Code | Faculty |
---|---|
10258052 | Fakulteit Gesondheidswetenskappe |
Credits | Duration |
---|---|
Duur van studie: 2 jaar | Totale krediete: 180 |
(i) Behoudens die bepalings van Algemene Regulasie G.62 is die Baccalaureusgraad in Arbeidsterapie of ’n gelykwaardige kwalifikasie asook registrasie as arbeidsterapeut by die Raad vir Gesondheidsberoepe van Suid-Afrika ’n vereiste vir toelating.
(ii) 'n Student moet ten minste een jaar kliniese ervaring in die voorgestelde studieveld hê (Gemeenskapsdiensjaar uitgesluit).
(iii) ’n Student moet ’n pos van minstens 15 uur per week beklee vir die duur van die studie wat deur die departementshoof as toepaslik vir die betrokke rigting van die magisterstudie beskou word.
(iv) Spesialiseringsrigtings vir die gedoseerde MArb-graad word op ’n tweejaarlikse basis aangebied mits minstens vyf kandidate aansoek om toelating tot ’n spesifieke spesialiseringsrigting doen. Die sluitingsdatum vir nuwe aansoeke is 31 Oktober jaarliks. Kandidate sal so gou doenlik na genoemde datum in kennis gestel word of ’n spesifieke spesialiseringsrigting in die daaropvolgende jaar aangebied sal word. Aanvang van studie moet dus vooraf met die departementshoof bespreek word.
Sien ook Algemene Regulasies.
Let wel: Alle MArb-studente moet registreer vir (TNM 800) Toegepaste navorsingsmetodologie 800 en dit bevredigend bywoon. (Vrystelling word verleen indien die module, BSN 701 Biostatistiek en navorsingsmetodiek, reeds vir die BArbHons-graad geslaag is.)
Sien ook Algemene Regulasies.
Let wel: Alle MArb-studente moet registreer vir (TNM 802) Toegepaste navorsingsmetodologie 802 en dit bevredigend bywoon. (Vrystelling word verleen indien die module, BSN 701 Biostatistiek en navorsingsmetodiek, reeds vir die BArbHons-graad geslaag is.)
Die graad word met lof toegeken aan 'n student wat minstens 75% in die hoofvak en 'n gemiddelde van minstens 65% in die voorvereiste vakke behaal het.
Module-inhoud:
Toegepaste kliniese anatomie van strukture en stelsels soos uiteengesit in die studiehandleiding vir nagraadse anatomiekursusse.
Module-inhoud:
Dieptestudie van (i) klassifikasie, ontwikkeling van aktiwiteitsdeelname en die invloed van aktiwiteitsdeelname op die gesondheid; (ii) biopsigososiale perspektiewe op aktiwiteitsdeelname.
Module-inhoud:
Toegepaste kliniese anatomie van strukture en stelsels soos uiteengesit in die studiehandleiding vir nagraadse anatomiekursusse.
Module-inhoud:
Dieptestudie van (i) klassifikasie, ontwikkeling van aktiwiteitsdeelname en die invloed van aktiwiteitsdeelname op die gesondheid; (ii) biopsigososiale perspektiewe op aktiwiteitsdeelname.
Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.
Get Social With Us
Download the UP Mobile App