Code | Faculty |
---|---|
10253323 | Fakulteit Gesondheidswetenskappe |
Credits | Duration |
---|---|
Duur van studie: 1 jaar | Totale krediete: 180 |
Behoudens die bepalings van die Algemene Regulasies, word ’n vierjarige baccalaureusgraad, of ’n honneursgraad vereis, of in die geval van ’n driejarige baccalaureusgraad, ook toepaslike praktiese (beroeps-) ervaring soos deur die Universiteit voorgeskryf, plus enige ander addisionele werk wat die departements-hoof nodig mag ag: Met dien verstande dat die departementshoof die diskresie het om te oordeel of die voorvereiste kwalifikasie, of die kwalifikasie plus beroepservaring vir toelating tot ’n spesifieke rigting aanvaarbaar sal wees.
Alle MSc-studente moet vir die module (TNM 800) Toegepaste navorsings-metodologie 800 registreer en dit bevredigend bywoon. (Vrystelling mag verleen word indien die module reeds vir BScHons geslaag is.) Sien ook Algemene Regulasies.
Alle MSc-studente moet vir die module (TNM 802) Toegepaste navorsings-metodologie 802 registreer en dit bevredigend bywoon. (Vrystelling mag verleen word indien die module reeds vir BScHons geslaag is.)
Sien ook Algemene Regulasies.
Behoudens die bepalings van die Algemene Regulasies kan die Voorsitter van die Skool op aanbeveling van die departementshoof, 'n vasgestelde beperkte verlenging van die tydperk in buitengewone omstandighede goedkeur.
Navorsingsprotokol
Ná registrasie, moet 'n student vir die MSc-graad 'n volledige navorsingsprotokol oor die beoogde verhandeling aan die Akademiese Advieskomitee van die Skool en indien nodig ook aan die Etiekkomitee vir goedkeuring voorlê.
Verhandeling
'n Verhandeling oor 'n goedgekeurde navorsingsprojek moet addisioneel tot die gedoseerde leergang geslaag word. Die bepalings van die Algemene Regulasies in verband met die voorbereiding en indiening, tegniese versorging en samevatting van 'n verhandeling, is van toepassing.
'n Sistematiese literatuuroorsig (Cochrane-tipe) oor 'n goedgekeurde onderwerp wat onderneem word op so 'n wyse dat subjektiwiteit geminimaliseer word, mag as alternatief vir die verhandeling in die toekenning van die MSc-graad aangebied word, op voorwaarde dat CLI 870 Beginsels van kliniese epidemiologie sukesevol voltooi is. Dit vereis onder andere 'n navorsingsprotokol met duidelik geformuleerde doelstellings en metodes. In- en uitsluitingsmetodes vir die studie moet bepaal word. Waar toepaslik, moet die data opgesom word (meta-analise), met toepaslike statistiese metodes.
Die gemiddelde punt van die modules, geweeg volgens die aantal krediete van elke individuele module, sal die finale punt (%) van die gedoseerde werk wees.
Die graad word met lof toegeken aan 'n student wat ’n gemiddelde van minstens 75% in die gedoseerde leergang, sowel as 'n finale punt van minstens 75% vir die verhandeling verwerf het.
Module-inhoud:
Dit is die eerste (een-week) module aan die begin van die jaar, wat fokus op onderrig. Aan die einde van die week, behoort u ‘n beter begrip te hê van wat u wil bereik in openbare gesondheid en wat u benodig om dit te bereik. U sal waarskynlik u mening oor studiemetodes verander van individuele oppervlakkige leermetodes en memorisering, tot dieptekennisverwerwing, veral in groepsverband. Ten slotte, sal u die vermoë ontwikkel om vermeerdering in kennis in gesondheid, filosofie en etiek wat via die Internet gegenereer word tot u voordeel te gebruik.
Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.
Get Social With Us
Download the UP Mobile App