Code | Faculty |
---|---|
01251074 | Fakulteit Geesteswetenskappe |
Credits | Duration |
---|---|
Minimum duur van studie: 1 jaar | Totale krediete: 180 |
Dr MP le Roux [email protected] | +27 (0)124205321 |
Sluitingsdatum vir aansoeke: Jaarliks 31 Julie.
’n Verpligte module in navorsingsmetodologie, naamlik MWT 864, moet geslaag word.
Om die graad met lof te verwerf moet ’n gemiddelde punt van 75% vir die kernmodules en miniverhandeling behaal word, onderworpe aan minstens 70% vir die miniverhandeling.
Module-inhoud:
*Departementele keuring
Spelterapie met die kind
Ontwikkelingsgerigte maatskaplike werk en kinderwelsyn; benaderings in spelterapie; kinderontwikkelingsteorieë; die multidissiplinêre span; die Gestaltspelterapie-proses; terapeutiese verhouding met die kind; sensoriese bewustheid en kontak; bou van die sin van self; benutting van projeksie; speltegnieke: teken.
Module-inhoud:
*Geslote - vereis departementele keuring
Die kind in die gesin
Speltegnieke: klei en sandbakwerk; die kind in konteks van die gesin; assessering in verskillende kontekste (bv terapeuties, forensies, veiligheid en risiko); trauma en verlies; spelgebaseerde gesinsintervensie.
Module-inhoud:
*Geslote - vereis departementele keuring
Die kind in die gemeenskap
Die impak van ongunstige omstandighede; speltegnieke; bibliospel; drama en sosiodrama, handpoppe en musiek; voorkoming, vroeë intervensie en vroeë kinderontwikkeling; veerkragtigheid in individue, gesinne en gemeenskappe.
Module-inhoud:
*Departementele keuring
Navorsingsetiek, navorsingsbenaderings, tipes navorsing, navorsingsontwerpe en navorsingsproses soos van toepassing op maatskaplike werk.
Module-inhoud:
*Geslote - departementele keuring
Integrering en demonstrasie van teoretiese komponente van spelterapie in die praktyk. Dit sluit in grondbeginsels van spelterapeutiese benaderings en ontwikkelingsteorieë, beginsels en tegnieke van spel-assessering en spelterapie; die implementering van die spelterapeutiese proses met die kinderkliënt binne sy verskillende sisteme.
Module-inhoud:
‘n Omvattende verslag (80-100 bladsye) oor ‘n goedgekeurde navorsingsprojek gebaseer op onafhanklike navorsing in ‘n MMW spesialisveld geselekteer in oorleg met ‘n studieleier. Skolastiese en gevorderde navorsing van geselekteerde spesialisterrein, insluitend beplanning, bronbenutting en bestuur van prosesse. Toerekenbaarheid vir die bereiking en evaluering van persoonlike en/of groepuitsette.Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.
Get Social With Us
Download the UP Mobile App