Code | Faculty |
---|---|
10244021 | Fakulteit Gesondheidswetenskappe |
Credits | Duration |
---|---|
Duur van studie: 1 jaar |
Die volgende vereistes word gestel:
- 'n Kandidaat moet in besit wees van 'n baccalaureusgraad wat volgens die oordeel van die departementshoof aanvaarbaar vir die voorgenome studie is of 'n gelykwaardige kwalifikasie wat volgens die Senaat aanvaarbaar vir die voorgenome studie is met ten minste een toepaslike biologiese vak as hoofvak.
- Toelating tot honneursstudie is onderhewig aan die goedkeuring van die departementshoof: Met dien verstande dat 'n student wat 'n gemiddelde van minder as 60% in sy of haar hoofvakmodules in die finale studiejaar van die baccalaureusgraad behaal het slegs met goedkeuring van die Dekaan op aanbeveling van die departementshoof tot studie toegelaat kan word. Bykomende vereistes kan deur die departementshoof gestel word.
Die graad word met lof toegeken aan 'n student wat 'n gemiddelde van minstens 75% in die summatiewe assessering, asook 'n gemiddelde van 75% vir die oorblywende komponente van die kurrikulum (dws uitsluitende die summatiewe assesseringspunt) behaal het.
Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.
Get Social With Us
Download the UP Mobile App