Code | Faculty |
---|---|
09240051 | Fakulteit Opvoedkunde |
Credits | Duration |
---|---|
Minimum duur van studie: 1 jaar | Totale krediete: 128 |
Prof T Vandeyar [email protected] | +27 (0)124202372 |
'n Kandidaat kan toegelaat word indien hy/sy in besit is van een van die volgende kwalifikasies:
Die keuring is gebaseer op:
Behoudens uitsonderings wat die Dekaan op aanbeveling van die Departementshoof goedkeur, kan 'n student hom of haar nie meer as twee maal vir die honneurseksamen in dieselfde module aanmeld nie.
'n Finalejaarstudent wat 'n maksimum van drie semestermodules of die ekwivalent daarvan gedruip het en 'n finale punt van minstens 40% in elkeen behaal het, kan deur die Dekaan toegelaat word om gedurende Januarie van die daaropvolgende jaar 'n spesiale eksamen in sodanige module(s) af te lê, mits die student daardeur aan alle vereistes vir die graad kan voldoen.
'n Navorsingsprojek is verpligtend en moet volgens die voorskrifte van die betrokke departement voorberei en ingedien word vir eksaminering.
Die graad word met lof verwerf indien die student 'n algehele gemiddelde van 75% behaal het, met 'n minimum van 70% in elke module.
Minimum krediete: 128
Module-inhoud:
Begeleide navorsingsprojek van beperkte omvang. Beperkte aksie-navorsing in die skool of werkplek. Ontwikkeling van ‘n navorsingsvoorstel. Die toepassing van kwalitatiewe en/of kwantitatiewe metodes. Skryf van 'n navorsingsverslag.
Module-inhoud:
Begeleide literatuurstudie, formulering van ? konseptuele raamwerk en ontwikkeling van ’n navorsingsvoorstel vir ? begeleide navorsingsprojek van beperkte omvang.
Module-inhoud:
Grondslae, beginsels en etiek van assesseringspraktyke. Internasionale tendense in assesseringspraktyke. Kwantitatiewe en kwalitatiewe assesseringsmodes en toepaslike assesserings-instrumente. Bewys-generering vir assessering. Assessering en kwaliteitsversekering. Tegnieke vir rekenaargebaseerde assessering.
Module-inhoud:
Beginsels en benaderings van kurrikulum-/programontwerp en -ontwikkeling. Internasionale en nasionale modelle en ontwikkelinge op hierdie terrein. Beginsels van uitkomsgebaseerde programontwerp binne die SAQA-konteks. Kurrikulumontwikkelingsmodelle en instrumente in aksie. Situasie-taakanalise en behoeftebepaling. Ontwikkeling. Disseminasie. Implementering as veranderingsproses. Assessering en evaluering.Module-inhoud:
Die doel met hierdie module is om die kandidaat in staat te stel om verskeie rekenaargeïntegreerde tegnieke met betrekking tot kognitiewe hulpmiddels te bemeester.Module-inhoud:
Die doel met hierdie module is om die kandidaat in staat te stel om verskeie rekenaargeïntegreerde tegnieke met betrekking tot instruksionele hulpmiddels en multimedia in onderwys en opleiding te bemeester.Module-inhoud:
Metateorieë in die opvoedkunde. Empirisme. Rasionele empirisme, kritiese rasionalisme, kritiese teorie. Fenomenologie. Hermeneutika. Sisteemteorie. Filosofieë in opvoedkunde. Tradisionele filosofieë, inheemse (Afrika) filosofieë. Die invloed van modernisme en postmodernisme op die onderwys. Sosiologiese imperatiewe vir opvoeding. Teorieë van gemeenskapsverandering en rolle en waardes van opvoeding. Vergelykende perspektiewe op leerteorieë en die betekenis daarvan vir opvoeding.
Module-inhoud:
Die aard van onderwyskundige navorsing: navorsingskonteks, wetenskap, navorsings-etiek, waarheid, rasionaliteit, subjektiwiteit en objektiwiteit. Kwantitatiewe en kwalitatiewe navorsingsbenaderings, navorsingsontwerpe en data-insamelingstegnieke. Verskeidenheid benaderings in kwalitatiewe navorsing, insluitend: gevallestudies, historiese navorsing, etnografiese en aksienavorsing. Basiese konsepte en beginsels van kwantitatiewe navorsing. Statistiese tegnieke in die onderwysnavorsingsproses. Opnamemetodologie en vraelysontwerp. Klassifikasie en grafiese voorstelling van data. Beskrywende metings. Statistiese inferensie. Dataverwerkingsprosedures. Parametriese versus nieparametriese toetse. Enkele toetsstatistiek (bv. F-toetse, en T–toetse).
Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.
Get Social With Us
Download the UP Mobile App