Code | Faculty |
---|---|
09250578 | Fakulteit Opvoedkunde |
Credits | Duration |
---|---|
Minimum duur van studie: 2 jaar | Totale krediete: 180 |
‘n Kandidaat kan toegelaat word indien hy/sy in besit is van een van die volgende:
Die Senaat kan:
Alle aansoeke is onderworpe aan keuring. Die keuring is gebaseer op:
Alle magisterstudente moet 'n verhandeling of 'n miniverhandeling indien, en moet Navorsingsvoorstel (NMQ 800) slaag. Vir die MEd-graad met verhandeling, moet studente 'n verhandeling wat handel oor ’n onderwerp wat deur die Dekaan op aanbeveling van die Departementshoof goedgekeur is, voorlê nadat ’n volledige navorsingsvoorstel goedgekeur is. ’n Literatuurstudie is nie aanvaarbaar nie.
Die gedoseerde MEd-graad word met lof toegeken aan 'n student wat 75% vir die miniverhandeling sowel as 'n gemiddelde van 75% in die res van die modules behaal het.
Module-inhoud:
Ontwikkeling van 'n navorsingsvoorstel. Navorsingsmetodologie. Oorsig en beginsels van kwalitatiewe en kwantitatiewe navorsingsmetodes. Datainsamelingstegnieke, data analise metodes, paradigm-analieses en teoretiese raamwerke vir opvoedkundige studies. Globale teoretiese perspektiewe in Opvoedkunde.
Module-inhoud:
Voortgesette professionele ontwikkeling van onderwysers (VPOO) as deel van menslikehulpbronbestuur (MHB) in Suid-Afrika met betrekking tot kwaliteit-onderwys. Internasionale debatte rakende voortgesette professionele ontwikkeling van onderwysers en menslikehulpbronbestuur. Konstruksie en interpretasie van begrotings. Die debat oor kwaliteit en ekwiteit.
Module-inhoud:
Hierdie module stel studente bekend aan die skoolhoof as leier van kurrikulum en instruksie binne skoolkonteks, met die bevordering van leer as primêre doel. Voornemende skoolhoofde raak bevoeg in die toepassing van leierskapstrategieë insluitend opleiding en taksering van opvoeders om die kwaliteit van onderrig en leer in die skool te bevorder.Module-inhoud:
Studente sal onderrig word in aspekte van onderwysreg wat ‘n invloed het op die daaglikse aktiwiteite van die skoolhoof. Hierdie module maak gebruik van gevallestudie met betrekking tot insidente wat afspeel binne skoolkonteks. Ingesluit is menseregte, gelykheid en diskriminasie. Studente word opgelei om kennis van werksverhoudinge, SACE-gedragskode en internasionale vergelykende gevallestudies van toepassing op onderwys en reg te kan toepas.Module-inhoud:
‘n Verhandeling van beperkte omvang onder die leiding van ‘n studieleier word uitgevoer op enige geïdentifiseerde en geselekteerde probleem op die gebied van onderwysbestuur, -reg en -beleid.Module-inhoud:
Ontwikkeling van 'n navorsingsvoorstel. Navorsingsmetodologie. Oorsig en beginsels van kwalitatiewe en kwantitatiewe navorsingsmetodes. Datainsamelingstegnieke, data analise metodes, paradigm-analieses en teoretiese raamwerke vir opvoedkundige studies. Globale teoretiese perspektiewe in Opvoedkunde.
Module-inhoud:
Voortgesette professionele ontwikkeling van onderwysers (VPOO) as deel van menslikehulpbronbestuur (MHB) in Suid-Afrika met betrekking tot kwaliteit-onderwys. Internasionale debatte rakende voortgesette professionele ontwikkeling van onderwysers en menslikehulpbronbestuur. Konstruksie en interpretasie van begrotings. Die debat oor kwaliteit en ekwiteit.
Module-inhoud:
Hierdie module stel studente bekend aan die skoolhoof as leier van kurrikulum en instruksie binne skoolkonteks, met die bevordering van leer as primêre doel. Voornemende skoolhoofde raak bevoeg in die toepassing van leierskapstrategieë insluitend opleiding en taksering van opvoeders om die kwaliteit van onderrig en leer in die skool te bevorder.Module-inhoud:
Studente sal onderrig word in aspekte van onderwysreg wat ‘n invloed het op die daaglikse aktiwiteite van die skoolhoof. Hierdie module maak gebruik van gevallestudie met betrekking tot insidente wat afspeel binne skoolkonteks. Ingesluit is menseregte, gelykheid en diskriminasie. Studente word opgelei om kennis van werksverhoudinge, SACE-gedragskode en internasionale vergelykende gevallestudies van toepassing op onderwys en reg te kan toepas.Module-inhoud:
‘n Verhandeling van beperkte omvang onder die leiding van ‘n studieleier word uitgevoer op enige geïdentifiseerde en geselekteerde probleem op die gebied van onderwysbestuur, -reg en -beleid.Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.
Get Social With Us
Download the UP Mobile App