Code | Faculty |
---|---|
10252000 | Fakulteit Gesondheidswetenskappe |
Credits | Duration |
---|---|
Minimum duur van studie: 5 jaar | Totale krediete: 1088 |
(i) Elke kandidaat moet vir toelating tot die MChD-graadprogram
(aa) in besit wees van die BChD-graad van die Universiteit van Pretoria, of ’n gelykwaardige kwalifikasie, of ingevolge die bepalings van Alg. Reg. G.1.3 en G.62 tot magisterstudie toegelaat word;
(bb) by die Raad vir Gesondheidsberoepe van Suid-Afrika as ’n tandarts geregistreer wees in die kategorie Onafhanklike Praktykvoering.
(ii) Vir die MChD-graad (endossement Maksillofasiale Chirurgie – Geneeskundig of Tandheelkundig) (Kode 11250091 en 11250011) moet ’n kandidaat:
(aa) behoudens die bepalings van Algemene Regulasie G.1.3 en G.62, vir minstens een jaar in besit wees van die BChD- en/of MBChB-graad of die gevorderde trauma-lewensondersteuningskursus geslaag het – wat as ’n gelykwaardige kwalifikasie geag word (hoogstens drie pogings), asook die basiese vakke Anatomie 870, Fisiologie 806 en Farmakologie 809 en die NGDiplTandh (Mondchirurgie), met ’n slaagpunt van minstens 65% in die hoofvak. Studente in besit van die Nagraadse Diploma in Tandheelkunde [NGDiplTandh] in die studieveld Mondchirurgie en/of die Magister Scientiae Tandheelkunde [MScDent] met Mondchirurgie as die hoofstudierigting, mag skriftelik aansoek doen om krediet vir die basiese vak(ke) (raadpleeg ook Algemene Regulasie G.10.3(b)).
(bb) by die Raad vir Gesondheidsberoepe van Suid-Afrika as tandarts en/of geneesheer geregistreer wees in die kategorie Onafhanklike Praktykvoering.
(iii) Vir die MChD grade in Ortodonsie, Periodonsie en Mondgeneeskunde en Prostodonsie word dit van ’n kandidaat verwag om al die basiese vakke [Universiteit van Pretoria of die Kolleges vir Geneeskunde] te slaag voor hy of sy toegelaat sal word tot die eerste studiejaar. Die volgende basiese vakke word vereis; vir Ortodonsie (Anatomie 871 en Fisiologie 806); vir Periodonsie en Mondgeneeskunde (Anatomie 873,Fisiologie 806, Algemene Patologie 808 en Mondbiologie 800) en vir Prostodonsie (Anatomie 874, Fisiologie 806 en Mondbiologie 800).
Ten einde vir die graad te kwalifiseer moet 'n kandidaat, vir 'n tydperk van vier tot agt jaar, na gelang van die spesifieke vereistes vir 'n bepaalde studierigting, 'n voltydse opleidingsbetrekking/kliniese assistentskap met welslae beklee het aan 'n opleidingsinrigting wat deur die Universiteit goedgekeur is. In die geval van Kaak-, Gesig- en Mondchirurgie moet 'n kandidaat 'n voltydse kliniese assistentskap vir 'n minimum van vier jaar beklee (in die geval van 'n kandidaat met beide ’n BChD-graad en ’n MBChB-graad), vir minstens sewe jaar (in die geval van ’n kandidaat met 'n BChD-graad), vir minstens ses jaar (in die geval van ’n kandidaat met 'n MBChB-graad), of minstens vyf jaar (vir MChD (ChirMaxFac-Dent)).
'n Student moet al die basiese vakke (Anatomie [met Embriologie], Fisiologie en Farmakologie [Universiteit van Pretoria of die Kollege vir Maksillofasiale en Mondchirurgie van die Kolleges van Geneeskunde van Suid-Afrika] slaag alvorens hy of sy tot die eerste studiejaar toegelaat mag word. 'n Slaagpunt van minstens 50% word in alle eksamens van die Universiteit van Pretoria en die Kollege vir Maksillofasiale en Mondchirurgie vereis, en 'n minimum slaagsyfer van 65% van enige ander tersiêre instelling (raadpleeg ook die Algemene Regulasies).
(Die slaagpunt is minstens 50%.)
Hierdie byvakke mag by die Universiteit van Pretoria of die Kollege vir Maksillio-fasiale en Mondchirurgie van die Kolleges van Geneeskunde van Suid-Afrika geslaag word.
Vrystelling op grond van vergelykbare opleiding en/of ervaring wat betref die vereistes van gemelde Regulasies vir die Skool, mag deur die Dekaan op aanbeveling van die Departementshoof verleen word, met dien verstande dat vrystelling van die eksamen en evaluering in die hoofvak nie verleen mag word nie.
Let wel: Die regulasies van die Raad vir Gesondheidsberoepe van Suid-Afrika, soos gepubliseer in die Staatskoerant Nr. 4631 van 11 Januarie 1991 – Kennisgewing Nr. R.40 (soos gewysig), sal as maatstaf in die bepaling van die tydperk van vrystelling gebruik word.
'n Student wat ’n finale punt van minstens 75% met die eerste poging in die hoofvak behaal, verwerf die graad met lof.
Maksillofasiale en Mondchirurgie
Hoofvak:
Maksillofasiale en mondchirurgie: Ervaring word opgedoen deur praktiese en kliniese opleiding en aangevul deur seminare, bespekings, referate en navorsing. Diagnose, beplanning, chirurgiese en bykomstige behandeling van siektes, beserings en defekte van die menslike mond, kake, gesig en verwante strukture.
Byvak (intermediêre vak):
Beginsels van chirurgie: Onderrig hoofsaaklik deur die departemente Chirurgie (en sy afdelings), Neurochirurgie, Oor-, Neus- en Keelheelkunde, Oogheelkunde en Huisartskunde. Hierdie opleiding vind plaas oor nege maande.
Onderrig in die byvak:
Beginsels van chirurgie:
Endossement Chir.Max.Fac.-Med BVC 806
Algemene Chirurgie (insluitend Pediatriese Chirurgie): 2 maande
Intensiewesorg: 2 maande
Neurochirurgie: 2 maande
Oogheelkunde: 1 maand
Oor-, Neus- en Keelheelkunde: 1 maand
Plastiese Chirurgie: 1 maand
Toegepaste Mondpatologie: 3 maande
Endossement Chir.Max.Fac.-Dent BVC 807
Noodeenheid (Huisartskunde): 1 maand
Algemene Chirurgie (insluitend Pediatriese Chirurgie): 1 maand
Intensiewesorg: 2 maande
Neurochirurgie: 2 maande
Oogheelkunde: 1 maand
Oor-, Neus- en Keelheelkunde: 1 maand
Plastiese Chirurgie: 1 maand
Toegepaste Mondpatologie: 3 maande
Algemene inligting rakende die endossemente Chir.Max.Fac.-Med en Chir.Max.Fac.-Dent:
Module-inhoud:
*Slegs bywoningsmoduleCopyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.
Get Social With Us
Download the UP Mobile App