Code | Faculty |
---|---|
04251025 | Fakulteit Regsgeleerdheid |
Credits | Duration |
---|---|
Duur van studie: 2 jaar | Totale krediete: 200 |
Prof FJ Viljoen [email protected] | +27 (0)124203228 |
Prof CG Ngwena [email protected] | +27 (0)514367357 |
Sluitingsdatum vir aansoeke: SA aansoekers - 30 November; nie-SA aansoekers - 31 Augustus.
Hierdie program is beskikbaar vir internasionale studente.
Die duur van die graadprogram is normaalweg vier semesters (2 jaar) met dien verstande dat die graad wel in twee semesters (1 jaar) voltooi kan word mits aan al die vereistes vir die voltooiing van die graad voldoen is, onderhewig daaraan dat die volle voorgeskrewe klasgelde vir die MPhil-graad betaal is. Programme mag ook spesifiek vir een jaar studie gestruktureer word. Die een- of tweejaarperiode mag slegs deur die Nagraadse Komitee verleng word op aanbeveling van die departementshoof, en indien goeie rede aangetoon word en dit duidelik is dat die student binne ’n verdere jaar van studie die program sou kon voltooi.Behalwe as anders aangedui, word die leergang normaalweg as volg saamgestel:
Ten minste ’n honneursgraad in ’n akademiese dissipline wat verband hou met aspekte van die reg in Suid-Afrika of Afrika asook met die inhoud van die spesifieke MPhil- (gedoseerde) program
OF
’n ander kwalifikasie wat verband hou met aspekte van die reg in Suid-Afrika of Afrika asook met die inhoud van die spesifieke MPhil- (gedoseerde) program en toelating tot magistergraadstudie aan die instansie waar die voorgraadse kwalifikasie verwerf is verleen. Indien die tydsduur van sodanige kwalifikasie minder as vier jaar is, word verdere wesenlike bewese praktiese of professionele ervaring in aspekte in die reg in Suid-Afrika of Afrika, onderhewig aan die diskresie van die Dekaan, vereis.
Tree asb met die Fakulteit in verbinding rakende spesifieke vereistes vir die MPhil-graadprogramme.
Hierdie is ’n keuringsprogram en slegs gekeurde aansoekers sal tot die program toegelaat word.
Hierdie program word aangebied as ’n deeltydse afstandsonderrigprogram, met ’n bloksessie (30 kontakure) van 1 week per module.
Die miniverhandeling moet 18 000-20 000 woorde beslaan – voetnote ingesluit maar die inhoudsopgawe en bibliografie uitgesluit. (Die metodologie en inhoud van die miniverhandeling moet ’n multidissiplinêre perspektief reflekteer.)
Behalwe met goedkeuring van die Nagraadse Komitee word geen student toegelaat om sy/haar studies voort te sit in die geval waar geen modules tydens 'n spesifieke jaar van registrasie geslaag is nie.
Hoewel geen hereksamen met betrekking tot LLM-modules toegestaan word nie, geld die Algemene Regulasies (Regulasie G.12.3 en G.12.6) met betrekking tot spesiale en aanvullende eksamens.
Ten einde die graad met lof te verwerf, moet 'n student 'n gemiddelde van minstens 75% in al die gedoseerde modules behaal, sowel as 75% vir die miniverhandeling. Die gemiddelde vir die modules moet tydens die eerste eksamenpoging behaal word.
Taalbeleid
Die onderrigtaal is Engels, maar waar omstandighede dit toelaat, kan 'n MPhil-module in Afrikaans aangebied word. Die Dekaan, in oorleg met die betrokke departementshoof, bepaal die taalbeleid.
Tydperk van inskrywing
Studente moet wanneer die betrokke module ’n aanvang neem, ingeskryf wees en die bepaalde module se lesings bywoon. Andersins moet die betrokke studieleier en departementshoof se toestemming verkry word, alvorens ’n student toegelaat sal word om ’n bepaalde module in ’n ander studiejaar te doen.
Beperking met betrekking tot aanbieding van modules in ’n spesifieke akademiese jaar en beskikbaarheid van modules vir buitelandse studente
Die Dekaan bepaal jaarliks watter modules die betrokke jaar aangebied sal word met inagneming van die beskikbaarheid van doserende personeel, ruimte- en finansiële implikasies en/of ander omstandighede. Voorts mag die Dekaan, in oorleg met die betrokke departementshoof, die maksimum aantal inskrywings vir ’n bepaalde keusemodule bepaal aan die hand van die voorgeskrewe riglyne. Die Dekaan mag verder, in oorleg met die betrokke departementshoof, besluit dat ’n MPhil-module nie aangebied sal word waar daar op die eerste dag van lesings vier of minder studente vir die module geregistreer is nie.
In die geval van buitelandse studente kan die Dekaan addisionele vereistes stel en die beskikbare modules vir hierdie studente mag ook beperk word.
Vervanging van modules
Die Dekaan mag op aanbeveling van die betrokke departementshoof ’n student toelaat om een voorgeskrewe MPhil-module vir ’n bepaalde MPhil-program deur ’n ander MPhil-module te vervang waar sodanige uitsondering nie andersins toegelaat word nie en indien goeie rede aangetoon word.
Erkenning van modules wat aan 'n ander instansie voltooi is
Die Dekaan mag op aanbeveling van die betrokke departementshoof 'n student met 'n maksimum van twee modules wat aan 'n ander instelling voltooi is, krediteer mits dit aan die vereistes van hierdie Fakulteit voldoen. Waar sodanige modules nie dieselfde benaming het as modules wat deur hierdie Fakulteit aangebied word nie, kan krediet in die plek daarvan verleen word aan modules met wesenlik dieselfde inhoud soos deur die betrokke departementshoof bepaal, of, in die afwesigheid van sodanige nou-verwante modules, kan krediet verleen word aan modules wat steeds relevant is binne die breë spektrum van ’n spesifieke MPhil-graad en onder spesiale kodes vir die doeleindes van sodanige graad. Bykomende vereistes mag gestel word alvorens enige sodanige module erken word ten einde voldoening aan die vereistes van hierdie Fakulteit te verseker.
Krediet vir ander grade
Neem kennis dat geen erkenning verleen sal word aan modules wat deel vorm van ’n graad waarvoor die student reeds aan die graadvereistes voldoen het, of waar die student gelyktydig vir meerdere grade geregistreer is nie.
Herregistrasie vir modules
'n Student mag nie meer as twee keer vir dieselfde module registreer nie. 'n Finale punt van 50% moet behaal word ten einde 'n module te slaag.
Module-inhoud:
In hierdie module val die klem op die toepassing van menseregtebeginsels op afsonderlike reproduktiewe gesondheidskwessies met die oog daarop om response gegrond op menseregte vir kontemporêre reproduktiewe gesondheidsprobleme in die Afrikastreek te ontwikkel. Onderwerpe wat behandel word, sluit die volgende in: (a) Geboortebeperking (b) Gesinsgeweld (c) Vroulike genitale verminking (d) Onvrugbaarheid en medies ondersteunde reproduksie (e) Moedersterftes (f) Seksuele geweld in tye van konflik (g) Opvoeding mbt seksualiteit en reproduktiewe gesondheid (h) Mensehandel in vroue en kinders (i) Onveilige aborsiesModule-inhoud:
In hierdie module val die klem op die beginsels en prosesse van internasionale reg insake menseregte op internasionale en plaaslike vlak, en die toepaslikheid daarvan op reproduktiewe en seksuele gesondheid en op die situasie van seksuele minderhede, met spesifieke verwysing na Afrika.
Die volgende onderwerpe word behandel:
(a) Geskiedenis, filosofie en ideologie van menseregte, met spesiale verwysing na Afrika
(b) Grondbegrippe van die internasionale en nasionale reg insake menseregte
(c) Die internasionale (VN-) stelsel van menseregtebeskerming: norme,instellings en prosedures en die tersaaklikheid daarvan vir reproduktiewe en seksuele regte
(d) Die stelsel van menseregtebeskerming in Afrika (Afrika-unie): norme, instellings, prosedures en hul tersaaklikheid vir reproduktiewe en seksuele regte (in vergelykende perspektief met verwysing na Europese en inter- Amerikaanse stelsels)
(e) Die werklike en potensiële rol van streeks-ekonomiese gemeenskappe (op substreeksvlak) in Afrika ter beskerming van menseregte in Afrika, met spesiale verwysing na reproduktiewe en seksuele regte
(f) ’n Oorsig van menseregtebeskerming op plaaslike vlak, met besondere verwysing na geselekteerde Afrikastate
(g) Begrip van die rol van internasionale menseregtemeganismes ter beskerming van seksuele minderhede.
Module-inhoud:
In hierdie module val die klem op die toepassing van menseregtebeginsels ten aansien van reproduktiewe en seksuele gesondheid met die doel om aansprake op dié regte op plaaslike, streeks- en globale vlak te verwesenlik.
Die volgende onderwerpe word behandel:
(a) Toepassing van menseregte op seksuele en reproduktiewe gesondheid, met inbegrip van die reg op gelykheid, lewe, menswaardigheid en beskerming teen onmenslike en vernederende behandeling, gesondheid, inligting, opvoeding, reproduktiewe selfbeskikking, die beskerming van werkende moeders, vryheid en veiligheid van die mens, en privaatheid.
(b) Ontwikkeling van ’n aanspraak op seksuele en reproduktiewe regte deur die identifisering van ’n skending van reproduktiewe gesondheid, die oorsake
daarvan en die persoon of instansie wat daarvoor verantwoordelik is; die
dokumentering van die beweerde skending; bepaling van toepaslike wette en
die identifisering van menseregtestandaarde om die skending van ’n
reproduktiewe reg vas te stel.
(c) Bevordering van ’n aanspraak op seksuele en reproduktiewe regte op plaaslike vlak met verwysing na die verwesenliking van reproduktiewe regte deur middel van regulerende en dissiplinêre prosedures, geregshowe, alternatiewe dispuutbeslegting, plaaslike menseregte-instellings en ombudspersone.
(d) Bevordering van ’n aanspraak op seksuele en reproduktiewe regte op streeks- en substreeksvlak met verwysing na die verwesenliking van reproduktiewe regte deur middel van Afrika-instellings op streeks- en substreeksvlak.
(e) Bevordering van ’n aanspraak op seksuele en reproduktiewe regte op globale vlak, met besondere verwysing na die verwesenliking van reproduktiewe regte deur middel van agentskappe van die Verenigde Nasies belas met die monitering van verdragsorganisasies.
(f) Kennisverryking deur die studie van vergelykbare streeksmenseregtestelsels, met besondere verwysing na die Europese en inter-Amerikaanse streeksmenseregtestelsels.
Module-inhoud:
In hierdie module val die klem op die toepassing van menseregtebeginsels op geselekteerde kwessies wat verband hou met seksuele en seksualiteitsprobleme in Afrika, met die doel om response gegrond op menseregte op verwante hedendaagse probleme in die Afrikastreek te ontwikkel. Onderwerpe wat behandel word, sluit die volgende in: (a) Oorsig van relevante begrippe (b) Die grondslag van seksuele regte in internasionale menseregte-instrumente (c) Seksuele norme en genderstereotipes (d) Sekswerkers en menseregte (e) Seksuele dwang en misbruik (f) Seksueel oordraagbare infeksies, onder andere MIV, en regte wat verband hou met inligting en voorkoming (g) Die reg op omvattende seksuele opvoeding (h) Skadelike tradisionele gebruike wat seksuele regte skend (i) Die skakel tussen seksuele regte en reproduktiewe gesondheidsregte (j) Strategieë vir voorspraak vir seksuele regteModule-inhoud:
In hierdie module word gefokus op aspekte van menseregtenavorsing, -bewusmaking, -feitevinding en -onderrig.Module-inhoud:
Hierdie module is daarop gerig om studente toe te rus met die vaardighede om navorsing te doen oor en voorspraak te maak vir seksuele en reproduktiewe gesondheidskwessies, ten einde hierdie regte en die regte van seksuele minderhede in Afrika te verwesenlik.
Onderwerpe wat behandel word, sluit die volgende in:
(a) Omskrywing van menseregteskendings
(b) Ontleding van die grondoorsake van die skending van menseregte
(c) Navorsingsmetodes in die sosiale wetenskappe
(d) Ondersoek van feite en insameling van bewysmateriaal
(e) Onderhoudvoering
(f) Strategiese denke en die ontwikkeling van strategiese vennootskappe
(g) Gevorderde regsberedenering en regskryfwyse
(h) Strategiese impaklitigasie
(i) Onderhandeling en bemiddeling
(j) Mediavoorspraak
(k) Betrekking van die owerheid en ander belanghebbendes
(l) 'n Praktiese oefening as simulasie van werklike ingryping om stigma te versag en die bewuswording en aanvaarding van die regte van LGBTI-gemeenskappe te versterk teen die agtergrond van die land waarin die studente hul bevind.
Module-inhoud:
Ontwikkeling en voordrag van ’n navorsingsvoorstel. (’n Navorsingsvoorstel moet in die eerste semester van die tweede studiejaar by die studieleier ingedien en aanvaar word alvorens die student toegelaat sal word om vir die miniverhandeling te registreer.)Module-inhoud:
(a) Die student moet ’n navorsingsvoorstel gedurende die eerste jaar van registrasie ten opsigte van die LLM-graad by sy/haar studieleier inhandig alvorens daar begin kan word met die skryf van die miniverhandeling. (b) ‘n Miniverhandeling (MND 802) moet bestaan uit 18 000 tot 20 000 woorde insluitend die voetnotas maar die inhoudsopgawe en die bibliografie uitgesluit. Die miniverhandeling moet by die promotor ingehandig word nie later nie as Augustus van die tweede jaar van registrasie vir die LLM-graad. Die miniverhandeling moet handel oor die vakinhoud van een of ‘n kombinasie van die LLM-modules waarvoor die student geregistreer is. ’n Versoek ten opsigte van die verlenging van die tydperk vir indiening van die miniverhandeling kan slegs deur die Dekaan verleen word, op aanbeveling van die LLM-komitee.Module-inhoud:
In hierdie module val die klem op die toepassing van menseregtebeginsels op geselekteerde kwessies wat seksuele minderhede in Afrika raak, met die oog daarop om response gegrond op menseregte op verwante hedendaagse probleme in die Afrikastreek te ontwikkel. Die volgende onderwerpe word behandel: (a) Ontwikkeling van ’n kritiese begrip van die konsepte ‘seksuele oriëntasie’ ‘genderidentiteit’, ‘homoseksueel’, ‘biseksueel’, ‘gay’, ‘lesbies’, ‘transgender’, ‘interseks’, seksuele minderheid’, ‘heteroseksualiteit’ en (in Engels:)‘queer’’ (b) Begrip van die teorieë oor die sielkunde, biologie en sosiobiologie van homoseksualiteit (c) Ondersoek van die globale geskiedenis van homoseksualiteit, veral in die ‘Weste’ (die VSA en Brittanje), en die invloed daarvan op Afrika (d) Ondersoek van die evolusie van homoseksualiteit en die samelewing in Afrika, met inbegrip van ’n antropologiese oorsig van homoseksualiteit in tradisionele Afrika-gemeenskappe en in koloniale en postkoloniale Afrika (e) Begrip van die aard van die skendings van regte van ‘seksuele minderhede’ in die besonder deur owerhede en nie-owerheidsagentskappe in Afrika (waaronder skendings van die reg op gesondheid; diskriminasie gegrond op werklike of vermeende seksuele oriëntasie, genderidentiteit en MIV-status; seksuele en ander vorms van geweld; skendings van die reg op privaatheid; stigmatisering en die gevolge daarvan) (f) Begrip van die redes vir die skending van regte en homofobie in Afrika deur die rol van kultuur/tradisie, godsdiens en meerderheidsoorheersing te ondersoek (g) Oorweging van die rol van openbare beleid deur te fokus op die behoefte aan en moontlikheid vir regshervorming, en strategieë om gemeenskappe bewus te maak van die regte van seksuele minderhede en om homofobiese houdings te veranderCopyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.
Get Social With Us
Download the UP Mobile App