Code | Faculty |
---|---|
10253145 | Fakulteit Gesondheidswetenskappe |
Credits | Duration |
---|---|
Duur van studie: 1 jaar | Totale krediete: 180 |
Die MSc-graad word ingevolge die bepalings van die Algemene Regulasies toegeken op grond van ’n eksamen, óf 'n eksamen en 'n verhandeling, óf 'n eksamen en 'n skripsie, óf 'n verhandeling.
Sien ook Algemene Regulasies.
Let wel:
Dit word vereis dat alle MSc-studente vir die module (TNM 802) Toegepaste navorsingsmetodologie 802 moet registreer en dit bevredigend bywoon. (Vrystelling kan verleen word indien die module reeds vir BScHons geslaag is.)
Die maksimum tydperk vir die voltooiing van ’n magistergraad is vier jaar. Behoudens die bepalings van die Algemene Regulasies kan die Voorsitter van die betrokke Skool op aanbeveling van die departementshoof, in buitengewone omstandighede 'n vasgestelde beperkte verlenging van die tydperk goedkeur.
Navorsingsprotokol
Dit word van 'n student vir die MSc-graad vereis dat 'n volledige navorsingsprotokol ten opsigte van die beoogde verhandeling ná registrasie aan die MSc-komitee van die Skool en indien nodig ook aan die Etiekkomitee voorgelê word vir goedkeuring.
Verhandeling
'n Verhandeling moet by Studenteadministrasie ingedien word minstens drie maande voor die betrokke promosieplegtigheid.
'n Handleiding oor die redaksionele versorging van verhandelings is op aanvraag by die departementshoof beskikbaar.
Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.
Get Social With Us
Download the UP Mobile App