Afrikaans

Welkom by die Departement Afrikaans  

In die Departement Afrikaans by UP word gefokus op die studie van hoe taal betekenis moontlik maak, hoedat 'n mens jouself en die wêreld om jou verstaan en sin gee aan jou eie bestaan. Deur die studie van taal en literatuur word die manier waarop sin aan die wêreld gegee word, ondersoek. Hierdie studie is, soos die ervaring van kuns altyd is, aan die een kant hoogs bevredigend en pret, terwyl dit aan die ander kant gereedskap gee waarmee ‘n mens krities kan kyk na die manier waarop betekenis geskep word.  

Terwyl die studie van Afrikaanse taal- en letterkunde dus bydra tot die breë vormende basis van die geesteswetenskappe wat vir enige loopbaan belangrik is, maak dit ook 'n baie spesifieke blik op die wêreld moontlik vanuit ‘n taal wat aan die suidpunt van Afrika ontstaan het.
 

 

Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.

COVID-19 Corona Virus South African Resource Portal

To contact the University during the COVID-19 lockdown, please send an email to [email protected]

FAQ's Email Us Virtual Campus Share Cookie Preferences