Code | Faculty |
---|---|
12252036 | Fakulteit Ingenieurswese, Bou-omgewing en Inligtingtegnologie |
Credits | Duration |
---|---|
Minimum duur van studie: 2 jaar | Totale krediete: 240 |
Hierdie magistergraad word verwerf deur 'n gedoseerde leergang en 'n miniverhandeling te slaag. Die onderwerp van die miniverhandeling moet deur die Departementshoof goedgekeur word.
Ter aanvulling van kennis van studente sonder 'n BS&S-graad, kan van hulle vereis word om aanvullende voorgraadse modules te slaag.
'n Minimum semester-/jaarpunt van 40% word benodig vir eksamentoelating in 'n spesifieke module. Daar moet ook voldoen word aan alle ander eksamen-toelatingsvereistes, wat van toepassing is op die spesifieke module. 'n Minumum slaagpunt van 40% word in die eksamen vereis, met 'n minimum finale punt van 50% om te slaag.
Die graad word met lof toegeken aan ’n student wat 'n geweegde gemiddelde van minstens 75% in die eksamen vir al die vereiste kernmodules en die miniverhandeling behaal het.
Module-inhoud:
Inleiding tot ontwikkeling en ontwikkelingsbeplanningsteorieë; die geïntegreerde ontwikkelingsbeplanningsproses; wetlike, institusionele en beleidsraamwerke waarbinne geïntegreerde beplanning in Suid-Afrika funksioneer; implementering van geïntegreerde ontwikkelingsplanne; gevallestudies van geïntegreerde ontwikkelingsbeplanning; simulasies van geïntegreerde ontwikkelingsbeplanningsoefeninge.Module-inhoud:
Oorsig, aard en rasionaal van metropolitaanse en stedelike-area-gebaseerde intervensies; unieke probleme in metropolitaanse gebiede, byvoorbeeld agteruitgang van die middestad, randontwikkeling, behuising- en dienstetekorte, die disfunksionele Apartheidslandskap en afhanklikheid van private vervoer; Tipes intervensies (onder andere institusioneel, ruimtelik, ekonomies en sosiaal) ten einde herstrukturering en ontwikkeling in Suid-Afrikaanse metropolitaanse gebiede op 'n relevante, sosiale en omgewings-verantwoordbare manier te bereik. Beleid en wetgewing van toepassing op stedelike herstrukturering en ontwikkeling in Suid-Afrika. Internasionale en plaaslike gevallestudies; Die impak van globalisasie op Suid-Afrikaanse metropolitaanse gebiede en groot stede; Simulasie-oefening van metropolitaanse en stedelike-area-gebaseerde intervensies.Module-inhoud:
Oorsig, aard en rasionaal van streeksintervensies op supra-nasionale en sub-nasionale skaal; benaderings tot beplanning en ontwikkeling op kontinentale, makro-streek-, provinsiale en distrikskaal; tipes intervensies (onder andere institusioneel, ruimtelik, ekonomies en sosiaal) ten einde herstrukturering en ontwikkeling in streke op 'n relevante, sosiale en omgewingsverantwoordbare manier te bereik, voormalige en huidige voorbeelde van beplanning op elkeen van hierdie vlakke; kritiek en verbeterings op huidige praktyk; debatte rondom die manier waarop probleme van landelike nedersettings (soos die afwesigheid van 'n ekonomiese basis en nodige infrastruktuur, gebrek aan toegang tot grond en botsende eise rakende natuurlike hulpbronne) in streke aangespreek kan word; internasionale en plaaslike gevallestudies. Gesimuleerde oefening van streekskaal-intervensies.Module-inhoud:
Normatiewe beginsels vir volhoubare nedersettingsbeplanning en -ontwerp; ontwerpteorie; beplannings- en ontwerpprosesse; gesimuleerde stedelike en landelike nedersettingsbeplanning en ontwerpoefening.Module-inhoud:
Teorie van stadsontwerp en die verwantskap met stads en streekbeplanning; stadsontwerpbeginsels vir goed-presterende nedersettings; stadsontwerpproses; stadsontwerp raamwerke en -sektorplanne; gesimuleerde stadsontwerpoefening op woonbuurtvlak.Module-inhoud:
Definiëring van navorsing; navorsingsparadigmas; Navorsingsetiek; navorsingsprobleme/-vrae; literatuuroorsigte; navorsingsontwerp; geselekteerde kwalitatiewe en kwantitatiewe metodes vir data-insameling, analise en interpretasie; rapportering van navorsing; formulering van 'n navorsingsvoorstel.
Module-inhoud:
Kontekstualisering van `n navorsingsprobleem/-vraag; literatuurstudie; navorsingsontwerp en -metodes; onderneem empiriese navorsing in lyn met `n goedgekeurde navorsingsvoorstel; versameling, analise en interpretasie van data; opskryf van navorsingsbevindinge.
Module-inhoud:
'n Kort geskiedenis van grondgebruikbestuur in Suid-Afrika; rasionaal agter grondgebruikbestuur; beginsels van goeie grondgebruikbestuur binne die konteks van post-apartheid, globale omgewingsverandering, nuwe geografiese ekonomie en ontwikkelingsekonomie; kritiek teen grondgebruikbestuur; etiek in grondgebruikbestuur; die eienskappe van 'n geskikte grondgebruikbestuurstelsel wat transformasie, volhoubaarheid, veerkragtigheid, gelykheid, inklusiwiteit en integrasie in Suid-Afrika bevorder; die skakel tussen grondgebruikbestuur en strategiese ruimtelike beplanning; internasionale en Suid-Afrikaanse voorbeelde van grondgebruikbestuurstelsels; die toekoms van grondgebruikbestuur. Generiese komponente van grondgebruik- en grondontwikkelingsaansoeke en prosedures; praktiese oefeninge in die opstel, indiening, prosessering en evaluering van grondgebruiksaansoeke; beleidvoorbereiding rakende grondgebruikbestuurstelsels wat die beginsels van goeie grondgebruikbestuur bevorder; appèlle; inleiding tot omgewingsimpakstudies.Module-inhoud:
Oorsig van institusionele en wetlike raamwerke vir beplanning en ontwikkeling in Suid-Afrika op nasionale en provinsiale vlak. Verwante wetgewing en beleid wat beplanning beïnvloed. Spesifieke verwysing na wetgewende raamwerke vir grondontwikkeling, die omgewing, munisipale bestuur en ontwikkeling, vervoer, behuising, water en menseregte.Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.
Get Social With Us
Download the UP Mobile App