Code | Faculty | Department |
---|---|---|
01240165 | Faculty of Humanities | Department: Afrikaans |
Credits | Duration | NQF level |
---|---|---|
Minimum duration of study: 1 year | Total credits: 120 | NQF level: 08 |
Hoogstens 1 module uit die LCC-modulegroep kan in die program ingesluit word.
Minimum credits: 120
LCC 732 is verpligtend.
Module content:
Afrikaanse skeppende skryfwerk
Die vermoë om bellettristiese tekste (prosa en/of poësie) te kan skryf word ontwikkel deur die bestudering en toepassing van verskillende skryftegnieke en -strategieë in werkswinkelverband; vertaling van tekste; kritiese analise van gevestigde skrywers se werk mbt teks- en genrekenmerke en skryftegnieke; die skryf, herskryf en afronding van eie tekste; kritiese en kreatiewe beoordeling van eie en medestudente se tekste; bestudering van teorieë en opvattings oor kreatiwiteit en die skryfproses; kennis van die keurings- en publikasieproses en manuskripvoorbereiding.
Module content:
Afrikaanse historiese taalkunde
Teoretiese oorsig van taalverandering in die algemeen en meer spesifiek toegepas op die ontwikkeling van Afrikaans. Spesiale aandag word ook gewy aan standaardisering en die konstruksie van identiteit.
Module content:
Afrikaanse sintaksis en morfologie
In hierdie module kom gevorderde konsepte rakende sintaksis en morfologie in den brede, en Afrikaanse sintaksis en morfologie spesifiek, aan bod. Die leksikon-sintaksis-kontinuum word as vertrekpunt gebruik, en dit word gekontekstualiseer deur spesifiek te verwys na konstruksionele beskrywingsraamwerke binne die kognitiewe linguistiek. Daarna word spesifieke Afrikaanse morfologiese en sintaktiese konstruksies bespreek.
Module content:
Kognitiewe linguistiek: Afrikaanse temas en tendense
In hierdie module word voorpuntnavorsing binne die kognitiewe linguistiek bespreek. Omdat daar in hierdie module aandag gegee word aan die nuutste onderwerpe en tendense binne die kognitiewe linguistiek, sal die temas wat bespreek word van jaar tot jaar verander. Studente sal in hierdie module kennis maak met hedendaagse analisemetodes en navorsingstegnieke, wat gebruik sal word om nuwe insig te verkry in Afrikaansetaalkundekonstruksies.
Module content:
Taal en politiek
In hierdie module word die gebruik van taal in politieke omgewings ondersoek. Taal speel 'n integrale rol in die manier waarop politici hul boodskappe aan 'n teikengehoor kommunikeer. Die rol van taal word ondersoek deur 'n verskeidenheid politieke tekste en kontekste te oorweeg. Verskeie werktuie word deurlopend gebruik om politieke tekste sistematies mee te analiseer.
Module content:
'n Studie van die Afrikaanse drama met toespitsing op die Afrikaanse toneel, radio, televisie en film. In oorleg met die studente word leerplan bestaande uit aantal oeuvre- en tematologiese studies saamgestel.
Module content:
Voëlvlug oor die Afrikaanse poësie van voor 1900 tot vandag; sisteme, periodisering, kanon(s) en kanoniseringsmeganismes, (hedendaagse) benaderingswyses en leesstrategieë, tradisies, gesprekke, oeuvres; intensiewe bestudering van enkele oeuvres/digbundels en temas.
Module content:
Die vak behels seleksies uit die Afrikaanse prosatradisie. In oorleg met die studente word leerplan bestaande uit aantal oeuvre- en tematologiese studies saamgestel.
Module content:
Kulturele agtergrond van die Lae Lande; oorsig oor die Nederlandse en Vlaamse prosa en poësie.
Module content:
The nature of human language, language knowledge, grammatical and pragmatic competence; language use, language acquisition and language change; components of grammar; analytical and descriptive concepts and techniques.
Module content:
The place, nature and function of theory of literature, research (hermeneutical, empirical), application; analysis, interpretation, evaluation and canonisation; literary systems (fields); capita selecta from 20th-century perspectives on literature and the study of literature; key issues in literary theory; primary and secondary sources.
Module content:
Part 1 – Theoretical basis: The concepts “science” and “research”; the relationship “theory”, “research”, “application”, forms of research (inter alia descriptive, empirical, applied); the research process (from research proposal to research report: identification and formulation of the problem, development of hypotheses, data collection and interpretation, etc); the use of the computer in research.
Part 2 – Application: A limited research project in which the principles of research methodology are applied. A candidate must submit the topic and format to the head of department or his/her representative for approval.
Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.
Get Social With Us
Download the UP Mobile App