intra-, inter- en ekstratekstuele teksanalise word studente gelei tot kritiese beoordeling van uiteenlopende standpunte en selfstandige besluitneming in die lees-, analise- en verstaansprosesse ten opsigte van antieke literêre tekste. Analise-integrasie Studente word begelei om selfstandig gekose Griekse en Hebreeuse tekste te lees en te analiseer deur die geïntegreerde toepassing van al die kennis en vaardighede wat in GRK- en HEB-modules op jaarvlakke 1 en 2 asook in BYT 251, 310 en 320 verwerf is.Module-inhoud:
Inleiding tot die Duitse taalwetenskap. Hierdie module voldoen aan die vereistes vir vlak B2.1 van die “Common European Framework of Reference for Languages”.Module-inhoud:
Analise en interpretasie en eiemaking van tekste uit bepaalde vakrigtings.Module-inhoud:
*Hierdie inligting is slegs in Engels beskikbaar.
Introduction to teaching English to speakers of other languages.
This module introduces both the theoretical and practical dimensions of TESOL (Teaching English to Speakers of Other Languages). Areas covered include (i) the nature of the foreign/second language learning process; (ii) the major approaches and methods of foreign/second language teaching and (iii) focused methodologies for teaching grammar, pronunciation, vocabulary, speaking and listening.
Module-inhoud:
Internasionale politieke ekonomie
Die aard en funksionering van die hedendaagse internasionale polities-ekonomiese orde word ontleed teen die agtergrond van die globaliseringsproses. Die klem val op die interaksie tussen politieke en ekonomiese tendense en vraagstukke soos die ekonomiese belang en politieke impak van regionale handelsblokke; die skuldlas van state; internasionale hulpverlening; die rol en invloed van multinasionale korporasies; en die oordrag van tegnologie na minder-ontwikkelde state; ontluikende ekonomiese moondhede in die Globale Suide; en globale ekonomiese regeerkunde.
Module-inhoud:
*Kwartaalmodule aangebied oor 14 weke
Selfstandige ondersoek (2)
‘n Selfstandige ondersoek: in oorleg met die departementshoof maak die studente ‘n keuse uit die departementele fokusgebiede.
Module-inhoud:
Deel 1: Sosiale teorie
Hierdie afdeling fokus op kontemporêre sosiale teorie met die oog daarop om student se begrip van sosiale teorie verby die klassieke kanon te strek. Studente word vetroud gemaak met ‘n kern konseptuele woordeskat, gekose teoretiese paradigmas en onlangse werke in die veld. Hierbenewens word daar klem geplaas op die wyse waarop navorsers wat oor Suid-Afrika werk van sosiale teorie gebruik maak om hulle werk te verryk en om daaraan vorm te gee.
Deel 2: Arbeidstudies
Hierdie afdeling spreek sosiologiese benaderings tot die werkplek aan. Dit sluit in ’n kritiese beskouing van arbeidsmarkbeleid en aangeleenthede soos bestuurspraktyk, werk-verskaffing en werkloosheid, asook diskriminasie en buigsaamheid in die arbeidsmark in Suid-Afrika.
Module-inhoud:
isiZulu-grammatika - Capita Selecta Aspekte van die grammatika van isiZulu soos ‘n voortsetting van die studie van die woordkategorieë; grammatiese ontledings; meer intensiewe bestudering van die struktuur, betekenis en gebruik van die naamwoord (spesifiek afgeleide naamwoorde) en die werkwoord (spesifiek modale kategorieë en werkwoordagtervoegsels); ‘n inleiding tot die klankveranderinge/fonologie van isiZulu. Die verwerwing, inoefening en inskerping van gevorderde kommunikatiewe vaardighede binne ‘n groter aantal sosiale, beroepsgerigte en opvoedkundige situasies. Woordeskat en die aanleer en gebruik van gevorderde taalstrukture word verder uitgebrei. Die bewustheid van die aard en funksie van taalstrukture word verhoog. Aandag word ook aan kulturele verskynsels gegee.Module-inhoud:
Visuele en virtuele ruimtes Die kritiese dekodering van kultureel gekodeerde idees en ideologieë in die konstruksie van ruimte, plek en kuberruimte in geselekteerde modernistiese en postmodernistiese kulturele praktyke word beoog. Temas sluit in ruimtes van verbruik en vermaak soos inkopiesentrums; gender en ruimtelikheid; simboliese ruimtes; bewaking en die argitektuur van vrees. Landkuns, omgewingskuns en verwante temas word ook aangespreek. Die wyses waarop ware ruimte gevirtualiseer word deur nuwe tegnologieë; die geskiedenis en ontwikkeling van virtuele ruimtes, virtuele gemeenskappe, die kuborg en kuberpunk, sowel as posthumanisme word ondersoek met ’n spesifieke fokus op hoe beliggaming en ontliggaming visueel uitgebeeld word.Module-inhoud:
Om insig te verkry van die globale konteks van die klaskamer, leerders en idees wat onderrig word, asook die plaaslike wêreld en land waarin die klaskamer, leerders en skool geleë is. Diversiteit en sosiale geregverdigheid en die belangrikheid daarvan in die plaaslike en internasionale konteks, asook die belangrikheid daarvan vir onderrig en leer word ondersoek. Deur individuele - en groepsopdragte, word studente ingelig om die ooreenstemmende temas van globalisering, die plek van die nasionale staat en die plek daarvan in die streeks- en globale wêreld, en die rol van tegnologie en die media in die globalisering van opvoedkunde, te verstaan. Belangrike sosiale, politieke, historiese en ekonomiese faktore wat die klaskamer beinvloed, word ook ondersoek. Studente versamel, organsieer en evalueer inligting krities, waardeer die waarde van diversiteit in verskeie sosiale kontekste; gebruik probleemoplossingsvaardighede vir leeropdragte, en kommunikeer effektiewe idees in groepsopdragte.Module-inhoud:
Hierdie module handel oor die inhoud en die toepassing van die Handves van Menseregte in die daarstelling van veilige en gedissiplineerde klaskamers. Die tweede tema handel oor klaskamerbestuur deur die stigting van verhoudings, deelnemende besluitneming, effektiewe beplanning en monitering, motivering en kommunikasie.Module-inhoud:
*Hierdie inligting is slegs in Engels beskikbaar.
This module provides an introduction to Portuguese linguistics covering the language's sound system, morphology and syntax. Portuguese semantics and language variations. An in-depth review of grammar is required. This module complies with the requirements for level B2 as set by the "Common European Framework of Reference for Languages".
Module-inhoud:
Taalkundekomponent Capita selecta uit die Afrikaanse taalkunde Letterkundekomponent Afrikaanse prosaModule-inhoud:
Afrikaanse poësie
'n Keuse uit eietydse Nederlandstalige literatuur; analitiese teksondersoeke met aandag aan agtergrond- en resepsieaangeleenthede.
Die Afrikaanse drama word binne die breër konteks van die Afrikaanse letterkunde geplaas.
Module-inhoud:
*Hierdie inligting is slegs in Engels beskikbaar.
Social aspects of the ancient Near Eastern and the ancient Greek and Roman worlds
A selection of ancient Near Eastern (namely Mesopotamian, Syria-Palestinian and Egyptian) and ancient Greek and Roman sources are studied within their socio-historical context to illustrate and interpret these culturesand#39; social practises and how they influenced contemporary institutions and social structures.
Module-inhoud:
*LW: Die module is net vir BSc (Geografie)- en BSc (Omgewingswetenskappe)- studente beskikbaar. Die inhoud van hierdie module is dieselfde as GGY 363 en studente mag nie vir beide GGY 361 en GGY 363 krediete verwerf nie.
Interaksies van geomorfologiese prosesse in fisiese en mensgemaakte omgewings; temas soos geomorfologie en omgewingsverandering, heuwelhangprosesse en die omgewing, geomorfiese risiko's en gevare, gronderosie en bewaring, geomorfologie in omgewingsbestuur, toegepaste verwerwingsprosesse. Praktika behels veldwerk insluitend monster opname en kartering en daaropvolgende laboratoriumanalise.
Module-inhoud:
Veiligheid- en strategiese studies
’n Studie van tradisionele en kontemporêre benaderings tot veiligheid en strategie. Aandag word geskenk aan nuwe teorieë oor oorlog, veiligheid en strategie; militêre en nie-militêre bedreigings vir nasionale veiligheid en menseveiligheid; die nasionale veiligheid van ontwikkelende state; asook die verhouding tussen beleid, strategie en taktiek. Laasgenoemde sluit ’n inleidende oorsig in van die aard, vlakke, patrone, vorms en instrumente van strategie, en van oorlogsreg. Die nasionale, regionale en kontinentale veiligheidsituasie in Afrika en vorms van multilaterale veiligheidsamewerking in die besonder word ontleed, ook in verhouding tot buite-kontinentale tendense. Wat die voorafgaande betref, word klem geplaas op die regs- en institusionele raamwerk, nasionale veiligheidsbeleid en strategiese ingesteldheid van Suid-Afrika.
Module-inhoud:
Identifikasie van abnormale gedrag in kinders aan die hand van kennis van normale kinderontwikkeling; inleiding tot die studie van verskeie modelle met betrekking tot abnormale gedrag; verstaan en toepassing van basiese konsept in kinderpsigopatologie. Die module verskaf ook ‘n inleiding tot psigopatologie en simptomatologie van volwasse abnormale gedrag. Terminologie, definisie van abnormale gedrag, probleme met diagnose, etiketering en mites aangaande abnormale gedrag sal bespreek word. Neurose as ‘n spesifieke geestesversteuring word krities bestudeer vanuit ‘n multidimensionele perspektief, insluitend intrapsigiese, interpersoonlike and sosiaal-kulturele verduidelikings.Module-inhoud:
Die module fokus op die aannames en prosesse wat keuses van metodologie in die sosiale- en geesteswetenskappe onderlê. Die doel van hierdie module is om studente met die vaardighede toe te rus om:
ontologiese en epistemologiese debatte te verstaan;
verskillende benaderings tot navorsing in die sosiale- en geesteswetenskappe te identifiseer;
basiese statistiese keuses en analises te kan bespreek; en
elementêre beginsels van kwalitatiewe data-ontleding te kan beskryf.
Module-inhoud:
*Hierdie inligting is slegs in Engels beskikbaar.
Augustan, Romantic and 19th-century literature
In this module students read a representative selection of 18th- and 19th-century texts in English. The general characteristics and techniques of these texts are discussed in relation to developments in aesthetic theory, generic conventions and socio-historical change.
Module-inhoud:
Beginsels van die grammatika van die Franse taal. Hierdie module voldoen aan die vereistes vir vlak B2.1 van die “Common European Framework of Reference for Languages”.Module-inhoud:
Analise, interpretasie en eiemaking van relevante audiovisuele materiaal, fiktiewe en nie-fiktiewe tekste. Hierdie module voldoen aan die vereistes vir vlak B2.1 van die “Common European Framework of Reference for Languages”.Module-inhoud:
Historiese tendense in die moderne wêreld 'n Seleksie van politieke, ekonomiese en sosiale temas.Module-inhoud:
Grondige hersiening van Spaanse grammatika word aangebied om taalvaardigheid te bevorder wat spesifiek fokus op taalproduksie, naamlik spraak en skryf. Dit bied ook inleiding tot die Spaanse geskiedenis. Hierdie module voldoen aan die vereistes vir vlak B2.1 van die “Common European Framework of Reference for Languages”.Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.
Get Social With Us
Download the UP Mobile App