Code | Faculty |
---|---|
01264182 | Fakulteit Geesteswetenskappe |
Credits | Duration |
---|---|
Minimum duur van studie: 2 jaar | Totale krediete: 360 |
Dr A Antonites [email protected] | +27 (0)124206490 |
Prof I Pikirayi [email protected] | +27 (0)124204661 |
Die studie moet binne vier jaar na eerste registrasie vir die graad voltooi word. Die proefskrif bestaan uit ongeveer 60 000-100 000 woorde en is gebaseer op ’n navorsingsvoorstel wat deur die Fakulteit Geesteswetenskappe se Nagraadse en Navorsingsetiekkomitee goedgekeur is. Die proefskrif moet positiewe navorsingsresultate lewer en die stand van argeologiese kennis beduidend bevorder.
Daar word van studente verwag om die proefskrif te verdedig in ’n mondelinge voorlegging (AGL 900); die formaat word deur die studieleier en programbestuurder bepaal.
Studente moet voor voltooiing van die DPhil ten minstens sestien (16) weke veldwerk voltooi en moet kan toon dat hulle gevorderde veldwerktegnieke bemeester het.
Studente wat nie die oor die vereiste vlak van taalvaardigheid in Engels beskik nie, moet ’n addisionele module (TTS 751 Akademiese skryfvaardigheid) neem.
Module-inhoud:
Omvattende en oorspronklike bydra tot argeologiese kennis gebaseer op ’n goedgekeurde navorsingsvoorstel en etiese klaring. Die navorsing moet deskundig wees en die vermoë toon om beide binne en buite die dissiplinêre grense te werk. Proefskrif moet tussen 50 000–100 000 woorde wees en moet beduidend die stand van kennis in die studievak bevorder. Die proefskrif moet meesterskap oor gevorderde veld en analitiese tegnieke toon, sowel as ’n gesofistikeerde begrip en die toepassing van toepaslike argeologiese teorieë demonstreer. Die hele projek moet aanspreeklik wees op institusionele, sosiale en intellektuele vlakke, en ’n gevorderde begrip van wat argeologiese navorsing in ’n na-koloniale konteks behels, toon.Module-inhoud:
Omvattende en oorspronklike bydra tot argeologiese kennis gebaseer op ’n goedgekeurde navorsingsvoorstel en etiese klaring. Die navorsing moet deskundig wees en die vermoë toon om beide binne en buite die dissiplinêre grense te werk. Proefskrif moet tussen 50 000–100 000 woorde wees en moet beduidend die stand van kennis in die studievak bevorder. Die proefskrif moet meesterskap oor gevorderde veld en analitiese tegnieke toon, sowel as ’n gesofistikeerde begrip en die toepassing van toepaslike argeologiese teorieë demonstreer. Die hele projek moet aanspreeklik wees op institusionele, sosiale en intellektuele vlakke, en ’n gevorderde begrip van wat argeologiese navorsing in ’n na-koloniale konteks behels, toon.Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.
Get Social With Us
Download the UP Mobile App