Code | Faculty |
---|---|
01130038 | Fakulteit Geesteswetenskappe |
Credits | Duration |
---|---|
Minimum duur van studie: 3 jaar | Totale krediete: 370 |
Dr SN Mbete [email protected] | +27 (0)124204240 |
Die program is gerig daarop om kennis te vestig en vaardighede te ontwikkel ten einde hedendaagse wêreldpolitiek en die verandering wat dit ondergaan te verstaan. Dit stel die student in staat om in ’n beroepsituasie in die openbare of private sektor op ’n innoverende en proaktiewe wyse op die probleme en uitdagings van globalisering te reageer.
Minimum vereistes | ||||
Prestasievlak | TPT | |||
Afrikaans of Engels | ||||
NSS/IEB | HIGCSE | AS-Level | A-Level | |
5 | 3 | C | C | 30 |
Eerste studiejaar - FUNDAMENTELE MODULES
Studente wat in terme van hul akademiese geletterdheid as risikogevalle geïdentifiseer is, is verplig om VAG 110 en VAG 125 te neem.
Studente wat nie in terme van hul akademiese geletterdheid as risikogevalle geïdentifiseer is nie, is verplig om ’n taalmodule ter waarde van 12 krediete uit die lys van taalmodules (sien Akademiese geletterdheid) te neem.
Krediete vir KEUSEMODULES (totaal = 188):
Eerste jaar: 88/96
Tweede jaar: 40
Derde jaar: 60
Keusemodules
Jaarvlak 1:
Kies vier dissiplines. Doen twee semestermodules (of die kredietwaarde daarvan) uit elk van dié dissiplines.
Jaarvlak 2:
Neem twee semestermodules (of die kredietwaarde daarvan) uit dieselfde dissipline as vir jaarvlak 1;
of neem twee Ekonomie-semestermodules op jaarvlak 2 (op voorwaarde dat EKN 120 geneem is en dat aan die voorvereistes voldoen word) tesame met een bykomende module op jaarvlak 2 indien die kredietwaarde van die Ekonomie-modules nie 40 krediete beloop nie.
Jaarvlak 3:
Neem twee semestermodules (of die kredietwaarde daarvan) óf uit dieselfde dissipline as vir jaarvlak 2; óf uit Staatsleer óf uit Ekonomie tesame met een bykomende module op jaarvlak 3 indien die kredietwaarde van die Ekonomie-modules nie 60 krediete beloop nie.
Let wel:
Akademiese geletterdheid
Alle studente wat vir die eerste keer aan die Universiteit van Pretoria inskryf en alle nuwelingstudente wat vir die eerste keer by die Fakulteit Geesteswetenskappe inskryf se akademiese geletterdheid sal aan die begin van die akademiese jaar deur middel van hulle NSS-punte bepaal word.
Alle studente in die Fakulteit Geesteswetenskappe wat as risikogevalle geïdenti¬fiseer is, is verplig om ten minste twaalf krediete te verwerf in die akademiese- geletterdheidsmodules VAG 110 of ALL 110 en VAG 125 of ALL 125.
Alle studente in die Fakulteit Geesteswetenskappe wat nie as risikogevalle geïdentifiseer is nie, is verplig om ten minste 12 krediete in ’n taalmodule te verwerf:
Department of English
ENG 110 Introduction to literature in English (I)
ENG 120 Introduction to literature in English (II)
ENG 118 English for specific purposes
Departement Afrikaans
AFR 110 Afrikaanse taalkunde en letterkunde
AFR 120 Afrikaanse taalkunde en letterkunde
AFR 114 Afrikaans vir sprekers van ander tale (I)
Departement Afrikatale
NDE 1101 Inleiding tot isiNdebele-grammatika: Capita selecta
*Studente wat isiNdebele in die tweede semester wil neem, registreer ook vir AFT 121 (Afrikatale-letterkunde: Capita selecta)
ZUL 110 IsiZulu vir beginners
ZUL 111 Inleiding tot isiZulu-grammatika – Capita selecta
*Studente wat isiZulu in die tweede semester wil neem, registreer ook vir AFT 121 (Afrikatale-letterkunde: Capita selecta)
SEP 110 Sepedi vir beginners
SEP 111 Inleiding tot Sepedi-grammatika – Capita selecta
*Studente wat Sepedi in die tweede semester wil neem, registreer ook vir AFT 121 (Afrikatale-letterkunde: Capita selecta)
STW 110 Setswana vir beginners
STW 111 Inleiding tot Setswana-grammatika – Capita selecta
*Studente wat Setswana in die tweede semester wil neem, moet ook vir AFT 121 (Afrikatale-letterkunde: Capita selecta) registreer.
Departement Moderne Europese Tale
DTS 104 Duits vir beginners
DTS 113 Duits: Kultureel-professioneel (1) *Voorvereiste: Graad 12 Duits
FRN 104 Frans vir beginners
FRN 113 Frans: Kultureel-professioneel (1) *Voorvereiste: Graad 12 Frans
SPN 101 Spaans vir beginners
SPN 102 Spaans vir beginners
PTG 101 Portugees vir beginners
Departement Antieke Tale en Kulture
HEB 110 Hebreeus
LAT 110 Latyn
GRK 110 Grieks
Minimum krediete: 130
Module-inhoud:
Verkry, evalueer, verwerk, bestuur en bied inligtingsbronne vir akademiese doeleindes aan deur gebruik te maak van toepaslike tegnologie. Pas effektiewe soekstrategieë toe in verskillende tegnologiese omgewings. Demonstreer die etiese en regverdige gebruik van inligtingsbronne. Integreer 21ste-eeuse kommunikasie met die bestuur van akademiese inligting.Module-inhoud:
Vind, evalueer, prosesseer, bied inligtingbronne aan en bestuur hulle vir akademiese doeleindes deur die gepaste tegnologie te gebruik.Module-inhoud:
Pas effektiewe soekstrategieë toe in verskillende tegnologiese omgewings. Demonstreer die etiese en regverdige gebruik van inligtingsbronne. Integreer 21ste-eeuse kommunikasie met die bestuur van akademiese inligting.Module-inhoud:
*Hierdie inligting is slegs in Engels beskikbaar.
This module intends to equip students to cope more confidently and competently with the reading and understanding of a variety of texts, to apply these skills in a variety of contexts and to follow the conventions of academic writing.
Module-inhoud:
*Hierdie inligting is slegs in Engels beskikbaar.
This module equips students to understand and use a range of discipline-specific terminology; apply the strategies of critical and comprehensive reading to their own academic literacy; apply the conventions of academic writing to their own writing, using the process approach, to produce intelligible academic texts and use the correct referencing technique as required by the faculty.
Module-inhoud:
’n Inleiding tot die bestudering van die georganiseerde politieke samelewing op nasionale en internasionale vlak, met spesifieke verwysing na politieke konsepte, benaderings en metodes. Die klem val op die staat en regeerkunde as ontledingsraamwerke inaggenome die belangrikste veranderinge wat deur globalisering veroorsaak word op nasionale en internasionale vlak. Aandag word geskenk aan die verwante dinamika van regime-ontwikkeling, prestasie en verandering op nasionale en internasionale vlak in die lig van toenemende uitdagings aan nasionale soewereiniteit van binne en buite die staat in ’n konteks van ’n groeiende globale agenda wat transnasionale aspekte hanteer soos die omgewing, menseregte, ontwikkeling en humanitêre intervensie.
Module-inhoud:
Inleiding tot Antropologie Hierdie inleiding tot antrop0ologie stel die basiese begrippe van die dissipline, soos rituele, religieê, huweliksluiting en seks, bekend. Dit kombineer klassieke en resente studies, en vra 'groot vrae' oor die menlike samelewing en kulture wat uitdagende perspektiewe bied op die wêreld waarin ons leef.Module-inhoud:
Plaaslike kontekste, globale kwessies Hierdie module bou voort op die inleidende etnografiese en teoretiese temas bevat in APL 110 terwyl spesifieke vrae gevra word oor hoe ons die verhouding tussen die plaaslike en globale, die inheemse en universele, die publieke en private, en die werklike en moontlike kan konseptualiseer.Module-inhoud:
*Geen vorige kennis of ondervinding van Duits word vereis vir toelating nie. Studente wat graad 12-Duits geslaag het, word nie toegelaat tot hierdie module nie. ’n Intensiewe inleidende studie van die Duitse taal wat fokus op die aanleer van basiese kommunikasievaardighede naamlik luister, lees, praat en skryf. Dit bied ook ’n kort inleiding tot die kultuur van Duitssprekende lande. Hierdie module voldoen aan die vereistes vir vlak A2 van die “Common European Framework of Reference for Languages”.Module-inhoud:
Grondige hersiening van Duitse grammatika: ontwikkeling van lees-, skryf-, praat- en begripsvaardighede. Analise en interpretasie van tekste.Module-inhoud:
Voortsetting van grondige hersiening van Duitse grammatika: verdere ontwikkeling van lees-, skryf-, praat- en begripsvaardighede. Analise en interpretasie van tekste.Module-inhoud:
Hierdie module het te doen met die kern beginsels van ekonomie. 'n Onderskeid tussen makro-ekonomie en mikro-ekonomie word getref. 'n Bespreking van die markstelsel en die sirkulêre vloei van goedere, dienste en geld word gevolg deur 'n afdeling wat handel oor mikro-ekonomiese beginsels, insluitend vraag- en aanbod ontleding, verbruikers gedrag en nutmaksimering, produksie en die koste daarvan, en die verskillende mark modelle van firma gedrag. Arbeids markinstellings en kwessies, loonbepaling, asook inkome-ongelykheid en armoede word aangespreek. 'n Afdeling oor geld, bankwese, rentekoerse en monetêre beleid sluit die kursus af.
Module-inhoud:
Hierdie module beskou die kern beginsels van ekonomie, met spesifieke fokus op makro-ekonomiese maatstawwe. Die private en openbare sektore van die Suid-Afrikaanse ekonomie word behandel, terwyl die makro-ekonomiese verwantskappe en meting van binnelandse produk en nasionale inkomste bespreek word. Totale vraag en -aanbod vorm die kern van hierdie ontleding. Verwante konsepte van ekonomiese groei, werkloosheid en inflasie word ook aan studente verduidelik met behulp van hierdie analise. Die mikro-eknomiese beginsels van die owerheid word behandel in 'n afsonderlike afdeling, gevolg deur 'n afdeling oor internasionale ekonomie wat fokus op internasionale handel, wisselkoerse en die betalingsbalans. Ontwikkelings ekonomie en 'n afdeling van Suid-Afrika in die konteks van die wêreld-ekonomie vorm die laaste deel van die kursus.
Module-inhoud:
*Hierdie inligting is slegs in Engels beskikbaar.
*Alternative evening classes - 2 discussion classes per week
Introduction to Literature in English (1) This module introduces the study of literature by examining a number of texts representing different genres (poetry, prose, drama). The texts studied here will be mainly from the pre-twentieth century era and may include texts written in English from both Africa and other parts of the world. The aim of this module is to equip students with the critical and analytical skills required for a perceptive reading of poetry, novels and plays.
Module-inhoud:
*Hierdie inligting is slegs in Engels beskikbaar.
*Alternative evening classes: 2 discussion classes per week
Introduction to Literature in English (2)
This module introduces the study of post-nineteenth century literature by examining a number of texts representing different genres (poetry, drama, prose). Texts will be from both Africa and other parts of the world. By the end of this module students should have the background and analytical skills to perceptively read modern and contemporary poetry, novels and plays.
Module-inhoud:
Inleiding tot die basiese konsepte en verwantskappe wat nodig is vir insig in die kompleksiteit van natuurlike omgewingsprobleme, fisiese en menslike omgewings, mensgeïnduseerde omgewingsprobleme, die wyses waarop die natuurlike omgewing menslike gemeenskappe en biodiversiteit beïnvloed, oorsig van belangrike omgewingsvraagstukke in Suidelike Afrika en volhoubare ontwikkeling binne hierdie konteks.Module-inhoud:
Inleiding tot die Filosofie Die twee semestermodules in die eerste jaar bied studente ? inleiding tot die vier hoof- onderafdelings van Filosofie, te wete epistemologie, metafisika, etiek, en politieke filosofie. Hierdie module bied‚ ’n inleiding tot twee van hierdie onderafdelings. Studente moet die Departement Filosofie kontak om vas te stel watter twee onderafdelings in watter semester aangebied word, aangesien die keuse mag wissel van tyd tot tyd op grond van beskikbaarheid van onderrigpersoneel. Studente sal bekendgestel word aan die aard van filosofiese nadenke deur ’n aantal klassieke filosofiese temas in elke onderafdeling te ondersoek. Regdeur die module word daar aandag gegee aan die ontwikkeling van daardie kritiese denk-, lees- en skryfvaardighede wat in die Filosofie vereis word, terwyl studente bekendgestel word aan die krag van kritiek as onderskeidingsvermoë en oordeelkundigheid.Module-inhoud:
Inleiding tot die Filosofie Die twee semestermodules in die eerste jaar bied studente ? inleiding tot die vier hoof- onderafdelings van Filosofie, te wete epistemologie, metafisika, etiek, en politieke filosofie. Hierdie module bied ’n inleiding tot twee van hierdie onderafdelings. Studente moet die Departement Filosofie kontak om vas te stel watter twee onderafdelings in watter semester aangebied word, aangesien die keuse mag wissel van tyd tot tyd op grond van beskikbaarheid van onderrigpersoneel. Studente sal bekendgestel word aan die aard van filosofiese nadenke deur ’n aantal klassieke filosofiese temas in elke onderafdeling te ondersoek. Regdeur die module word daar aandag gegee aan die ontwikkeling van daardie kritiese denk-, lees- en skryfvaardighede wat in die Filosofie vereis word, terwyl studente bekendgestel word aan die krag van kritiek as onderskeidingsvermoë en oordeelkundigheid.Module-inhoud:
*Geen vorige kennis of ondervinding van Frans word vereis vir toelating nie. Studente wat graad 12-Frans geslaag het, word nie toegelaat tot hierdie module nie. ’n Intensiewe inleidende studie van die Franse taal wat fokus op die aanleer van basiese kommunikasievaardighede naamlik luister, lees, praat en skryf. Dit bied ook ’n kort inleiding tot die kultuur van Franssprekende lande. Hierdie module voldoen aan die vereistes vir vlak A2 van die “Common European Framework of Reference for Languages”.Module-inhoud:
Volledige oorsig van Franse grammatika; ontwikkeling van lees-, skryf-, spraak- en begrips-vermoëns; .analise en interpretasie van tekste.Module-inhoud:
Voortsetting van volledige oorsig van Franse grammatika: verdere ontwikkeling van lees-, skryf-, spraak- en begrip-vermoëns; analise en interpretasie van tekste.Module-inhoud:
Die ontstaan van die Moderne Wêreld: ’n oorsig ’n Keuse van temas oor Asië, Afrika, die Amerika’s en Europa en hulle bydrae tot die ontstaan van die Moderne Wêreld.Module-inhoud:
Afrika en Suid-Afrika: ‘n oorsig 'n Oorsig met die fokus op die vorming van Afrika- en Suid-Afrikaanse samelewings van die vroegste tye tot die hede, met die klem op die mees betekenisvolle kragte, faktore en gebeure.Module-inhoud:
Hierdie module begin met die begryping van menslike geografie. Daarna word volg die politieke verdeling van ruimte: kulturele diversiteit asook etniese geografie globaal en plaaslik; bevolkingsgeografie van die wêreld en Suid-Afrika; en vier ekonomiese vlakke en ontwikkeling. Die doel is om Suid-Afrika in die wêreld te plaas en die toekoms te verstaan.Module-inhoud:
Die studie van Suider-Afrikaanse landskappe en die plasing daarvan in ‘n teoretiese en globale konteks. Die geomorfologiese evolusie van suider-Afrika. Inleiding tot konsepte in Geomorfologie en die verwantskappe met ander fisiese wetenskappe (bv. meteorologie, klimatologie, geologie, hidrologie en biologie). Die prosesse en kontroles betrokke in landvorme en landvorm-evolusie. Praktiese oefeninge dek die basiese tegnieke in Geomorfologiese analise en aktuele kwessies in Geomorfologie.
Module-inhoud:
*Hierdie inligting is slegs in Engels beskikbaar.
The world of religion
What is religion? The functions of religion. Studying religion. Perspectives on religion. Common concepts and key terms in various religions will be dealt with - also generic dimensions and aspects. The interdependence of religion, culture and society.
Module-inhoud:
*Hierdie inligting is slegs in Engels beskikbaar.
Kaleidoscope of religions
The occurrence of religion in societies. Types of religion. Primal religions. Christianity, Judaism, Islam. A variety of religions will be addressed: capita selecta will be made from Christianity; Hinduism; Buddhism; New Religions; New Age; main developments in the world and South Africa.
Module-inhoud:
Deel 1: Die individu en die samelewing
'n Inleiding tot sosiologie en die klassike sosiologiese paradigma en die beginsels van die sosiologiese navorsingsmetodes.
Deel 2: Die totstandkoming van die Suid-Afrikaanse orde
Hierdie afdeling ondersoek sleutelfaktore wat tot die totstandkoming en vorming van die kontemporêre Suid-Afrikaanse sosiale orde aanleiding gegee het en skenk oorweging aan die sosiologiese implikasies hiervan. Studente word bekendgestel aan die politieke ekonomie van Suid-Afrika, met klem op die aard van die Suid-Afrikaanse industrialiseringsproses, proletariaatvorming, en die instelling van die trekarbeidstelsel. Hierbenewens word die rassestaat, die fondamente van hierdie staat se sosiale projek, sowel as die ruimtelike vorm van Suid-Afrika se 20ste-eeuse rassemoderniteit onder die loep geneem.
Module-inhoud:
Deel 1: Die sosiologie van instellings
Die sosiale dinamiek van samelewingsinstellings soos die gesin, die staat, die ekonomie, godsdiens, onderwys, en burgerlike samelewing met ’n spesifieke fokus op die Suider-Afrikaanse problematiek word in hierdie afdeling behandel.
Deel 2: Sosiale stratifisering: Ras, klas en gender
Die aard en dinamiek van sosiale stratifisering en ongelykheid sal ondersoek word. Ras, gender en klas is die fokuspunte van die afdeling. Die Suid-Afrikaanse ervaring word beklemtoon.
Module-inhoud:
*Geen vorige kennis van Spaans word vereis nie. Let Wel: Studente met ’n gevorderde kennis van Spaans (bv vlak B1, B2 of hoër) word nie toegelaat om vir hierdie module te registreer nie.
’n Inleidende studie van die Spaanse taal wat fokus op die aanleer van basiese kommunikasievaardighede naamlik luister, lees, praat en skryf. Dit bied ook ’n kort inleiding tot die kultuur van Spaanssprekende lande. Hierdie module voldoen aan die vereistes vir vlak A van die “Common European Framework of Reference for Languages”.
Module-inhoud:
LW: Studente met 'n gevordered kennis van Spaans (bv vlak B1, B2 of hoër) word nie toegelaat om vir hierdie module te registreer nie.
'n Intensiewe inleidende studie van die Spaanse taal wat fokus op die aanleer van basiese kommunikasievaardighede naamlik luister, lees, praat en skryf. Dit bied ook 'n kort inleiding tot die kultuur van Spaansprekende lande. Hierdie module voldoen aan die vereistes vir vlak A vand die "Common European Framework of Reference for Languages".
Module-inhoud:
’n Inleiding tot die klimaat en algemene seisoenale sirkulasiepatrone van Suider-Afrika. Basiese weertipes en weerprosesse binne die konteks van Suider-Afrika. Interpretasie van sinoptiese kaarte en sinoptiesestasieverslae. Impak van klimaatsverandering en klimaatsuiterstes op die samelewing.
*BSc (Geografie)-studente en BSc (Omgewingswetenskappe)-studente mag registreer vir WKD 155. Studente word nie toegelaat om krediete te verdien vir WKD 155 en WKD 164 nie.
Minimum krediete: 120
Module-inhoud:
Internasonale teorie en organisasie
Wat veroorsaak oorlog en vrede? Is internasionale orde en geregtigheid versoenbaar? Is die internasionale struktuur belangrik? Die antwoorde word bepaal deur die teoretiese lense waardeur wêreldpolitiek beskou word. ’n Oorsig word gebied van die mededingende teoretiese perspektiewe van internasionale verhoudinge. Dit sluit hoofstroom en alternatiewe perspektiewe in, asook die onderliggende denke, teorieë en variasies van elk. Hierdie teorieë bied verskillende benaderings tot globale vrede, waaronder vrede deur internasionale organisasie. ’n Breedvoerige ontleding word gemaak van geselekteerde internasionale organisasies met ’n universele of streeksomvang, soos die Verenigde Nasies, die Afrika-unie en die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap, en van internasionale reg wat hierdie organisasies en hul aktiwiteite begrond.
Module-inhoud:
Buitelandse beleid en diplomasie
’n Kort inleiding tot die studie van buitelandse beleid word gevolg deur ’n verduideliking van die gebruik van die vergelykende metode en ’n raamwerk vir die analise en evaluasie van buitelandse beleid. Dit bied ’n vergelykende studie van die buitelandse beleid van geselekteerde state van die belangrikste streke van die wêreld, waaronder die buitelandse beleid van Suid-Afrika. In elke gevallestudie word die beleidsomgewing, die formulering- en implementeringsprosesse, asook die inhoud van die spesifieke staat se buitelandse beleid gedek. Daarna vernou die fokus na diplomasie: die oudste, mees veelsydige en universeel gebruikte instrument van buitelandse beleid. Die aard, geskiedenis, tipes diplomasie en regsraamwerk van hierdie instelling word ondersoek. Voorbeelde uit die globale praktyk word gebruik, met spesifieke oorweging van die evolusie van diplomatieke praktyk in die Afrika en Suid-Afrikaanse konteks.
Module-inhoud:
Politieke dinamika (Mikro)
Die bestudering van die teorie en praktyk van gedragsverskynsels in politiek. Met verwysing na toepaslike voorbeelde val die klem op die studie van politieke kultuur, leierskap, kommunikasie, belangegroepe, partye en partystelsels; op verkiesings, kiesstelsels en kiesersgedrag; en op openbare mening en direkte populêre kontroletegnieke.
Module-inhoud:
Politieke dinamika (Makro)
’n Teoretiese begronding en raamwerk word gebied vir die beskrywing, ontleding en klassifikasie van politieke en beleidvraagstukke. Die klem is op die aard van die staat, regeerkunde en konflik in Afrika. Onder andere word ’n studie gemaak van die vraagstukke van kolonialisme en post-kolonialisme, demokratisering, outoritarisme en die ontwikkeling van die staat in Afrika, in die konteks van ’n globaliserende wêreld.
Module-inhoud:
Seks, gender en genesing
Hierdie module verken seks, seksualiteit, gender, ongesondheid en genesing. Dit behels 'n ontleding van die wyses waarop hierdie begrippe binne uiteenlopende sosiale kontekste verstaan word en hoe antropoloë dit in die hedendaagse samelewing bestudeer.
Module-inhoud:
Mag en welvaart
Hierdie module ondersoek antropologiese perspektiewe ten opsigte van politiek, mag en welvaart binne koloniale en post-koloniale verband. Kernbegrippe wat bespreek word, is onder meer burgerskap, kosmopolitanisme, hegemonie, menseregte, neoliberalisme, soewereiniteit, burgerlike samelewing, gender, ras en klas.
Module-inhoud:
Hierdie module fokus op die verdere ontwikkeling van kommunikasievaardighede met spesifieke beklemtoning van ontvangsaktiwiteite van die taal, naamlik luister en lees. Spesiale aandag word verleen aan kritiese aspekte van Duitse grammatika. Kort fiktiewe en nie-fiktiewe tekste word gebruik vir begrip asook om kulturele aspekte van Duitssprekende lande te demonstreer. Hierdie module voldoen aan die vereistes vir vlak B1.1 van die “Common European Framework of Reference for Languages”.Module-inhoud:
Hierdie module is ’n voortsetting van die ontwikkeling van kommunikasievaardighede van die taal. Spesiale aandag word verleen aan die begrip van nie-fiktiewe en literêre geskrewe tekste en mondeling asook oudiovisuele insette en die gebruik van Duits in mondelinge en skriftelike produksie. Hierdie module voldoen aan die vereistes vir vlak B1.2 van die “Common European Framework of Reference for Languages”.Module-inhoud:
Makro-ekonomie
Vanaf Wall en Bay Street tot Diagonal Street: 'n deeglike begrip van die meganisme en teorieë wat die funksionering van die ekonomie verduidelik, is onontbeerlik. Makro-ekonomiese insig in die reële mark, die geldmark, tweemarkewewig, monetarisme, groeiteorieë, konjuktuuranalise, inflasie, Keynesiaanse algemene ewewigsanalise, fiskale en monetêre beleidsaangeleenthede.
Module-inhoud:
Mikro-ekonomie
Mikro-ekonomiese insig in produsente- en verbruikersteorie, algemene mikro-ekonomiese ewewig, Pareto-optimaliteit en optimaliteit van die prysmeganisme, welvaartsekonomie, markvorme en die produksiestruktuur van Suid-Afrika.
Module-inhoud:
*Hierdie inligting is slegs in Engels beskikbaar.
*Alternative evening classes - 3 discussion classes per week
Modern English literature and English language studies
This module focuses on post-nineteenth century literature in English as well as on historical and theoretical aspects of the English language.
Module-inhoud:
*Hierdie inligting is slegs in Engels beskikbaar.
*Alternative evening classes - 3 discussion classes per week
Twentieth-century, postcolonial and contemporary literature
This module focuses on post-nineteenth century literature in English. Various genres are covered and particular attention is given to postcolonial writing.
Module-inhoud:
Geskiedenis van die moderne filosofie I en II
’n Oorsig van die geskiedenis van die moderne filosofie. Die volgende is voorbeelde van temas wat behandel kan word: Die Renaissance, die Wetenskaplike Rewolusie, die grondslae van die moderne wêreldbeskouing (in teenstelling tot die premoderne), die Europese Verligting, die Romantiek, die Duitse Idealisme (Kant, Hegel), Marx en die Marxisme, Kierkegaard en die eksistensialisme, die filosofie van Nietzsche. ’n Seleksie van kontemporêre kritiese antwoorde op moderne filosofie kan ondersoek word; dit sou byvoorbeeld die volgende kon insluit: Afrikafilosofie, analitiese (Anglo-Amerikaanse) filosofie, postmodernisme, neo-Marxisme, ens.
Module-inhoud:
Politieke filosofie en etiek
In hierdie module word daar ondersoek ingestel na die maniere waarop die menslike werklikheid in die praktiese filosofie bedink word. Sowel die analities-interpretatiewe perspektief as die normatiewe perspektief word gedek. Dit word gedoen aan die hand van ’n seleksie van sleuteltemas en -tekste uit die geskiedenis van die filosofie, maar spesiale aandag word gegee aan die kontemporêre relevansie daarvan. Die eerste van die twee fokuspunte van hierdie semestermodule is politieke filosofie. Onder die temas wat hanteer kan word tel geregtigheid, mag, ideologie, die sosiale kontrak, die reg, erkenning, ensovoorts. Die tweede fokuspunt van hierdie semestermodule is etiek. Onder die temas wat hanteer kan word tel die vorming van reëls, beginsels, ideale, disposisies en vermoë om te beoordeel wat sulke diverse fenomene soos vryheid, gelykheid, regte, hervedeling, onderdrukking, pluralisme, en ander reguleer. Die klassieke benaderings tot etiek - deugde-etiek, deontogolie en konsekwensialisme - sal die agtergrond vorm waarteen morele filosofie aangebied sal word. In hierdie module kan die student in die algemeen verwag om blootgestel te word aan die werk van Plato, Aristoteles, Augustinus, Aquinas, Machiavelli, Hobbes, Locke, Kant, Hegel, Marx, Sidgwick, Nietzsche, Weber, Mead, Arendt, Habermas, Rawls, Ricoeur, Walzer, Young, Sen, Honneth, en ander.
Module-inhoud:
Hierdie module fokus op die verdere ontwikkeling van kommunikasievaardighede met spesifieke beklemtoning van ontvangsaktiwiteite van die taal, naamlik luister en lees. Spesiale aandag word verleen aan kritiese aspekte van Franse grammatika. Kort fiktiewe en nie-fiktiewe tekste word gebruik vir begrip asook om kulturele aspekte van Franssprekende lande te demonstreer. Hierdie module voldoen aan die vereistes vir vlak B1.1 van die “Common European Framework of Reference for Languages”.Module-inhoud:
Hierdie module is ’n voortsetting van die ontwikkeling van kommunikasievaardighede van die taal. Spesiale aandag word verleen aan die begrip van nie-fiktiewe en literêre geskrewe tekste en mondeling asook oudiovisuele insette en die gebruik van Frans in mondelinge en skriftelike produksie. Hierdie module voldoen aan die vereistes vir vlak B1.2 van die “Common European Framework of Reference for Languages”.Module-inhoud:
Temas uit Afrikageskiedenis 'n Seleksie van temas uit die geskiedenis van Afrika en haar mense gedurende pre-koloniale, koloniale en postkoloniale tye, met die fokus op sosiale, politieke en ekonomiese kragte wat die historiese ervaring van Afrika help vorm het.Module-inhoud:
Die opkoms en val van segregasie en apartheid Fokus op die oorsprong en teoretiese fondasies van die beleide van segregasie en apartheid en die verskansing daarvan in SA wetgewing. Die weerstand teen die instelling van hierdie onderskeie beleide en die daaropvolgende beëindiging van apartheid. Die impak op sosiale, kulturele en ekonomiese terrein.Module-inhoud:
Fisiese prosesse wat die aardoppervlak en die bestuur daarvan beïnvloed. Spesifieke prosesse en hul interaksie in temas soos verwering, gronderosie, massabewegingsprosesse en fluviale prosesse. Praktiese laboratorium oefeninge sal gebaseer word op die temas wat tydens die teorie komponent behandel sal wordModule-inhoud:
‘n Verstedelikende wêreld. Stedelike struktuur en grondgebruike. Stedelike prosesse. Die stedelike omgewing. Sosiale struktuur en verandering in stede. Leefstyl in stede. Ekonomie, samelewing en politiek in stede. Derde-wêreld stede en Suid-Afrikaanse stede. Toekoms van stede.Module-inhoud:
* GIS 221 verskaf nie toelating tot enige module op 300 vlak nie.
Inleiding tot Geografiese Inligtingstelsels (GIS), teoretiese konsepte en toepassings van GIS. Die klem val op die GIS-proses van datavaslegging, data-analise, data-uitsette en gepaardgaande tegnologie. Hierdie module leer studente hoe om GIS as’n hulpmiddel te gebruik.
Module-inhoud:
Fokus op godsdiens Deel 1: Christendom Jesus as stigter van die Christendom; beelde van Jesus; huidige navorsing oor die 'historiese Jesus'; kernsake in die debat rondom die 'historiese Jesus'. Capita selecta van temas soos: Nuwe Testamentiese Christendom; Christelike geskiedenis in ondersoek; Christensending; Ná die Industriële Rewolusie en die Verligting; Die Christendom in 'n sekulêre era; Die opkoms van die Derde Wêreld Christendom. Deel 2: Tradisionele Afrika-godsdienstigheid Primale godsdiens en tradisionele Afrika-godsdienste; Tradisionele lewe en wêreldbeeld. Sleutelelemente soos: konsep van tyd; konsep van God; voorvaderkultus; kragdokters, genesers en kultiese leierskap; etiek: voorbeelde uit Afrika-godsdienste; San-godsdiens; Zoeloe-godsdiens; Shona-godsdiens.Module-inhoud:
Deel 1: Mite, simbole en ander verskynsels Godsdiens in diakroniese en fenomenologiese perspektief; Kosmologieë en teologieë; Mite en narratief; Ritueel; Spiritualiteit; Ampte; Simboliek en kommunikasie. Die module sal primêr fokus op mitiese motiewe en gedagtepatrone in die Ou en Nuwe Testamente. Deur middel van 'n capita selecta sal die gekose tekste geanaliseer word binne die tydsraamwerk en wêreldbeskerming van hul eie oorsprong. Deel 2: Antieke godsdienste Die inhoud, aard en invloed van godsdienste in die Antieke Nabye Ooste en Mediterreense wêrelde sal bestudeer word: bv. Egipte, Kanaän, Mesopotamië, Griekeland, ens. ('n Seleksie sal elke jaar gemaak word.)Module-inhoud:
Deel 1: Godsdiens en etiek Bronne van etiese besluitneming. Vergelykende oorsig van belangrike etiese beginsels. Godsdiens en etiek rakende: Politiek, Ekonomie, Geregtigheid, Menseregte, vryheid en verantwoordelikheid, Samelewing, Seksualiteit, ens. Deel 2: Lewensaspekte uit Afrika Die doel van hierdie module is om die student bekend te stel met lewensaspekte rakende die gemeenskapslewe van Afrika. Die rol van vroue in die gemeenskap. Die rol en funksie van musiek as godsdienstige ervaring. Perspektiewe op tyd vanuit 'n godsdienstige oogpunt. Aspekte aangaande boosheid. Perspektiewe op persoonlike en gemeenskapsverhoudings soos gesien vanuit godsdienstige tekste. Inlywingsrites, rituele en godsdiens. Stamvaders, voorouers en aanbidding.Module-inhoud:
Deel 1: Die sosiologie van werk: globalisasie
Die huidige proses van globalisering op ’n wêreldwye skaal het ’n impak op prosesse wat met verandering en ekonomiese ontwikkeling verband hou Hierdie module bespreek prosesse en debatte oor ekonomiese globalisaring en die globale dominansie van finansiële kapitaal in die laat 20ste en vroeë 21ste eeu. Studente kry die geleentheid om kontemporêre debatte wat met hierdie aangeleenthede verband hou te hersien.
Deel 2: Gender, die gesin en huishoudings
Hierdie afdeling fokus op kwessies en teorieë wat betrekking het op ons begrip van huishoudings, gesinne en gender. Dit spreek aangeleenthde soos die dinamiek van gesinstrukture, armoede, die oorlewingstrategieë van arm huishoudings, gendergebaseerde geweld en die maniere waarop die voorafgaande die gesinslewe en -vorme, sowel as kinders en jeugdiges in die besonder, beïnvloed. Klem word daarop geplaas om hierdie kwessies binne ’n Suider-Afrikaanse konteks te ondersoek.
Module-inhoud:
Deel 1: Demografie, gesondheid en die samelewing
Hierdie afdeling ondersoek die dinamiese interaksie tussen demografie en gesondheid aan die hand van Suid-Afrikaanse en internasionale gevallestudies. Die betekenisvolle toename in die wêreldbevolking gedurende die vorige eeu vermeervoudig die sleuteluitdagings wat kontemporêre samelewings in die gesig staar. Die wisselwerking tussen demografiese prosesse, soos morbiditeit, mortaliteit, fertiliteit en mobiliteit, het ’n impak op die grootte van ’n bevolking. Net so word hierdie faktore weer tot ’n redelike mate deur die struktuur sowel as die kulturele konteks van ’n samelewing gevorm. Sentraal tot hierdie proses is besorgdhede oor gesondheid en siekte.
Deel 2: Kultuursosiologie
Hierdie afdeling ondersoek temas in kultuursosiologie met ’n fokus op die wyses waarop individue sowel as kollektiewe groeperinge in die alledaagse lewe betekenis konstrueer. Die wisselwerking tussen kultuur en institusionele vorme sowel as sosiale strukture kom ook onder die loep. Studente sal aan die werk van sleuteldenkers in die veld bekendgestel word en kry die geleentheid om ’n onafhanklike essay oor ’n tema in kultuursosiologie te skryf.
Module-inhoud:
Hierdie module fokus op die verdere ontwikkeling van kommunikasievaardighede met spesifieke beklemtoning van ontvangsaktiwiteite van die taal, naamlik luister en lees. Spesiale aandag word verleen aan kritiese aspekte van Spaanse grammatika. Kort fiktiewe en nie-fiktiewe tekste word gebruik vir begrip asook om kulturele aspekte van Spaanssprekende lande te demonstreer. Hierdie module voldoen aan die vereistes vir vlak B1.1 van die “Common European Framework of Reference for Languages”.
Module-inhoud:
Hierdie module is ’n voortsetting van die ontwikkeling van kommunikasievaardighede van die taal. Spesiale aandag word verleen aan die begrip van geskrewe tekste, mondelinge asook oudiovisuele insette. Hierdie module voldoen aan die vereistes vir vlak B1.2 van die “Common European Framework of Reference for Languages”.Minimum krediete: 120
Module-inhoud:
Internasionale politieke ekonomie
Die aard en funksionering van die hedendaagse internasionale polities-ekonomiese orde word ontleed teen die agtergrond van die globaliseringsproses. Die klem val op die interaksie tussen politieke en ekonomiese tendense en vraagstukke soos die ekonomiese belang en politieke impak van regionale handelsblokke; die skuldlas van state; internasionale hulpverlening; die rol en invloed van multinasionale korporasies; en die oordrag van tegnologie na minder-ontwikkelde state; ontluikende ekonomiese moondhede in die Globale Suide; en globale ekonomiese regeerkunde.
Module-inhoud:
Veiligheid- en strategiese studies
’n Studie van tradisionele en kontemporêre benaderings tot veiligheid en strategie. Aandag word geskenk aan nuwe teorieë oor oorlog, veiligheid en strategie; militêre en nie-militêre bedreigings vir nasionale veiligheid en menseveiligheid; die nasionale veiligheid van ontwikkelende state; asook die verhouding tussen beleid, strategie en taktiek. Laasgenoemde sluit ’n inleidende oorsig in van die aard, vlakke, patrone, vorms en instrumente van strategie, en van oorlogsreg. Die nasionale, regionale en kontinentale veiligheidsituasie in Afrika en vorms van multilaterale veiligheidsamewerking in die besonder word ontleed, ook in verhouding tot buite-kontinentale tendense. Wat die voorafgaande betref, word klem geplaas op die regs- en institusionele raamwerk, nasionale veiligheidsbeleid en strategiese ingesteldheid van Suid-Afrika.
Module-inhoud:
Afrika: antropologiese perspektiewe 310
Kontemporêre etnografie in die Afrikakontinent, met besondere verwysing na politiek, oorlog, hervestiging en vlugtelinge, religie, identiteitsvorming en -politiek, etnisiteit en klas asook verbruik.
Module-inhoud:
Veldwerk, etnografie en teorie
Hierdie module bestudeer temas rakende veldwerkpraktyk, etnografiese skryfwerk en die ontwikkeling van teorie in antropologie. Die module bied die geleentheid om ervaring in etnografiese veldwerkmetodes op te doen en insig te ontwikkel vir die implikasies van metodologiese keuses en hul veband met navorsingsvrae en -kontekste.
Module-inhoud:
Inleiding tot die Duitse taalwetenskap. Hierdie module voldoen aan die vereistes vir vlak B2.1 van die “Common European Framework of Reference for Languages”.Module-inhoud:
*Hierdie inligting is slegs in Engels beskikbaar.
Analysis, interpretation and appropriation of relevant texts from different disciplines. This module complies with the requirements for level B2.1 set by the “Common European Framework of Reference for Languages”.
Module-inhoud:
Beginsels van die teksgrammatika van die Duitse taal. Hierdie module voldoen aan die vereistes vir vlak B2.2 van die “Common European Framework of Reference for Languages”.Module-inhoud:
Analise, interpretasie en eiemaking van letterkundige tekste in kultuurhistoriese per¬spektief. Hierdie module voldoen aan die vereistes vir vlak B2.2 van die “Common European Framework of Reference for Languages”.Module-inhoud:
Staatsfinansies
Rol van die owerheid in die ekonomie. Welvaartsteorie en die optimaliteitsteorieë. Maniere waarop markmislukkings reggestel word. Owerheidsbestedingsteorieë, modelle en programme. Owerheidsinkomste. Modelle oor belasting, effek van belasting op die ekonomie. Beoordeling van belasting vanuit 'n optimaliteits- en effektiwiteitsoogpunt. Suid-Afrikaanse perspektief op owerheidsfinansies.
Module-inhoud:
Internasionale handel/finansiering Internasionale ekonomiese insig in die volgende: internasionale ekonomiese verhoudings en geskiedenis, internasionale handelsteorie, internasionale kapitaalbewegings, internasionale handelspolitiek, ekonomiese en doeane-unies en ander vorme van streeksamewerking en integrasie, internasionale monetêre verhoudings, buitelandse valutamarkte, wisselkoersaangeleenthede en die betalingsbalans asook die makro-ekonomiese aspekte van oop ekonomieë.Module-inhoud:
Ekonomiese analises Die identifikasie, insameling en interpretering van ekonomiese data; die nasionale rekeninge (inkome- en produksierekeninge, die nasionale finansiële rekening, die betalingsbalans en inset-uitsettabelle); ekonomiese groei; inflasie; werkskepping; werkloosheid, lone, produktiwiteit en inkomeverdeling; besigheidsiklusse; finansiële aanwysers; sosiale aanwysers; internasionale vergelykings; regressie-analise van verwantskappe tussen ekonomiese tydreekse; langtermyn toekomsstudies en scenarios; algehele beoordeling van die Suid-Afrikaanse ekonomie vanaf 1994.Module-inhoud:
Ekonomiese beleid en ontwikkeling: capita selecta Die kursus bied 'n inleiding tot ekonomiese groei en ook sommige onderwerpe en ontwikkelinge ekonomie. Eerstens word historiese bewyse ontleed en dan ook die kanonieke Solow-groei model en sommige van die empiriese toepassings daarvan (menslikekapitaal en konvergensie). Tweedens word die nuwe groeiteorie (die AK- en Romer modelle van endogene ekonomiese groei) gedek. Sommige van die ontwikkeling onderwerpe wat behandel word is tegnologie-oordrag, sosiale infrastruktuur en natuurlike hulpbronne.Module-inhoud:
*Hierdie inligting is slegs in Engels beskikbaar.
Mediaeval and Renaissance literature
In this module students study the works of representative writers from Chaucer to Shakespeare and Milton. The general characteristics and techniques of these authors are discussed in relation to developments in aesthetic theory, generic conventions and socio-historical change.
Module-inhoud:
*Hierdie inligting is slegs in Engels beskikbaar.
Editing principles and practice
This module practises several basic language-editing skills on a variety of texts from different fields and of varying levels of complexity for specific target audiences. The principles of plain language editing are also introduced and strategies for overcoming textual complexity for given audiences are explored. Special attention is also given to the demands of editing South African English, client relations and the ethics of editing. Considerable practical work is required.
Module-inhoud:
*Hierdie inligting is slegs in Engels beskikbaar.
Augustan, Romantic and 19th-century literature
In this module students read a representative selection of 18th- and 19th-century texts in English. The general characteristics and techniques of these texts are discussed in relation to developments in aesthetic theory, generic conventions and socio-historical change.
Module-inhoud:
*Hierdie inligting is slegs in Engels beskikbaar.
Introduction to teaching English to speakers of other languages.
This module introduces both the theoretical and practical dimensions of TESOL (Teaching English to Speakers of Other Languages). Areas covered include (i) the nature of the foreign/second language learning process; (ii) the major approaches and methods of foreign/second language teaching and (iii) focused methodologies for teaching grammar, pronunciation, vocabulary, speaking and listening.
Module-inhoud:
Filosofiese antropologie en kognitiewe filosofie
In hierdie module is die doel om ondersoek in te stel na die wesensaard van die mens en sy/haar verhouding met die werklikheid en kennis. Sowel die analities-interpretatiewe perspektief as die normatiewe perspektief word gedek. Dit word gedoen aan die hand van 'n seleksie van sleutelemas en -tekste uit die geskiedenis van die filosofie, maar spesiale aandag word gegee aan die kontemporêre metafisika. Dit kan die volgende temas insluit: Is die mens meer as die somtotaal van sy eienskappe?; die relasie tussen bewussyn, selfbewussyn en die onderbewuste; die vraag na die sin van die lewe; die aard van persoonlike identiteit; die problematiek van vrye wil. Die tweede fokuspunt van die semestermodule is die kognitiewe dissiplines van filosofie soos wetenskapfilosofie, filosofie van denke, en epistemologie. In wetenskapfilosofie kan temas wat aangespreek word die volgende insluit: die verskillende soort redenering in die wetenskap, die aard en rol van verduideliking in die wetenskap; wetenskaplikerealismedebat; die aard van wetenskaplike voortuitgang. regverdeling van wetenskaplike teorieë, die rol van waarheid in die wetenskap, en andere. In filosofie van denke kan temas waaraan aandag gegee word die volgende insluit: die verhoduding tussen gees, psige/siel, en liggaam - die liggaam-gees probleem, die aard van bewussyn en qualia, dualisme, materialisme, funksionalisme, fisikalisme, intensionaliteit, en andere. In epistemologie kan temas wat aangespreek word die volgende insluit: rasionalisme, empirisme, transendentale idealisme en Kant fundamentalisme, koherentisme, epistemiese internalisme en eksternalisme, radikale skeptisisme, en andere.
Module-inhoud:
Filosofiese hermeneutiek en sosiale filosofie
Die eerste van die twee fokuspunte van hierdie semestermodule is ’n bespreking en analise van filosofiese perspektiewe op die hermeneutiese probleem (die probleem van verstaan en interpretasie), met spesifieke aandag aan kontemporêre denkers soos Nietzsche, Heidegger, Gadamer en Derrida. Die tweede fokuspunt van die semestermodule is sosiale filosofie waar filosofiese vrae oor sosiale vorme, strukture, instellings, praktyke, gewoontes en etos geopper word. ’n Reeks temas kan ondersoek word, soos byvoorbeeld struktuur en agentskap, sosiale denkbeelde (“social imaginaries”), nuwe sosiale formasies, institusionele kulture, geslag en seksualiteit, subjek en konstitusie, en andere. Verder word die gesitueerdheid van hierdie temas in ’n spektrum van benaderings ontleed en ondersoek. Sulke benaderings sluit in kritiese teorie, ideologie-teorie, kontrakleer, sosiale aksie- of handelingsteorie, metaforologie, kritiese ras-teorie, genealogie, en andere.
Module-inhoud:
Beginsels van die grammatika van die Franse taal. Hierdie module voldoen aan die vereistes vir vlak B2.1 van die “Common European Framework of Reference for Languages”.Module-inhoud:
Analise, interpretasie en eiemaking van relevante audiovisuele materiaal, fiktiewe en nie-fiktiewe tekste. Hierdie module voldoen aan die vereistes vir vlak B2.1 van die “Common European Framework of Reference for Languages”.Module-inhoud:
Beginsels van die grammatika van die Franse taal. Inleiding tot professionele vertaling en tolking vir die aanleer van Frans as ’n vreemde taal.Module-inhoud:
Analise en interpretasie van letterkundige tekste in kultuurhistoriese perspektief.Module-inhoud:
Historiese tendense in die moderne wêreld 'n Seleksie van politieke, ekonomiese en sosiale temas.Module-inhoud:
Globalisering, diversiteit en verandering Teorieë en interpretasies van die proses van verandering. Globalisering en die betekenis daarvan vir o.m. die globale ekonomie, die nasiestaat, nasionalisme, etnisiteit en kultuur.Module-inhoud:
Konseptuele integrasie van die omgewings-, ekonomiese en sosiale komponente van volhoubare ontwikkeling. Ander temas sluit in die veranderende persepsies oor ontwikkeling en omgewing, ontwikkelingsparadigmas, die uitdagings verbonde aan volhoubare ontwikkeling asook die rolspelers en aksies in volhoubare ontwikkeling. Landelike en stedelike bestaanswyses, en ‘n Derde-wêreldevaluering van volhoubare ontwikkeling in die ontwikkelde wêreld.Module-inhoud:
*LW: Die module is net vir BSc (Geografie)- en BSc (Omgewingswetenskappe)- studente beskikbaar. Die inhoud van hierdie module is dieselfde as GGY 363 en studente mag nie vir beide GGY 361 en GGY 363 krediete verwerf nie.
Interaksies van geomorfologiese prosesse in fisiese en mensgemaakte omgewings; temas soos geomorfologie en omgewingsverandering, heuwelhangprosesse en die omgewing, geomorfiese risiko's en gevare, gronderosie en bewaring, geomorfologie in omgewingsbestuur, toegepaste verwerwingsprosesse. Praktika behels veldwerk insluitend monster opname en kartering en daaropvolgende laboratoriumanalise.
Module-inhoud:
*LW: Die inhoud van hierdie module is dieselfde as GGY 361 en studente mag nie vir beide GGY 361 en GGY 363 krediete verwerf nie.
Interaksies van geomorfologiese prosesse in fisiese en mensgemaakte omgeings; temas soos gemorfiese en omgewingsveranderinge, heuwelhangprosesse en die omgewing, geomorfiese risiko’s en gevare, gronderosie en bewaring, geomorfologie in omgewingsbestuur, toegepaste verwerwingsprosesse.
Module-inhoud:
Klassieke ontwikkelingstrategieë. Die geskiedenis en erfenis van ruimtelike ontwikkeling in Suid-Afrika. Oorsig van huidige omgewingswetgewing in Suid-Afrika. Landelike ontwikkelingstrategie. Landelike en landboukundige rekonstruksie. Grondhervorming. Stedelike ontwikkeling en strategie. Stedelike ruimtelike strategie. Nasionale ruimtelike ontwikkelingstrategieë.Module-inhoud:
Deel 1: Nadenke oor godsdiens Teorieë oor godsdiens; Godsdiens en ideologie; Sekularisme; Uniekheid; Leerstellige sake, ens. Deel 2: Aktuele sake Die verhouding tussen godsdiens en verskeie tematiese sake in die samelewing sal aangespreek word, soos: Godsdiens en samelewing; godsdiens en gender; godsdiens en ekonomie; godsdiens, politiek en die staat; godsdiens en die omgewing, ens.Module-inhoud:
Deel 1: Godsdienste as bure Pluraliteit; Godsdienstige interaksie; Praktiese sake, bv. temas wat aangespreek sal word is: konflik, propaganda, indoktrinasie, dialoog, sinkretisme, respek en verdraagsaamheid. Modelle om pluraliteit te hanteer sal bestudeer word, bv. fundamentalisme, relatiwisme, pluralisme, inklusiwisme, eksklusiwisme, sekularisme en medeverantwoordelikheid en samewerking. Deel 2: Godsdiens en die kunste Ikonografie; oorsig van die uiteensetting van bybelse temas in die uitvoerende kunste en musiek; godsdienstige aspekte van bekende artefakte en musikale komposisies; funksie van kuns en musiek in aanbidding.Module-inhoud:
Deel 1: Sosiale teorie
Hierdie afdeling fokus op kontemporêre sosiale teorie met die oog daarop om student se begrip van sosiale teorie verby die klassieke kanon te strek. Studente word vetroud gemaak met ‘n kern konseptuele woordeskat, gekose teoretiese paradigmas en onlangse werke in die veld. Hierbenewens word daar klem geplaas op die wyse waarop navorsers wat oor Suid-Afrika werk van sosiale teorie gebruik maak om hulle werk te verryk en om daaraan vorm te gee.
Deel 2: Arbeidstudies
Hierdie afdeling spreek sosiologiese benaderings tot die werkplek aan. Dit sluit in ’n kritiese beskouing van arbeidsmarkbeleid en aangeleenthede soos bestuurspraktyk, werk-verskaffing en werkloosheid, asook diskriminasie en buigsaamheid in die arbeidsmark in Suid-Afrika.
Module-inhoud:
Deel 1: Landelike en stedelike sosiologie
Teen die agtergrond van die ontstaan en ontwikkeling van sowel die vele gestaltes van kapitalisme as globalisering in die globale Noorde en Suide gedurende die 20ste en 21ste eeu, skenk hierdie afdeling oorweging aan die verhouding tussen landelike en stedelike omgewings. Vrae oor die aard van sosiale interaksie in gemeenskappe, nuwe vorme van sosiale betrekkinge, ongelykheid en bestaansmiddele, kollektiewe aksie, plaaslike kulture en moderniteite word bespreek.
Deel 2: Die sosiologie van godsdiens
Hierdie afdeling ondersoek godsdiens en sekularisasie binne sosiale konteks. Spesifieke klem word geplaas op godsdiens en die sekularisme as kragte van sosiale verandering.
Module-inhoud:
Grondige hersiening van Spaanse grammatika word aangebied om taalvaardigheid te bevorder wat spesifiek fokus op taalproduksie, naamlik spraak en skryf. Dit bied ook inleiding tot die Spaanse geskiedenis. Hierdie module voldoen aan die vereistes vir vlak B2.1 van die “Common European Framework of Reference for Languages”.Module-inhoud:
Hierdie module gee ’n verdere oorsig van Spaanse grammatika om sodoende taalvaardigheid te bevorder en lê klem op die interaktiewe komponent van die taal naamlik geskrewe en gesproke interaksie. Dit bied ook inleiding tot die Spaanse literatuur. Hierdie module voldoen aan die vereistes vir 'n vlak B2.2 van die “Common European Framework of Reference for Languages”.Module-inhoud:
Politieke teorie
’n Teoretiese en normatiewe studie van politieke idees. Dit sluit die studie van prominente politieke denkers soos Plato, Thomas Hobbes en John Rawls in, sowel as die kontemporêre manifestasies van ideologieë soos liberalisme, sosialisme, konserwatisme en nasionalisme. Hierdie normatiewe beoordeling van politiek sluit af met ’n kritiese evaluasie van die ontwikkeling, aard en praktiese waarde van prominente demokratiese teorieë, onder andere deelnemende, wetlike en beraadslagende demokrasie.
Module-inhoud:
Deel 1: Demokratiese studies
‘n Hoë-vlak kritiese analise van demokratiese teorie en praktyk. Die analise van demokratiese teorie sal temas soos die klassieke, radikale, deliberatiewe en feministiese perspektiewe insluit. Die analise van demokratiese praktyk sal aspekte insluit soos demokratisering, demokratiese konsolidasie, demokratiese burgerskap en samelewing, die rol en belang van die burgerlike gemeenskap, die instellings en prosedures vir demokrasie en “goeie regering”.
Deel 2: Politieke analise
Die metodiek en praktyk van politieke analise is die fokus van die studie. Die beginsels en problematiek onderliggend aan verskillende benaderings en metodes van politieke analise word beskryf en verduidelik. Dit sluit die aard, metodes en gebruik van vergelykende analise, vooruitskouing, risiko-analise, prestasie-evaluering en die politieke oudit in. Hierdie analitiese metodes word in die politieke en beleidskonteks geplaas, met beklemtoning van die praktiese waarde daarvan. Daar word deurgaans van toepaslike voorbeelde en gevallestudies gebruik gemaak.
Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.
Get Social With Us
Download the UP Mobile App