Code | Faculty |
---|---|
12262009 | Fakulteit Ingenieurswese, Bou-omgewing en Inligtingtegnologie |
Credits | Duration |
---|---|
Minimum duur van studie: 2 jaar | Totale krediete: 360 |
Prof BP Jekot [email protected] | +27 (0)124204052 |
‘n PhD-student moet ’n proefskrif voorlê wat oor ’n onderwerp uit die binne-argitektuurdissipline handel en wat bewys lewer van gevorderde oorspronklike navorsing en/of kreatiewe werk wat ’n werklike en beduidende bydrae tot die kennis en/of praktyk van binne-argitektuur lewer.
‘n Student moet voor of saam met die indiening van die proefskrif minstens een konsepartikel vir publikasie aan ’n erkende joernaal voorlê. Die konsepartikel moet op navorsing vir die proefskrif gebaseer wees en vir die promotor aanvaarbaar wees.
Verwys na G Regulasies G.42 tot G.54.
'n Kandidaat met 'n magistergraad in binne-argitektuur of die MSc (Toegepaste Wetenskap)-graad van die Universiteit van Pretoria, word tot doktorale studie toegelaat.
Die Departementshoof mag van ’n kandidaat, wat oor ’n gedoseerde magistergraad beskik, vereis om aanvullende modules voor die aanvang van studie te slaag.
'n Geskrewe of mondelinge doktorale eksamen is verpligtend en handel oor die inhoud van die proefskrif sowel as die vakgebied waarop die proefskrif gebaseer is.
Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.
Get Social With Us
Download the UP Mobile App